Tornado tref KZN, talle beseer

Die tornado buite Pietermaritzburg (Foto: Twitter)

ʼn Tornado het Dinsdagmiddag verwoesting gesaai in New Hanover, net buite Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal.

Talle mense is beseer en huise en openbare infrastruktuur is beskadig. Die provinsiale departement van samewerkende regering en tradisionele sake het rampbestuurspanne in die Mshwathi- plaaslike munisipaliteit ontplooi. Talle videos van die tornado is ook Dinsdag op sosiale media gedeel.

“Voorlopige inligting wat ontvang is dui daarop dat die mense wat beseer is in die storm behandeling ontvang in nabygeleë hospitale. ʼn Aantal huise het inmekaargeval, ontelbare bome is ontwortel en kragvoorsiening na die area is onderbreek,” het Sipho Hlomuka, LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake in KwaZulu-Natal, gesê.

Die departement weet nog nie of enige inwoners vermis of dood is nie.

Hlomuka het inwoners aangemoedig om waaksaam te wees, omdat die swaar reën en erge donderstorms steeds ʼn gevaar vir die provinsie inhou. Alle raadslede en vrywilligers is ook beskikbaar gestel om lede van die gemeenskap by te staan.

Oorstromings wat veroorsaak is deur gietende reën het Maandag twee lewens in eMawoti naby Durban geëis. Die slagoffers is Aaron Smangaliso Zondo (57) en Angelina Nomathamsanqa Nyangule (56).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Razer Lazer ·

Ai dis erg. Nou kan ons nie se ons is agter met VSA nie. Ons begin nou hulle stormers kry.

Andrew ·

Bly om te sien dis die stormers en nie die cheetahs se skuld nie

Dries Bý ·

Ek is nie n prediker nie ,maar aardbewings ,tornados ,vuur is dit nie die teregwysing va bo met ons optrede teenoor mekaar nie ,opas dis die hand van bo ,gee ons nog n kans om te herbesin.

onbekend ·

Dries By ek stem saam met jou. Dink ons word erg gestraf dit is hukom al hierdie dinge gebeur die droogte, tornados en vuur.

annie ·

Dit is skrikwekend ons is nie ingerig vir so iets nie… waar vlug jy heen??

mini ·

ek by aan kzn suidkus,,, en ons verwag erge storms…. en daar niks wat mens kan doen nie… net die Vader moet ons genadig wees…

KrokodilBotha ·

Tornados is niks nuut by ons nie. Gebeur van toeka se tyd. Arme doem proefete moet verstaan, almal het nou n foontjie met video en kamera. Die einde is nie naby nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.