Toonaangewende lede verlaat ‘militante’ EFF vir ANC

Lulama Ngcukayitobi, die ANC se provinsiale sekretaris in die Oos-Kaap. (Foto: ANA)

Die ANC in die Oos-Kaap het Maandag drie toonaangewende lede van die EFF verwelkom wat kort voor Woensdag se algemene verkiesing die sprong na hul party gemaak het.

Phumzile Ketwa, EFF- provinsiale organiseerder, Mzwamadoda Sitshalwa, OR Tambo-streeksekretaris asook ʼn raadslid en sweep by King Sabata Dalindyebo-munisipaliteit en streekvoorsitter by OR Tambo, en Unathi Ketwa, EFF-raadslid en sweep by OR Tambo-distriksmunisipaliteit, het Maandag die ANC-kleure oor hul kop getrek gedurende ʼn hempoorhandiging-seremonie.

Ketwa het aan die media gesê hy verlaat die EFF omdat dié party ʼn interne proses misbruik het wat veronderstel was om demokraties te wees, maar juis nie strukture toegelaat het om die party se besluite te bevraagteken nie.

“Toe ek in 2013 by die EFF aangesluit het, het ek gedink ek het by ʼn politieke organisasie aangesluit, maar dit was eerder ʼn militêre organisasie wat deur ʼn ystervuis beheer word,” het Ketwa gesê.

Sitshalwa het op sy beurt besluit om die EFF te verlaat omdat hy dieselfde doelwitte deur die ANC kon bereik – soos grondherverdeling en ekonomiese vryheid, het hy gesê.

Volgens Lulama Ngcukayitobi, die ANC se provinsiale sekretaris in die Oos-Kaap, glo die ANC se nuwe lede dat dié party die enigste is wat ʼn hoofrol in die transformasie van die Suid-Afrikaanse samelewing kan speel. Die nuwe lede glo ook dat die EFF nie ander insigte verwelkom wat verskil van dié van sy leierskap – veral sy partyleier, Julius Malema – nie, het Ngcukayitobi gesê.

“Ons het geen twyfel dat hierdie lede ʼn waardevolle bydrae sal lewer met die enorme kennis en vaardighede [waaroor hulle beskik] om die ANC te help nie en ons verwelkom hulle om by die enigste bevrydingsbeweging aan te sluit,” het Ngcukayitobi gesê.

Yazini Tetyana, EFF-voorsitter in die Oos-Kaap, het gesê hy is bewus daarvan dat die lede oorgeskuif het na die ANC. “Hulle beoefen hul demokratiese reg om hulle met enige politieke party met wie hulle wil te verbind.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

klip in die bos ·

Valse gerustheid en goedgelowigheid is ons grootste vyande. Hy het net van werksplek verander.

Annelize ·

Jy praat die absolute waarheid IK.

ANC het die wiele aan die rol gesit, die EFF sal die taak klaarmaak en die land in totale anargie laat verval. Zimbabwe sal soos ‘n kinderpartytjie lyk teen SA as die EFF klaar is.

jannie ·

3 dae voor n groot verkiesing…….oorlopers….wys jou die waardes van die EFF clan..

GM ·

Vryheidsbeweging? Ha. Ons almal voel natuurlik vry as ons elke aand na ons ‘tronke’ terugkeer en ons nie eers meer helderoordag veilig is op straat nie. Ons voel vry as die petrolprys en kospryse buitensporig hoog raak en mens al hoe meer mense by robotte sien bedel. Om nie eers te praat van hoe vry ons voel as paaie met brandende buitebande versper word nie…

Realis ·

Die lotte het hulle hand te gou gewys. Hulle was veronderstel om eers na die verkiesing met die koalisies wat dan aangegaan word hulle skuif te maak.

koos ·

Wys jou hoe mense spring vir (beloofde?)poste en nie regtig waarin hulle glo nie!

Zumie ·

Eish…more moola for corruption in ANC than EFF…go go go

Gert van Wierdapark ·

“So What!?” Wie gee om oor die oorlopers/meelopers van die aa en see, die EFF en die Bfl.

KrokodilBotha ·

Da en EFF ook saam gekonkel in seker munsipale gebiede om saam te regeer. Selde ding.

Al ·

Ek sal glo dat die EFF met ñ millitante ystervuis regeer – diktatorskap op sy beste.

Willie ·

Volgens my is die EFF die ANC se youth league.. Die EFF is ANC in rooi kleure, en doen hulle vuil werk, dis hoekom hulle nooit iets oorkom nie..Yster en plaat

Dries du Toit ·

Dit sê so baie. Hierdie EFF manne het agter gekom die ANC veg maar vir dieselfde rasssistiese doelwitte as die EFF. Hulle sal dit net gouer bereik

aj ·

Die Soewereine Republiek van Suid Afrika het net EEN amptelike verdedigingsmag en die SAW het net een ‘bevelvoerder’ en ‘n vaste bevelstruktuur.

Waar pas die EFF in, binne dié RSA ?

As enige persoon of ‘n organisasie hulself voorstel as “vegters” … onder die leiding van ‘n ‘commander in chief’ dan is hulle besig met ‘ staatsoorname?

Daar kan tog nie twee weermagte met twee bevelvoerders bestaan binne een soewereine staat nie.

Die staatspresident is die opperbevelvoerder van die SAW.

Waar, dink Julius Malema en sy vegters, pas hulle in.

Aan watter land is hulle lojaal? Rusland..? China …? ….of Zimbabwe? … want RSA het reeds ‘n weermag met ‘n bevelvoerder.

Hier is nie plek vir ‘rooigeklede militia’ nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.