Die SAUK het Donderdag ʼn kennisgewing uitgereik dat hy tot 600 oortollige werkers gaan aflê.
Die kennisgewing kom ná die bekendstelling van die SAUK se nuwe bedryfsmodel – ʼn strategiese hernuwingsinisiatief wat daarop gemik is om die organisasie te transformeer tot ʼn finansieel volhoubare, selfonderhoudende en doelgemaakte openbare uitsaaier.
Die SAUK sê hy het ʼn plig om sy voortgesette volhoubaarheid te verseker sodat hy aan sy mandaat om ʼn diens te lewer aan miljoene Suid-Afrikaners wat op hom staatmaak vir onderrig, inligting en vermaak, kan voldoen.
“Die kennisgewing van oortolligheid gaan nagenoeg 600 werkers raak en hulle sal genooi word om voorleggings tydens ʼn konsultasieproses wat deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) gefasiliteer sal word, te doen. Dit is om te verseker daar is deursigtigheid, verantwoordbaarheid en onpartydigheid ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge,” het die SAUK gesê.
Vakbonde sowel as verteenwoordigers van diegene wat nie aan vakbonde behoort nie, gaan tydens die proses geraadpleeg word.
Die SAUK het nagenoeg 3 000 werkers. Die openbare uitsaaier sukkel nou al ʼn geruime tyd om personeel te verminder nadat ʼn nuwe raad en bestuurspan die leisels oorgeneem het by die omstrede voormalige bedryfshoof Hlaudi Motsoeneng. Motsoeneng se termyn was finansieel rampspoedig vir die organisasie.
Toe die staatsbeheerde instelling in 2018 – kort nadat Motsoeneng die trekpas gekry het – van meer as 2 000 poste ontslae wou raak, het die nuut aangestelde minister van kommunikasie, Stella Abrahams, ʼn stokkie daarvoor gesteek.
Die SAUK het nagenoeg R2 miljard se skuld.
So bietjie te laat..die SABC is klaar in die grond in.
Maar die best het dan nou weet verhoging gekry dit gaan lekker in die ANC
Hulle moet net van al die onnodige onwettiges wat deur Motsoeneng aangestel is, ontslae raak dan is die probleem opgelos. Die organisasie was mos voltallig toe hulle aangestel is so hulle het nie ń voet om op te staan as hulle ontslaan word nie of gaan kleur hulle beskerm.
Fascinating
Hulle kan die sauk toemaak vir al wat ek omgee.
Het hlaudi nog ‘ n tv ?
Hoeveel Spookwerkers?
Hulle sukkel.met die SAL maar ek dink die SABC mag dalk die minste gemis word
Hoeveel Spookwerkers???
Maak skoon. Baie pošte is geskep vir familie en vriende
SAL, SARS, SABC, Denel, Poskantoor, SAPS, tot in die parlement. Noem maar op