Total se gas-vonds ‘geensins goeie nuus’

Grafika wat die plek van die ontdekking aandui. (Grafika: ANA)

Die omgewingsregtegroep Greenpeace het Vrydag gesê die ontdekking van gaskondensaat aan die Suid-Kaapse kus is nie iets om te vier nie.

Greenpeace het gereageer op Total Suid-Afrika se aankondiging Donderdag dat hy ʼn noemenswaardige ontdekking gemaak het – die Brulpadda-eksplorasieveld sowat 175 km suid van Plettenbergbaai. Dié ontdekking kan genoeg wees om Suid-Afrika se raffinaderye tot vier jaar aan die gang te hou.

Melita Steele, senior klimaat- en energieveldtogbestuurder van Greenpeace, is egter nie beïndruk nie. “Greenpeace Africa veroordeel ten sterkste Total se roekelose olie-eksplorasie aan die kus van Suid-Afrika. Die ontdekking van nog olie en gas is niks om te vier nie aangesien die verbranding van fossielbrandstowwe potensiaal katastrofies vir klimaatsverandering kan wees,” sê Steele.

“Hierdie is olie wat ons nie kan bekostig om te verbrand nie gegewe die uiterste weersomstandighede en herhalende droogtes wat tans voorkom.”

Steele het gesê diepseeboor is ook gevaarlik aangesien daar ʼn moontlikheid vir ʼn oliestorting is. Sy meen die omgewingsimpak van diepseeboor vir olie en gaskondensaat kan nie bloot geïgnoreer word nie en die voordeel van werkskepping vir Suid-Afrikaners is gering.

“Dit is roekeloos vir die Suid-Afrikaanse regering om toe te laat dat die olie- en gaseksplorasie voortgaan, maar ongelukkig is dit [vandeesweek] as ʼn oorwinning voorgehou tydens die staatsrede,” sê sy.

“Nasa het bevind 2018 was die vierde warmste jaar op rekord. Dit is duidelik dat as ons ernstig is daaroor om klimaatverandering te stuit, dan moet sommige fossielbrandstowwe in die grond bly.

“Hierdie land is geseënd met van die beste hernubare energie-hulpbronne ter wêreld. Dit is tyd om hernubare energie te steun en hierdie roekelose en gevaarlik gejaag na fossielbrandstowwe te staak.”

Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne, het Total se ontdekking vroeër geloof as ʼn “groot hupstoot” vir die land se sukkelende ekonomie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Jerry ·

Die enigste werklike goeie rede hoekom die Suid Afrikaanse ekonomie sukkel is agv die ANC se beleid van selfverryking deur staatskapingkorrupsie. Staatskapers moet eers agter tralies wees, nie in die kabinet of parlement nie, voordat Suid Afrikaners enige olie en gaseksplorasie sal toelaat. Dit is nou tyd vir Suid Afrikaners om op te staan en toe te sien dat CR eers sy beloftes vir vervolging van staatskapers nakom voordat hy en die ANC toegelaat word om enige ander planne te implementeer! JZ en die ANC het Suid Afrikaners mislei met staatskaping en nou wil die ANC Suid Afrikaners verder mislei met CR aan die stuur! “State capture must fall” before South Africa can move forward!

Essie ·

Nou wat van ander lande wat ook olie uit die grond ontgin ek dink dis iets besonders en moet ons dit nie weg wens nie dit kan n groot hupstoot vir die ekonomie te weeg bring

Dries du Toit ·

Essie jy is reg. Maar soos Jerrie daar se. Hoeveel van daai oliefonds gaan maar weer uiteindelik deur korrupsie in die ANC gespuis se sakke. Ek verseker jou dat daar ongetwyfeld weer omkoop geld tersprake was vir die regte om daar te boor. Hierdie regerings amptenare gee geen toestemming vir enigiets sonder dat hulle persoonlik nie iets daaruit kry nie

Piet Pompies ·

Uitstekende ontdekking, ons is baie afhandlik van ru-olie wat ingevoer word en met Amerikaanse doller betaal word. Hierdie ontdekking kan ons ekonomie stimuleer vir groter groei. Dit skep werk en kan Mosselbaai net goed doen. Hoop daar word nog aardgas ontdek.

