Toonaangewende sakeman sterf

Die sakeman Richard Maponya. (Foto: Facebook)

Die toonaangewende Suid-Afrikaanse sakeman Richard Maponya is vroeg Maandagoggend in die ouderdom van 99 oorlede. Volgens sy familie was hy vir ʼn kort ruk siek voor hy dood is.

Die familiewoordvoerder Mandla Sibeko sê Maponya se dood was ʼn skok vir die familie, aangesien hy op sy rype ouderdom nog elke dag gewerk het.

Maponya was oorspronlik ʼn onderwyser en het sy sakeryk in die vroeë 1950’s begin toe hy en sy vrou, Marina, die Dube Hygienic Dairy op die been gebring het. Dié maatskappy het verskeie jong seuns in diens geneem, wat op hul fietse melk aan kliënte in Soweto aangery het.

In 2007 het hy die Maponya Mall in Soweto oopgemaak. Dit bevat meer as 200 winkels en ʼn fliekteater. Maponya se maatskappy, die Maponya Group, se waarde word beraam op meer as R400 miljoen. Hy was veral besorg oor die hoë werkloosheidsyfer in Suid-Afrika.

Sibeko sê die reëlings vir Maponya se begrafnis sal nog aangekondig word en het versoek dat die familie se privaatheid geresepkteer word.

Pres. Cyril Ramaphosa het ook Maandag sy medelye aan Maponya se familie betoon. “Ons het ʼn baanbreker en man van uitnemende dapperheid verloor,” het hy in ʼn verklaring gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Joe Olivier ·

Net n bewys dat die wat in die ou bedeling wou uitstyg dit wel kon doen. Die wat sukkelaars was ( en moontlik steeds is ) is grootendeels as gevolg van hul eie toedoen .

Sarie ·

Wys jou net wat kan gedoen word en dit het hy vermag ten spyte van apartheid – inderdaad n groot prestasie gewees en waarvoor ek my hoed afhaal.

Ian ·

Jammer om dit te hoor. Wys mens net was was moontlik in die ou Suid Afrika met die regte houding en toewyding. RIV Mr Maponya.

AfrikaanseKnaap ·

Ai die oom was amper by 100.

My hart gaan uit na sy familie.

Ander Annie ·

Rus sag oom Richard. Dit wat U nalaat is prysenswaar-dig. U was ‘n nederige mens wat voluit gelewe het en ‘n groot verskil gemaak het. U het inderdaad diep spore getrap. My innige meegevoel aan U familie.

Natascha ·

Wys jou die ou garde is nog tops. Jammer vir die familie oor jul verlies, maar die oom het sy dae goed benut, wens net die jeug van vandag kon meer by die omie leer.
Rus in vrede my Oom jy is nou in n goeie plek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.