Top-amptenaar by inkomstediens geskors

Jonas Makwakwa, hoof vir sake- en individuele belasting by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID). Foto: http://www.sars.gov.za/

Jonas Makwakwa, hoof vir sake- en individuele belasting by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID). Foto: http://www.sars.gov.za/

Die departement van finansies het Donderdag gesê hy neem kennis van die skorsing van die tweede in bevel by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), Jonas Makwakwa.

Die departement het in ʼn verklaring gesê die Nasionale Tesourie is nog nie formeel van die skorsing in kennis gestel nie, maar het vroeër die week met Tom Moyane, SAID-kommissaris en nog ʼn senior amptenaar vergader “om die saak te bespreek”.

“Ons wag vir verdere inligting oor die stappe wat die senior bestuur van die SAID gaan neem met betrekking tot hierdie saak,” het die departement gesê.

Makwakwa was onlangs in die kollig nadat dit aan die lig gekom het Moyane het ʼn voorlopige verslag ontvang waarin beweer word Makwakwa, hoof vir sake- en individuele belasting by die inkomstediens, het “verdagte en ongewone betalings” van altesaam R1.2 miljoen ontvang tussen 2010 tot 2016. Makwakwa is geskors hangende ʼn ondersoek na die betalings.

Die tesourie het gesê hy meen “openbare vertroue en deursigtigheid is noodsaaklik” sodat dit duidelik is die owerhede tree korrek op.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Louw ·

Hulle sê vir hom: “Moenie nou gryp nie, almal hou ons dop! Jy’s mos op die gravy train, ons sal jou instop, wees net geduldig. O, hier’s vir jou ‘n paar weke vakansie, met pay, natuurlik.”

Alida ·

Geen wonder SARS soek enige rede om nie die terugbetalings te maak nie. Wil nou skielik opgawes van 1991 he al het jy in 1991 skaars R4000.00 p.m. verdien. Belaglik! Kan iemand my se waar steel die ANC nie?

Hasie ·

Die valke weet al lankal van hierdie ou se geld spelery, maar het gehoop dit sal verdwyn. Die hoof van SARS is ook al lank hiervan bewus, maar het so jag gemaak op mnr. Gordhan dat hy ook maar gehoop het dit sal onder ‘n mat in verdwyn. Die lotte beskerm mos mekaar soos ‘n kalkoen het haar kuikens.

Johanna Botha ·

Ek kan net noem dan SARS nie VAT gelde terugbetaal soos hulle moet en altyd gedoen het nie …ons het groot bedae uitstaande en trek dit nou af van VAT wat ons nou moet betaal …maar ons sorg dat ons altyd wel betaal ….WAT N PYN !

Irene ·

Sekere mense sal tronk toe gaan ander word afbetaal hoe werk wete in sa

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.