Tot 565 kan hul werk by Exxaro verloor

Argieffoto

Argieffoto

Die vakbond Solidariteit het vandag bevestig dat hy Maandag ʼn skriftelike afleggingskennisgewing van Exxaro Resources ontvang het.

Ingevolge die kennisgewing wil Exxaro 565 ondersteunings- en gedeeldediensteposte sny, onder meer omdat Eskom sy kontrak met Exxaro se Arnot-myn vir die voorsiening van steenkool gekanselleer het.

Volgens Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, is die aankondiging baie slegte nuus vir die 565 werknemers wat deur die afleggings geraak word. “In hierdie stadium is daar nog nie duidelikheid oor hoeveel werknemers afgelê gaan word nie. Solidariteit sal uiteraard alles in sy vermoë doen om sy lede by Exxaro se werk te red,” het Du Plessis gesê.

Solidariteit sal eersdaags aan konsultasies oor die beoogde afleggings met die werkgewer deelneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Se weereens baie dankie aan ons ANC regering en se maatjies.

My bydrae ·

Ja, lê dit voor die drur van die “zupta” clan. Self verrykers ten kidte van ander mense wat hárd en éérlik werk vir hulle geld en nié op ‘n soustrein ry nie

Marlene ·

Die Kontrakteurs is klaar van die myn af, en het hul pakket briewe gekry. Al die ondergrondse masjiene is reeds verwyder, Tegnies werk die mense nie meer nie, hulle is net daar.

Lynette ·

My man is werksaam by Exxaro en ons senuwees is gedaan, kort-kort word die pot geroer en verwag ons die ergste.

Piet Piper ·

Eskom is dus eintlik direk verantwoordelik, tesame met die Patetiese ANC regering en sy President Zuma. Hulle het mos die steenkool lewerings kontrak van Exxaro na Eskom kanselleer……………….tot voordeel van die Guptas natuurlik

anoniem ·

Ek is werk vir Exxaro en ons services mense het Dinsdag gehoor wie se poste geaffekteer word. daar is nog nie verseker gese hoeveel afgedank gaan word nie, maar kan enige iets verwag van 192 – 565 werkers. daarby mag jou pos laer word en jy moet daarby aanpas dit is kommerwekkend om te weet n maatskappy wat eens baie sterk was nou nie meer is nie, eerlik en opregte mense wat al jare op Exxaro is moet nou ewe skielik aanvaar dat hulle nie meer nodig is op Exxaro nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.