Topbestuur glo te wit: ‘Kommissie fokus wéér oormatig op topbestuur’

Argieffoto

Argieffoto

Die vakbond Solidariteit het die Kommissie vir Billike Indiensneming se jongste verslag gekritiseer en gesê dit fokus, soos in vorige jare, oormatig op ʼn piepklein deel van die Suid-Afrikaanse arbeidsmag, naamlik topbestuur.

Volgens die vakbond is die kommissie se ontleding van die arbeidsmark boonop uiters gebrekkig en getuig dit van ʼn onvermoë of onwilligheid om ʼn behoorlike ontleding te doen.

Paul Joubert, senior ekonomiese navorser van Solidariteit, het gesê volgens die kommissie se eie syfers maak topbestuur minder as 1% van die werksmag uit wat in die verslag opgeneem is. Uit ʼn totaal van meer as 7 miljoen werknemers by 24 291 werkgewers wat deur die verslag gedek word, is daar slegs 57 901 mense op topbestuursvlak. Dit beteken dat daar gemiddeld slegs 2,4 topbestuurders per firma is.

“Die kommissie neem glad nie in ag dat die meerderheid van ondernemings slegs een, of enkele, bestuurders op topvlak het nie. Dit is ongewoon vir ʼn kleinerige maatskappy met skaars meer as 50 werknemers om meer as een topbestuurder te hê,” het Joubert gesê.

“Daar is talle ondernemings wat as familie-besighede bedryf word, of wat deur ʼn spesifieke entrepreneur gestig word wat ook die enigste topbestuurder is. Die kommissie verwag blykbaar dat indien so ʼn entrepreneur wit is, hy homself met ʼn swart persoon moet vervang om die ‘verteenwoordigendheid’ van die een persoon op topbestuursvlak ‘reg te stel’. Die alternatief sou wees dat daar nege bykomende topbestuurders aangestel word, almal swart. Vir ʼn entrepreneur van Indiese afkoms is die situasie nog meer absurd, want om Indiër-verteenwoordiging van slegs 2,8% op topbestuursvlak in sy firma te bereik, sou hy 35 bykomende werknemers moes aanstel as topbestuurders,” het Joubert gesê.

Joubert het bygevoeg dat, hoewel die kommissie oor ʼn magdom data beskik om ʼn behoorlike ontleding van die arbeidsmark, met inbegrip van alle relevante faktore te doen, die kommissie se ontledings egter jaar ná jaar gebrekkig en eensydig bly. “In die lig daarvan dat daar tans 8,7 miljoen werklose mense in Suid-Afrika is, is die kommissie se fokus op die 57 901 topbestuurders totaal misplaas,” het Joubert bygevoeg.

Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, het bygevoeg dat Solidariteit al herhaaldelik daarop gewys het dat die rassesamestelling van die ekonomies aktiewe bevolking nie ʼn gepaste maatstaf is om “verteenwoordiging” teen te meet nie. “Die statistieke oor die ekonomies aktiewe bevolking neem nie die verspreiding van vaardighede en kwalifikasies in ag nie. In vanjaar se verslag erken die kommissie dat dit die geval is, maar gaan nogtans voort daarmee om die ekonomies aktiewe bevolking as enigste maatstaf voor te skryf,” het Groenewald gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

david ras ·

Darem interessant–Ou Adolf Hitler se beleid was presies dieselfde—alles moet verteenwoordigend van die bevolking wees.
Dit was sy “morele motivering” vir die uitdrywing van die Joodse etniese minderheid uit die Duitse ekonomie.
Sy eise was vervat in die Nuremberg Deklarasie van 1936, die ANC s’n is beskryf in die Grondwet van SA via Art 9(2)
Die vermaarde Historikus Paul Johnson beskryf Hitler as ‘n rasse sosialis.
Die rassisme en sosialisme is oordrewend teenwoordig in die regering se beleid.
So, watse regering het ons in werklikheid ?
Go Figure

Suzi ·

G’n wonder nie, die ANC kon nog nooit somme maak nie. Hulle gebruik net boelie taktiek, en noudat hulle volmag het oor alles, is hulle nog meer toegewyd in hulle taak.

