Top- munisipale amptenaar, sakevrou vas oor ‘tenderbedrog’

(Argieffoto)

Die waarnemende munisipale bestuurder van die Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit (Port Elizabeth) en ʼn plaaslike sakevrou is Vrydag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem in verband met beweerde tenderbedrog.

Lwando Zenzile, woordvoerder van die Valke, het aan Maroela Media gesê die waarnemende munisipale bestuurder is omstreeks 04:55 by sy huis in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog en korrupsie.

Die munisipale bestuurder word daarvan verdink dat hy ʼn kontrakteur met R900 000 omgekoop het in ruil vir ʼn behuisingstender.

Volgens Nqaba Bhanga, provinsiale leier van die DA, het die beweerde ongerymdhede in die munisipaliteit se departement van menslike nedersettings plaasgevind toe die beskuldigde direkteur van behuising was. Hy is egter later uit dié amp geskors.

“Die DA was sterk gekant teen sy onlangse aanstelling as waarnemende bestuurder.”

ʼn Vrou, wat nie ʼn munisipale amptenaar is nie, word ook met die beweerde ongerymdhede by die munisipaliteit verbind. Sy is omstreeks 05:30 by haar huis in hegtenis geneem op aanklag van korrupsie.

Volgens Zenzile is die betrokke vrou ʼn diensverskaffer aan die munisipaliteit.

Bhanga het die inhegtenisnemings verwelkom.

Albei beskuldigdes verskyn vanoggend in die spesiale handelsmisdaadhof in Port Elizabeth.

Zenzile kon nie vanoggend bevestig of die Valke nog inhegtenisnemings beplan nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Genis

Uncle Cyril your people man, what are they doing? Of is nou deel van hulle dagtaak?

koos10

Baie mooi ANC, julle doen julle reputasie gestand.
Skors ‘n lid en stel hom later aan in ‘n hoër pos.
Net vir die interessantheid, wat het gebeur met sy skorsing, of was hy geskors vir 3 jaar met volle salaris, en toe is die saak laat vaar?

Persheks Adri

Geskors met volle salaris natuurlik en ONS betaal vir die gemors van die ANC!

Cyril jy sê jy is ernstig oor korrupsie, maar dis WEER leë beloftes. SHAME ON YOU!!!

Pieter

Trek maar klagte terug en spaar die polisie se tyd en geld. Ons weet daar gaan niks van kom nie, ek haal maar my frustaresie op die bedelaars uit, en vertel hul om by anc te gaan bedel.

Andre

Ons weet dit nou al vir jare, maar goeie genade die ANC is n vrotspul!