Lorraine Bothma, ʼn 45-jarige vrou van Amanzimtoti in KwaZulu-Natal, word sedert 29 Maart vermis.
Lorraine se broer, Garth Bothma, het Dinsdag aan Maroela Media gesê sy is die aand omstreeks 22:00 vir die laaste keer gesien toe sy die Belavista-kuierplek in Warner Beach verlaat het.
“Sy sou ʼn vriend by sy huis in Amanzimtoti gaan aflaai het. Dié persoon beweer sy het hom afgelaai waarna niemand anders haar weer gesien het nie,” het Garth gesê.
Lorraine bly alleen op die dorp. Garth het ʼn vermiste persone- saak by die polisie aanhangig gemaak en ook ʼn private speurder aangestel om na haar te help soek.
Sy is die laaste keer in Garth se motor, ʼn oranje Kia Picanto gesien. Die motor se registrasienommer is ND 637359.
Dessie Rechner, stigter en direkteur van die Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste persone op te spoor, het ʼn beroep op mense gedoen om pamflette met inligting oor haar verdwyning op sosiale media te versprei, in die hoop dat iemand haar sal herken.
Mense met inligting oor waar Lorraine haar moontlik mag bevind, kan die Amanzimtoti-polisie by 031 913 1349 of die Pink Ladies by 072 214 7439 bel.
Epos die foto aan ons asb. Ons het n netwerk in Durban en sal help soek.
His Hands Mission
hulle het haar gevind. ongelukkig is sy vermoor.