Totius-beeld van Puk-kampus verwyder

Die Totius-standbeeld op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus. Foto: Verskaf

Die Totius-standbeeld op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus. Foto: Verskaf

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het Saterdag gesê die Totius-standbeeld op die universiteit se Potchefstroomkampus gaan verskuif word.

Die beeld gaan na die terrein van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) verskuif word.

Die universiteit het in ʼn verklaring gesê die NWU het die versoek dat die standbeeld na die eiendom van die GKSA geskuif word van die administratiewe buro van die GKSA ontvang, saam met ʼn skrywe van familielede van Totius.

“Die Totius-standbeeld word aan die GKSA toevertrou vir plasing op eiendom van die GKSA in Potchefstroom. Die besluit oor die presiese plek sal geneem word ná die standbeeld skoongemaak en gerestoureer is. Die GKSA het reeds met lede van die familie van Totius oorleg gepleeg,” het die verklaring gelui.

Hierdie besluit volg nadat die groep ReformPUK in Oktober vanjaar geëis het dat die Totius-standbeeld, wat sedert Oktober 2009 op die Puk-kampus staan, verwyder word omdat hy ’n beleid van rasseskeiding ondersteun het. Die universiteit het vroeër gesê dat die kwessie rondom die standbeeld as “’n saak van dringendheid” beskou word.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het gesê die werklike kwessie agter die skuif van die standbeeld is dat die NWU-leierskap Totius se standbeeld saam met Afrikaans en die meerderheid Afrikaanse studente weg wil hê in die naam van transformasie. “Maar was dit nie vir Totius nie, het hierdie Transfornazi’s niks gehad om te ‘transformeer’ nie. Lees maar self die aangrypende stuk in Totius se biografie, waar hy in 1902 langs ’n grag in Nederland loop en beplan om ’n Christelik-Afrikaanse Universiteit te stig,” het hy gesê.

“Hierdie Totius-verskuiwing is simbolies van die anneksasie van Afrikaners se kulturele bates deur ’n vyandige owerheid, wat dieselfde rassistiese transformasieresep wil afdwing wat reeds soveel instellings in die land laat misluk het. ’n Standbeeld is simbolies van die bepaalde gemeenskap en as Totius nie meer welkom is nie, is Afrikaners in werklikheid nie meer welkom nie. Moenie dink dat dit net oor ‘taal en toegang’ gaan nie. Die Transfornazi’s wil nie net minder Afrikaans hoor nie, hulle wil minder Afrikaners sien. Hulle weet dat Afrikaans die sterkste skans is teen Afrikanisering.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

alletta Strydom ·

Wat die klomp nie wil kan gaan verstaan dat jy nooit kan weghardloop van Geskiedenis.
slegte nuus vir die arme sotte….dink hul nou vir een oomblik hul gaan slimmer wees as die beelde en afrikaans weg is.
hul wil nie leer nie. ons leef in n hands out society. geskiedenis kan jy nooit uitwis nie. my innige simpatie met die groep.

Paul Swart ·

Totius is welkom by GKSA. Ek is self ‘n Dopper, en sing elke Sondag die Psalms in Totius berymings.
Goeie opsomming van Flip Buys se kant af.

Bruno Stef ·

Ek kan my nie uitspreek teen die lafhartigheid van diegene wat agter die reeds tweede keer se verskuiwing van die standbeeld sit nie .Die blinde sambok sal julle vorentoe bykom.Die soetkoekie kommentaar verwyderaar sal seker maar weer oor sy voete val om my misnoe met die stand van optrede by NWU te verwyder.

Justa ·

Hoe lank moet ons nog toekyk hoe ons erfenis vertrap word? Nadat alles op n skinkbord vir hulle gegee is word ons nog steeds verneder en alles Afrikaners en Afrikaans weggewens.

Buigendeknieg ·

Ek skaam my morsdood oor ons Suid Afrikaners so elendig neerbuig na die gene wie n vlaag van verwoesting saai. Hier gaan nog lank oor die onderwerp gedebateer word. Die buigende knieg moet maar buig terwyl hy nog kan buig. Die woede in my is so groot ek laat liewer hierdie onderwerp net daar

Berhalet Beukes ·

Dis ‘n afskuwelike bespotting van ons geskiedenis…. Ons menswees… Al wat ons opgebou het… Dis regtig walglik

Gerhardt ·

Dit is duidelik dat ons Afrikaners op die ou end totaal en al van vooraf gaan begin bou. Ten minste is the beeld in goeie hande maar soos almal opmerk is dit ‘n kwessie van verwydering van alles Afrikaner.

