Top-sportadministrateur doodgeskiet

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die voormalige uitvoerende hoof van Atletiek Suid-Afrika en Suid-Afrika se Sportkonfederasie en Olimpiese Komitees (Sascoc) is Dinsdagoggend vroeg tydens ʼn rooftog by sy huis in Johannesburg doodgeskiet.

Banele Sindani is in die maag geskiet nadat rowers omstreeks 02:00 by sy huis in Ruimsig ingebreek het. Phelelani Sindani, ʼn familielid, het gesê Sindani se 12-jarige dogter het glo televisie gekyk en haar pa gaan wakker maak toe sy gesien het die rowers probeer in die huis inkom.

Sindani het die rowers glo gekonfronteer waarna hy doodgeskiet is. “Hy het nie eers ʼn vuurwapen besit nie,” het Phelelani gesê. Die rowers het Sindani se dogter glo hierna gedwing om die kombuisdeur oop te sluit waarna hulle met ʼn televisie en selfoon gevlug het.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Amanda ·

Hoekom speel my 10 jarige nefie deurnag games en kyk flieks?? Want hy is op vakansie en mag…

Sterkte vir die familie.

Uys ·

Eerstens. Daar is n tyd vir aandete, badtyd, TV kyk en dan gaan n KIND slaap. Kinders ontwikkel as hul slaap, nie as hul gemors kyk of Xbox speel nie
Dit noem jy roetine en n ouer moet dit afdwing. My neefie is 10 en met vakansie is die swakste antwoord ooit.

Dan ook weer, sy was wel wakker, sy het wel die inbreekers gehoor of gesien. En sy het haar pa gaan roep want sy weet hy sal haar beskerm. Ongelukkig het dit nie so gewerk nie.
Ons kan net vir die kind bid en vir die familie.

marianne ·

Die arme, arme kind. Ek hoop die grootmense vat haar vir trauma berading.

TSHEPO ·

Almal is geraak met misdaad dis lankal nie net die boere gemeenskap nie stede dorpe plote tradisionelle nedersetings on almal loop deur dit ken geen velkleur meer nie Wat hierdie probleem hartseer maak is dat die regering anderpad kyk teryl sy mense bloei .Hierdie probleem kan net by a stembus regemaak word

Paul ·

Tshepo jy is 100 persent korrek. Misdaad ken nie kleur nie. Due regering gee niks om vir sy burgers nie!

Tdw ·

Wanneer gaan die geweld eindig?! Ons is desperaat! Ons het ingryping nodig! Kry die weermag reg, dis tyd om oorlog te voer teen die misdadigers! Hierdie arme dogtertjie wat deur hierdie trauma moes gaan is absoluut onaanvaarbaar, die trauma wat die familie nog moet deurgaan is ondenkbaar. Die pa wat braaf sy familie wou beskerm sonder wapen en sy lewe verloor het is hartverskeurend. Hoeveel mense moet nog hul lewens verloor voor daar ingegryp gaan word? Ons voel onveilig in Suid-Afrika! Ons het hulp nodig!

Gerhard Bezuidenhout ·

Tsepo ek stem saammet jou maar ons moet net daarteen waak dat ons nie een groep trogvarke wat niks vir die gewone ou op straat voel nie vervang met dieselfde stoffasie nie. Die leiers van die land voel niks vir niemand nie , netsolank hulle hul eie sakke kan vul en kaders bevoorreg.

O WEE ·

En as die inbreker in gekom het die kind doodgemaak het??? en die ouers kry die lykie die volgende oggend??? Wonder maar net. Jy kan nie jou kind alleen in die nag in jou huis los terwyl jy slaap nie.
Hull moet maar vir Piet Beyleveld nader hy woon daar naby.

Ek stem saam met Tsepo, maar kom verkiesings tyd dan stem almal vir die lee beloftes ANC

Ruby ·

O WEE, hulle kon haar in haar slaapkamer ook doodgemaak het, wat is jou punt? Sy was nie alleen, haar pa is dan geskiet.

Baie sterkte aan hierdie familie.

charmaine ·

Wat maak dit nou saak of die kind tot 2uur le en TV kyk, ten minste doen sy dit in haar ouer huis op hulle bank en hulle weet waar sy is. DIS HAAR REG OM DAAR TE WEES! NIE DIE ROWER SN.
Die hartseer is sy gaan Kersfees sonder haar pa wees omdat die rowers geen reg in hulle huis het of om die TV te vat nie.

Anoniem ·

Al word die ANC by die stembus verslaan sal hy weier om afstand te doen van sy mag. Ek is bevrees hulle sal aan bewind bly en regeer met die weermag. Mooi geleer by Bob Mugabe. Sterkte aan familie.

Eddie ·

Dit is waar!!!!! Geen mens in Suid Afrika is meer veilig nie. Ongeag van kleur. Die moordenaars gaan aanhou moor tot daar niemand oor is nie. Dit is alles te danke aan Zuma en sy regering wat alles toelaat en goedkeur. En Tdw dit gaan nie eers help om die weermag in te trek nie want 90% van hulle stem vir die ANC so waar los dit ons. Sitting ducks want tien teen een word jy nog gemoor deur die wat jou moet kom help. Ek kan nie anders as om negatief te voel oor waar ons onself bevind nie want dit gaan nie beter raak nie. Die grootste vrees is vir ons kinders wat gemoor word of hulle diere is. Maak nie saak waar n mens gaan sal dit so wees. Terrorists wat maak en breek en niks anders is as IS ondersteuners is nie. Soort soek Soort.

Monique ·

Iemand se lewe is onnodiglik gevat en al waar jul klomp kan aangaan is oor hoekom was die kind 02:00 voor die tv en nie in haar kamer.

Dan wonder jul wat het verkeerd gegaan met vandag se society!!! Eenvoud!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.