Knersus D ·

My besigheid het ek begin met baie sweet en trane, Daar is nie ‘n manier dat ek my sukses gaan deel met enige Vusi, Phineas of Tsabalala nie.

johan ·

net so , mense wil alles op n skikbord he, daar is besigheide wat met bloed en sweet oor 100de jare gebou is , en nou net se ja stel 6 top bestuurder aan , waar dink hulle moet die geld vandaan kom , nee nee nee

Aggenee ·

Besighede sal maar dummy top bestuurders moet aanstel, byvoorbeeld die persoon wat teen maak. ☺

Bekommerde Ouer ·

Dis alles goed en wel maar ek wonder of dit ook in die teenoorgestelde rigting werk waar n swartman n besigheid het en of hy ook wit bestuurders sal aanstel in sy besigheid en hulle ook n topsalaris sal kan betaal. Anders is dit mos onregverdig teenoor die blanke besighede.

Pieter dp ·

Raai wat is in die top bestuur vir die opnames wat nie somme kan maak nie

Bruce ·

Kan swart besighede wat totaal en al net swart mense in diens het, dan nie ook beboet word omdat hulle die rassesamestelling van die ekonomiese aktiewe bevolking nie toepas nie?

Gerhard Bezuidenhout ·

Die ANC en sy rassistiese onnosele beleid gaan nog die wrang vrugte van hul optrede proe. Groot internasionale maatskappye begin al reeds rondkyk vir alternatiewe in Afrika en hoor my lied hulle gaan een vir een elders hul aktiwiteite voortsit. Ek stem saam dat slegs swart maatskappye dan ook geteiken moet word , want wat maak hul dan onaantasbaar.

Gerhard Bezuidenhout ·

Die ANC en sy rassistiese onnosele beleid gaan nog die wrang vrugte van hul optrede proe. Groot internasionale maatskappye begin al reeds rondkyk vir alternatiewe in Afrika en hoor my lied hulle gaan een vir een elders hul aktiwiteite voortsit. Ek stem saam dat slegs swart maatskappye dan ook geteiken moet word , want wat maak hul dan onaantasbaar.

Tammy ·

Die regering het met hulle onnosele besluit oor swartbemagtiging al der duisende poste in hierdie land vernietig. Hulle is te “stupid”om te sien wat hulle besig is om te doen. Maar as ons stembus toe gaan sal jy verras wees om te weet wie OOK vir die ANC stem…daardie wat die hardste kla , ja hulle stem agter toe deure vir die ANC.. Daar is ook van hulle wat vir die klomp geld skenk om hulle skelmstreke uit te brei. Dis waar!!!

Theresa ·

Wanneer mens so iets lees (wat hul alweer en nogsteeds voorhou en volhou) maak die word “parasiet” vir my net soveel meer sin…
Kry die mense nie skaam nie? Sies.

Eddie ·

Ja is reg sit hulle almal in top poste dan sit ons waar ons nou sit. Eskom down the drain. Telkom laat duisende loop en kyk maar waar enige besigheid soos die myne en die staal ind wins gemaak het en baie werk gegee het aan duisende mense sit hulle in n posisie waar hulle skaars net die deure kan oop hou. Weet jy hulle het maar deur en deur bewys hulle kan nie n besigheid laat werk nie. Wens die rigering wil eerder hulle act agter mekaar kry en die klomp in die top bestuur fire en mense daar insit wat die werk kan doen.

Willie Venter ·

Daar is geen begrip dat daar nie die nodige kundigheid en ervaring beskikbaar is om die poste te vul nie. Enige sake eienaar sal met groot graagte hulp aanvaar in die vorm van bestuurders wat werklik weet wat hulle doen, hulle kant bring met die werkslading en logiese besluitneming en ook die personeel positief beinvloed tot voordeel van die onderneming. Wat egter in die praktyk gebeur is dat daar werkers op besighede afgeforseer word wat net wil ontvang – groot salarisse, duur motors, alle voordele en selfone, duur kantore met alle tegnologiese hulpmiddels – sonder dat daar n vinger gelig word as teenprestasie,
Geen werksetiek word gehandhaaf nie, en die voordele word ook heeltemal buite verhouding misbruik en uitgebuit. Waarom sal ek so iemand in my besigheid duld – en dan nog n aandeel verniet weggee ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.