Johann cb ·

Ek besef ons kan nie ons brood aan albei kante “gebotter” én “gejam” hê nie. Iewers moet noodsaaklike energie opgewek en verwerk word. Ons moet bereid wees om opofferings te maak! Ons geloof moet net sterk bly en die reën sal op die regte tyd kom…Sy tyd!

Sênet ·

Die oomblik as de laaste Greenpeace aktivis van GEEN kragbronne (olie, steenkool, wind, selfs brandhout) gebruik maak nie, sal ek vir hulle begin luister. Tussen hakies, hulle mag ook niks uit ‘n winkel koop, selfs nie eers kos nie, omdat bykans alles fossiel brandstof gedrewe produseer word. Dan doen hulle hul Misie gestand.

kykindiekas ·

Dalk moet Greebpeace eers vir almal vertel en bewys hoeveel olie en fosielbrandstof hulle eie skepe gebruik in n jaar voeg dan by die fosielbrandstof gebruik van die ander voertuie en lugvaartuie wat hulle gebruik. Dan kom kerm hulle verder.

Robbie ·

Greenpeace is ‘n grap. Tot een van hulstigters het hulle verlaat.

Ferdi ·

Totsiens mosselbaai en George jul sal die Hoofstad van misdaad word

H.A. ·

Anc en kaders verryking. Hulle voel niks vir enige landsburgers nie. Kyk maar weer na Zimbawe se mense-vernietig vir altyd deur mugabe en kaders.

aj ·

Ek stem saam met Greenpeace!

Suid Afrika moet geleidelik afskaal op duur ingevoerde olie wat tans werksgeleenthede finansier in ANDER LANDE.

As alternatief moet SASOL se wêreldklas brandstofvervaardigingstegnologie van brandstof uit steenkool, drasties uitgebrei word om ‘hitec’ weksgeleenthede in SUID AFRIKA te skep.

Sodoende word WAARDE TOEGEVOEG tot SA se onverwerkte STEENKOOL. Terwyl die gespaarde buitelandse valuta t.o.v. olie aankope benut word om meer SASOLS te bou.
(Ook vir AFRIKA!)

Die land se afhanklikheid van ingevoerde olie word daardeur verminder sowel groter beskerming teen die onvoorspelbare VSA dollar.

Mettertyd kan SASOL en ESKOM alternatiewe (son en wind) elektrisiteit opwekkingsaanlegte ontwikkel om voorsiening te maak vir die steenkoolreserwes wat opgebruik gaan word.

wet ·

Baie min suid afrikaners sal ´n werks geleentheid kry aangesien die oliebore en die´refineries´ ´n baie gespesialiseerde veld is. As die regering hulle eie explorasie gedoen het en eie bore gehad het sal ek dit verstaan soos in die geval van Mosgas. TOTAL is frans, so hoeveel van die geld kom suid afrika toe? In nigerie kry die regering slegs die belasting van die olie wat geboor word en die maatskapye vat die res aangesien die maatskappye die reg tot die olieveld besit. In my mening sal jan en alleman min van die geld of investering sien teen ´n groot risiko faktor. Net deur korrupsie hok te slaan sal baie meer geld genereer word in die ekonomie. Dink ook nie ons sal goedkoper vir brandstof betaal nie aangesien dit ´n eend is wat goue eiers le.

Vaal ·

Greenpeace kan nie eers Suid Afrika se huidige waterbronne help in stand hou nie. Hulle kan net gaspompe in Vanderbijl en Vereeniging lang die vaal revier kom bou. Van al die besoedeling is die vaal revier so vrot van al die metaangas wat ophoop…..en baie Fosiel Brandstof van al die dooie visse en lyke in die revier. Maar hulle is bekommerd oor die see……en kan nie eers n klein stroompie oppas nie …..