Nel ·

Tranfornazi is ń kombinasie van ‘transformasie’ en ‘nazi’, en verwys na die klomp transformasie voorstanders wat hulself soos nazi’s gedra

Johan 2 ·

Ek hou baie van die “Transfornazi” ons kan meer sinoniem trek tussen die ANC en Nazis. Nazi word beskou as “ver regs” maar in werklikheid was dit n meerderheids arbeiderparty. Goed uitgedink, die linkses sal “mal ” wees daaroor om Nazis genoem te word.

Francois ·

Ek deel uiteraard die frustrasie en teleurstelling met die besluit rakende die verskuiwing van die Totius-standbeeld. Maar, mense, het julle enigsins iets anders verwag? Dit pas die ANC soos ‘n handskoen om die Afrikaner en sy erfenis onder skoot te hou, want sodoende oortuig die regime sy stemvee van sy voortgesette stryd teen die ou ‘vyand’. Ons sal noodwendig moet aanvaar dat hierdie laakbare optrede in felheid sal toeneem, veral om die aandag van die regime se swak regering en sy leier se klaaglike mislukking as ‘n staatsman af te trek. Maar wat is die teenvoeter vir hierdie blatante skending van kulturele regte? Ek stel voor dat, as deel van Solidariteit se Plan B, private ruimtes aangekoop word wat met Afrikanergeld as Afrikaner-erfenisterreine gevestig word. Die Voortrekkermonument en -erfenisterrein bied reeds ‘n uitstekende model vir soortgelyke inisiatiewe. Wanneer ek as Kapenaar in Pretoria kom, is die Monument bo-aan my besoeklys, en ek vermy in beginsel die Uniegeboue en ander vestings van die regime geheel en al. Die Vrouemonument in Bloemfontein is nog ‘n voorbeeld van ‘n erfenisterrein waarop die Afrikaner baie trots kan wees. As ons meer sulke terreine – in private Afrikanerbesit – in ander groot sentra sowel as op die platteland tot stand kan bring wat ons trotse geskiedenis en erfenis vier, sal die regime se patetiese pogings om die Afrikanerstem stil te maak, nooit slaag nie. Boonop is ek seker dat sulke Afrikaner-erfenisterreine groot besoekersgetalle, beide plaaslik en uit die buiteland, sal trek – soos wat die Voortrekkermonument inderdaad tans doen.

antonie ·

Hulle wil solank die monumente vernietig , skuif of afbrand, oor n paar jaar gaan hulle die hele geskiedenis van suid afrika ‘oor’ skryf met die weglating van die afrikaner. Ons gaan net genoem word dat ons apaaaitheid gebring het in 1652 en miljoene swart bloeitjies ‘dodgemaak’ het en nie van hulle ‘gehou’ het nie

Peet Schabort ·

Nou is daar plek vir ‘n standbeeld van die aardrykskundige van formaat, dok-TOR Jacob zuMA.

Flintstone ·

Die enigste manier waarop ons tans kan terugslaan,is met ons beursies.Dit is die wapen waarmee ons uitgereik word om weerstand te kan bied.Diegene wat aanval en vernietig het nie die inherente vermoë om finansies te kan genereer,slegs om te ontneem,en is dus op hierdie gebied weerloos.Boots die Indiërs,Grieke,Portugese en Jode na,ondersteun slegs ons eie.

Rudi ·

Ek stem saam. Geld praat harder as enige taal. Ons oorlog moet met geld geveg word. Ons moet ophou om tooilet papier te wees. Dis hoe hul ons noem. Agter elke suksesvolle maatskapy
sit n selfsugtige of lojaale afrikaner. Dis tyd dat die verbruiker moet begin veg teen sy gewoontes en eerder kleiner afrikaner besighede ondersteun. Ons moet eerder by die kafee om die hoek gaan koop as die ANC Shoprite. Maar dit gaan kos dat ons moet begin veg!

anna ·

moenie bekommerd wees nie nou sal die beeld nie beskadig kan word nie en in n Heilige plek geberg word. die gemors besef dit nie.al die ander goed gaan beskadig word maar nie die beeld nie. hulle sal nooit afrikaans kan vernietig nie want die gebruikers daarvan is Christene. God kyk na ons. Bid weer ernstig op Gelofte Dag. God het toe na ons gekyk en beskerm en Hy sal dit weer doen. ek glo vas daaraan.Hou moed. Alles sal nog regkom . Die tou waarmee hulle hulself hang raak korter.

