Top-aanklaer geskors oor ‘rassisme’

Pumeza Futshane. (Foto: NVG Facebook-blad)

Pumeza Futshane, hoofaanklaer by die Johannesburgse landdroshof, is verlede week uit die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) geskors, hangende dissiplinêre stappe teen haar. Dit kom ná onder meer aantygings van nepotisme en begunstiging. AfriForum se privaatvervolgingseenheid dring sedert 2019 daarop aan dat ’n ondersoek na dié bewerings teen Futshane gedoen word.

Die NVG het die skorsing aan Maroela Media bevestig.

Futshane is getroud met Andrew Chauke, die Gautengse direkteur van openbare vervolging (DOV), wat beteken dat sy direk aan haar man rapporteer. Sy is in 2016 oorweeg vir die pos van openbare beskermer.

Aanklaers wat in die Johannesburgse landdroshof werksaam was, het gevoel dat Futshane haar en haar man se magsposisies misbruik het om haar kollegas te intimideer en te verkleineer.

’n Aanklaer wat onder Futshane gewerk het, het AfriForum se privaatvervolgingseenheid meer as ’n jaar gelede gekontak en beweer dat Futshane xenofobiese en rassistiese uitlatings op ’n WhatsApp-groep vir aanklaers gemaak het. Die aanklaer het die eenheid genader omdat daar glad nie teen Futshane opgetree is nie – ten spyte van die klagtes wat reeds in Oktober 2019 onder die aandag van die nasionale direkteur van openbare vervolging gebring is. In dié tydperk het Chauke egter teen aanklaers opgetree ná klagtes wat Futshane teen hulle gebring het. Sommige van dié aanklaers is selfs verplaas.

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, meen dat AfriForum se voortdurende druk en monitering van die NVG se optrede tot die formele ondersoek teen Futshane gelei het.

“AfriForum se privaatvervolgingseenheid het aangehou om druk op die hoogste kantoor in die NVG toe te pas om te verseker dat die klagtes teen Futshane ondersoek word. Elke aanklaer in die vervolgingsgesag is veronderstel om hul pligte sonder vrees, begunstiging of vooroordeel uit te oefen. Ons kon nie toelaat dat die gebrek aan optrede teen Futshane die indruk skep dat sommige persone meer gelyk is as ander nie,” sê Nel.

*Hierdie berig is opgedateer sedert die oorspronklike plasing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Anna ·

Ja, ons wonder nê. Soos die een wat die ander dag ontslaan is vir korrupsie/bedrog/ diefstal klag, “sodat sy tyd kan bestee aan die opkomende hofsaak” Wat?

En as die hofsaak verby is sal sy seker weer aangestel word in ‘n hoër pos met meer besoldiging.

Retha ·

Soos dit in dierbare Suid Afrika gaan. As ek of jy by werk geskors word, staan die gereg in die deur om ons te gaan toesluit, maar nie die agbare hoës van ons regering nie. Hul almal is verhewe bo die wet

Deon ·

Top aanklaer??? Wat is so top aan haar? Haar rassisme? Haar nepotisme?

Susan ·

Ek raak al hoe meer dankbaar vir die rol wat Solidariteit en Afriforum speel om regeringstrukture tot verantwoording te roep. Soos goeie waghonde blaf hulle nie net nie, hulle byt ook!

Anna ·

En dis hoekom ons mense moet motiveer om asseblief aan te sluit by hulle en hulle ook finansieël te ondersteun. Hierdie mense is die “ENIGSTE” groepe wat nog opstaan teen ongeregtigheid.

Nie net dit nie, kyk na die goeie werk wat hulle doen in voorstede. Maak paaie reg. Sny gras in parke en sypaadjies.

Mense as ons wil praat van “SAAM STAAN” moet ons van die draad afklim en begin doen.

Retha ·

Gelukkig is ek en my man deel van hul en bydraers tot die fonds

Mieliestronk ·

Ek wens kinder molesteerders wat uit is op borgtog word ook geskors by hulle werk. Maar lyk my nie dis so erg soos rassisme nie.

henndrik ·

Ek sou graag wou weet hoekom is haar man nie ook geskors nie want hy het haar beskerm

Sarel ·

Hallooo dit is SA . Praktyk van Nepotisme so algemeen soos Zuma en Nkandla

Genis ·

Dis altyd so verbasend dat die Kaders top presteeders, baie ondervinding, wye velde se kwalikasies… Geken in die industrie… Clink vir my soos n skeef-gekookte CV…

Elize ·

Net geskors? Vir hoelank moet die belastingbetaler haar betaal? Dis geen straf om geskors te word vir hulle nie.

Michal ·

Hoe kan sy geskors word vir “rassisme” dit is onmoontlik. Dame, ek se jou, maak n multi miljoen saak vir naam skending, do it baby do it, moenie laat hulle weg vat wat jy so HARD aan gewerk het nie.

JohanR ·

Man-vrou-kind 1-kind -2-kind 3 – Mamma-Papa-Oupa-Ouma-niggie 1-niggie 2-neef 1-neef2-neef 3-vriend-1-vriend-2-vriend-3. Het ek iemand uitgelos? En soe kry elke kader ‘n lekker hoogbetaalde werkie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.