Manie ·

Die oliemaatskappy nog stèeds besig met kolianisme en vernietiging van afrika soos britanje in die verlede. Maar die anc en eff so agter geld aan dat hulle dit nie wil agterkom. Die enigste wat gaan baat vind is die kaders

John ·

Green Peace sal moet spring, die noordpool is ook besig om te skuif… Aardverwarming word darem nou vir elke gebeurlikheid teen almal se koppe gegooi. SA sal beslis die kans gebruik om ‘n paar koppies ruolie te skep, reg of verkeerd, soos die meeste lande op aarde in hierdie opsig doen… Miskien besoedel Sasol die land meer as wat die oliebron diep in die see sal doen.

willie ·

Aard verwareming word nie veroorsaak deur aardgas verbranding nie!

Dries Moolman ·

Jy is heeltemal reg. Dit word veroorsaak deur die toenoemende bevolkingsgroei van mense wat die aardgas verbrand om aan hulle groeiende behoeftes te voldoen.

Rick ·

Een keer ‘n Greenpeace skip in Halifax gesien, was die vuilste, oudste skip in die hawe, ek was verbaas dat die Kanadese hulle in so ‘n toestand laat dok het. Vir my soos ‘n drywende olie lek gelyk. So Greenpeace moet dalk eers hulle eie huis in order kry voor hulle vir die res van ons kom preek.

Ellisras ·

Brulpadda grasveld. Wie het die naam uit gedink? Brulpadda is in elk geval ‘n land dier, niks met die see uit te waai nie. Swaard is, haai seekat net nie brulpadda nie.

Sakkie Steyl ·

Kan hulle nie die Greenpeace groep verban nie? Dis gebasseer op navorsing van mense wat wil beindruk en befonds word om die opinies te verdedig en dan belangrik voel. Klug!

Stripes ·

Om te beweer dat dit SA rafinaderye vir 4 jaar te kan onderhou is volgens my ‘n bietjie wild gestel. SA het net 2 rafinaderye. Die res behoort aan buitelandse maatskappye. Petrosa kan daaruit voordeel trek maar het geen aandeel in die veld nie. Ander SA groep het 10% aandeel. Tot dusver praat Total hoofsaaklik oor kondensaat maar dit is onbekend of die vloeitoetse afgehandel is. Destyds met Ikwezi was die berekeninge ook nie baie lekker nie en het dit wat verwag was nie ooreengestem met dit wat wel onttrek kon word nie. Verder is die veld suid van Mosselbaai en nie Plettenbergbaai nie, dis nou as ek reg op die kaart gekyk het. My mening is dat daar moet gewag word tot al die toetse afgehandel is voordat daar gejubel word.

bgj van der westhuizen ·

die gas is net vir 4 jaar belaglik en geen nuwe werk gaan geskep word nie

op rig van son panele plase gaan werk skep wand daar moet mense dit in standhou

en ons kan eerder meer steenkool gebruik om petrol te maak wand dit die vervaardig en gebruik se geld bly in die land

Dries Moolman ·

Ek wonder hoeveel van hierdie beter weter kommentators was ten gunste van fracking in die Karoo.

Jepetto ·

80 dollar a vat dit is wat dit gaan kos om dit uit tehaal

Stripes ·

# Dries Moolman – eintlik is dit beter wetig maar nee, nie ten gunste van fracking nie. Dit verhoog die voorkoms van aardbewings en voeter die watertafel op. Soms is dit ongelukkig maar net so dat iemand anders meer weet oor ‘n onderwerp as jyself. Nie almal se kennis, ondervinding of werk is dieselfde nie. As ek vir jou sê dat deur net ongeveer 50 tot 55 km pyplyn nodig is om die gas/kondensaat aan PetroSA te lewer gaan jy my seker ook nie glo nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.