Oud PUK student ·

Rasioneel gesien is die verskuiwing van Totius se beeld vanaf die PUK kampus na GKSA se terrein seker ‘n goeie ding. Dit gaan tenminste nou veilig in ‘n omgewing wees waar dit met die nodige respek en eerbied bejeen sal word. Hier gaan dit nie blootgestel wees aan die besoedeling van ‘n sekere groep wat hulself deesdae “studente” noem nie. Emosioneel gesien laat dit mens se bloed kook. Die wesens wat hierdie verskuiwing ge-eis het (en waaraan die PUK bestuurt slapweg toegegee het) het GEEN bydrae tot die uitbouing van enigiets op die PUK kampus gemaak nie en is daarop ingestel om van ALLES wat Afrikaans verteenwoordig, so gou moontlik ontslae te raak. Dit word al duideliker dat alles wat die PUK so ‘n unieke opleidingsinstansie vir derduisende studente gemaak het, van al hoe minder belang ge-ag word. Dit is tyd dat alle voornemende en ingeskrewe PUK studente daarop gewys word dat hulle hulself op geleende tyd by hierdie eens trotse Afrikaanse instelling gaan bevind en mens wonder of dit nog die moeite werd gaan wees om verby ander universiteite te ry om op die PUK met sy Afrikaanse kultuur te gaan studeer?

Oud-Puk 1968 ·

Ek stem beslis saam. Veral die slapgat-deel van die huidige bestuur van die Puk. In plaas daarvan dat hul wegdoen met die opstandige studente wat net weer ‘n nuwe verskoning vir chaos sal vind, moet ‘n dooie, maar simboliese beeld die pad vat. Lafaards!

Dup du Plessis ·

Stem saam, het al telkens genoem dat hoe gouer PUK transformeer na TLOKWE (almal weet dis maar net tyd wat in die pad daarvan staan), hoe gouer kan daar ‘n nuwe ware PUK buite die vernietigende kloue van die “hensoppers” en die regering geskep word vir die Afrikaanssprekende. Hopelik sal hierdie klomp wat bygedra het tot die verval van basies die laaste Afrikaner onderrig baken nooit hul dogters of seuns stuur na ‘n nuwe Afrikaanse universiteit nie en ook onsigbaar raak soos al die voormalige NP-lede wat mos uitgesterf het in SA.

nog n oud PUK ·

Goed gese…. ons het ver van die huis gery en ons ouers op die plaas gelos om daar te swot, eks bly ek kon daar swot toe dit nog okay was.

Dee ·

Ek ondersteun ook ‘n beleid van rasseskeiding. Wat nou? Wiè het nou weer die word ‘rasseskeiding’ ontwerp? Maroela? Sal nie verbaas wees nie.
Oom Hendrik het dit ‘Afsonderlike Ontwikkeling’ genoem en om dit nòu skielik te herdoop na ‘rasseskeiding’ is niks anders as konflikskep.

Frik ·

Oor die gespuis niks het waarop hulle trots kan wees nie Nou moet alles afgebreek word tot op hulle vlak en die in beheer van die instansies is te ruggraadloos om iets daaraan te doen want alles moet mos polities korek wees ten koste van hierdie land Hulle sal aanhou tot ons almal tot hulle vlak gedasl het Die land is klaar in sy m____ ZUMA MUST FALL

HEVW ·

Ja ons kan baie ontsteld wees en gal braak maar die vraag van max moet veral hier tersake wees:”Waar was die Afrikaner?” Dit het nie plotseling gebeur nie. Dit kom met jare lange proses. Is ons dan so verlam en magteloos dat daar geen weersyand gebied word nie? Miskien moet ons maar hierdie gebeure aan onsself toedig. DIT KON WERKLIK ANDERS VERLOOP HET . Die huidige rugraatloosheid wat nog steeds alles klakkeloos aanvaar en selfs meedoen gaan beslis verdere stroping tot gevolg he. Afrikaner dit hang van u af wat die toekoms sal wees!!!! Te vergeefs se ons skrik wakker want u sal nie wakker skrik nie. U geld, gemaksig en selfgerigtheid bly steeds n te groot preoriteit. Niemand is daar wat hand uit die moue sal steek nie. Ons bestaan, nie leef nie, met n total gebrekkige volksbesef en volksgees.

CHRISTA ·

Moenie dat hulle julle so ontstel nie!! Hulle bewys weer eens: hulle kan NIKS SELF BOU OF DOEN NIE. Hulle kan net instansies wat deur die Afrikaners gebou of tot stand gebring is “highjack”. Hulle kyk elke dag teen mure vas wat deur Afrikaners gebou is. Hulle gebruik elke dag fasiliteite wat deur Afrikaners gebou en ontwerp is. Nie eers die buiteland kon ons breek met hulle sanksies nie. Ons het SASOL ontwerp en gebou, YSKOR, die WNNR, die SAUK, SAL, SPOORNET en nog TALLE instansies. Gelukkig is SASOL geprivatiseer voordat hulle oorgeneem het. Ek weet self nie wat van YSKOR geword het nie en die res kon hulle nie eers ONDERHOU nie, nog minder verbeter!! Alles vou onder hulle bestuur. Een van die dae is hulle terug in die boendoes!!!

Andre ·

Sal nie graag saam in boendoes wil wees nie. Daarom nou met daadwerklike, verantwoordelike en besliste optrede deur die wat nie hensoppers is nie.

SNEL ·

Sulke goed maak mens se hart so seer. Geen plek vir ons meer in die land nie.

jakes ·

Hulle wil anders verander ek wonder hoekom gebruik hulle nog die Unie gebou. Die grysstof is dak te min. Ek wonder hoeveel hout deure werk nog dalk is daar al n paar verwyder vir vuurmaak hout.

Rietrot ·

Die waarheid is dat hul nie met hul self kan vrede maak nie.

Stuart ·

AI…wat het arme Totius tog nou gedoen. Hulle is verveeld, pleks hulle studeer nou karring hulle met iets wat niks met NIKS(want dis hoe ek hulle en hul besluite beskou – dis sommer NIKS) te doene het nie.

adrian ·

Wees trots, spreek die taal waar jy gaan in kerke… inkoopsentrums… vergaderings…. tussen ander nasies …. wees trots die taal is wetenskaplik naslaanboeke word gereeld op datum gehou….. sing al hoe meer afrikaanse liedjies ( bok van blerk) maak die ander nasies jaloers

bittergal ·

Die rede hoekom die Afrikaner so slap in die kniee geword het is omdat ons n uitgebasterde nasie is en ek se dat ons voorentoe sal boet vir ons dade. ons is nie meer n siuwer
VOLK nie

Hannah ·

Die Totius-beeld word verwyder om te keer dat dit beskadig word soos die Rhodes beeld. Die beeld sal opgerig word by die Totius-huis wat ‘n museum is. Dit sal beveilig word met ‘n heining, wat deur die PUK bevonds sal word. As dit nie Totius was en sulke geskiedkundige mense nie sou daar nie Universiteite gewees het nie maar agv swak opvoeding van sommige jongelinge op Universiteite sit ons met ‘n reeds stakende massa wat net nog swakker landsburgers gaan opvoed en ander beïnvloed en is dit al manier om ons geskiedenis te bewaar.

Chris van Heerden ·

Hulle moet aan neuk. Hulle gaan binne kort van hulle eie geskiedenis af weg hardloop. Die magtige anc is besig om n baie baie swak geskiedenis vir hulle self te skryf en of hulle dit wil weet of nie dit gaan in die boeke aangeteken word en ja hulle kinders gaan leer daarvan op skool.

Fanie ·

Bittergal- jou brief wys jou skuilnaam is ‘n goeie keuse. Help eerder werk aan oplossings as om bitter eenkant te sit.

Bittergal ·

Fanie jy weet ek dink ek roer die pot so n bietjie maar dit daar gelaat.Vir wat moet ons terug staan vir die klomp gemors,die helfde van hulle is nie eers studente nie.Maar af sal die standbeelde af.

H.O.P.O.P.H.O ·

Die “Afrikaner” se gode het hom nog nooit vantevore iets goeds in die sak gebring nie , Net die toorn van die Lewende God . Ons het in elk geval die koper nodig vir die telefoondraad wat hulle so steel . “..geen ander gode voor my aangesig………..” Wat van die Hertzog een in Bloem met die regte “stance” en Oom Paul ? Help Oom Paul ,Oom Paul ,Help Ons . Die hoee plekke word afgebreek en die gode word op die proef gestel . Hou dop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.