Totsiens, Aardklop

'n Vorige advertensie wat die kunstenaar Kobus Galloway (Idees vol Vrees) vir die fees ontwerp het

‘n Vorige advertensie wat die kunstenaar Kobus Galloway (Idees vol Vrees) vir die fees ontwerp het

Die Aardklop Nasionale Kunstefees, wat sedert 1998 in Potchefstroom aangebied word, word met onmiddellike effek in die huidige formaat gestaak.

Die direksie van Aardklop het Woensdagaand dié aankondiging gemaak. Volgens ʼn verklaring sal die Aardklop Stigting voortaan fokus op “nuwe, innoverende modelle om te verseker dat die uitvoerende kunste wel suksesvol bevorder en ondersteun word”.

“Die fees het ’n ongelooflike bydrae gelewer om die uitvoerende kunste te bevorder, maar dit is nodig om binne die kunstebedryf dinamies en innoverend te werk te gaan,” het adv. Louise Barretto, voorsitter van Aardklop en die Aardklop Stigting, gesê. “Die vraag ontstaan of ’n fees, wat vir die afgelope 18 jaar aangebied is, binne die hedendaagse milieu die mees geskikte werktuig is om die kunste te ondersteun.”

Barretto het gesê in ’n bedryf waarin daar tans byna uitsluitlik deur feeste ondersteuning vir die uitvoerende kunste gebied word, het die Aardklop-direksie tot die besef gekom dat dit noodsaaklik is om te innoveer. “Daar word gekyk na die ontwikkeling van nuwe inisiatiewe wat ’n dinamiese bydrae kan lewer tot die behoud, ontwikkeling en ondersteuning van die uitvoerende kunste. Gehalte sal steeds ons maatstaf bly,” het sy gesê.

Barretto het namens die direksie al die feesgangers, kunstenaars, borge en ander vriende van Aardklop bedank wat dit sedert sy ontstaan geesdriftig ondersteun en bygewoon het.

Andries Vrey, uitvoerende hoof van die fees, het Potchefstroom bedank vir sy vennootskap die afgelope 18 jaar. “Danksy die legendariese gasvryheid van ons gasheergemeenskap het mense jaar na jaar na Aardklop gestroom om in dié vriendelike stad fees te vier,” het Vrey gesê.

Clover, wat in 2011 as naamborg aan boord gekom het, het ook besluit om hul borgskap voort te sit. “Dit is ʼn bewys van Clover se toewyding tot die plaaslike kunstebedryf dat hulle hierdie opwindende nuwe pad saam met ons gaan stap,” het Vrey bygevoeg.

Volgens Vrey sal daar binnekort inligting oor die nuwe model en inisiatiewe bekend gemaak word, wat reeds vanjaar sal afskop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Chris W ·

My geld is vir my beter in my eie sak!Ek is nie gepla wat met aardklop gebeur nie.Was nooit daar nie en sal nooit gaan nie al “verander” hulle hom hoe.

amelia ·

Ek bly in potchefstroom aardkloo was lekker die eerste paar jaar maar dis nou so duur dat ons al vir 4 jaar nie meer gaan nie. Vandat die venue geskuif het, het ons nie eers meer die aardklop gevoel nie.

Prof ·

Kan nie saam stem nie. Die laaste 3 jaar was die beste òoit vir ons gesin. Alles het net beter by die jool terrein gewerk. Die fees sal ‘n groot gaping in ona jaar los. Altyd baie daarna uitgesien.

leeann ·

Teveel politiek begin inbring!!!!!!!!! Het laasjaar algese die fees is meer politiek as fees

Andre Jansen ·

Selfde het met Klerksdorp Straat Fees gebeur. Wou dit meer vernuwe sodat ‘almal’ welkom voel. Nou is dit een massa aangeplakte JAZZ konsert met elke 3de stalletjie wat dieselfde plastiek ‘made in china’ se gemors aanbied. Met AARDKLOP wat nou aanpas by die massa druk- verloor ons Afrikaans sprekende (alle kleure) nog n stukkie iets van ons taal. Ek wonder hoeveel finansieel inspuiting POTCHEFSTROOM hierdeur gaan verloor. Want glo my, die mark wat julle nou teiken, spandeer nie geld nie, – hulle daag in duisende op, suip, jazz en verniel alles tot dit wat hulle gewoond is aan. Ek persoonlik het tot R5000 by Aardklop spandeer per jaar, self’s meer. Ek glo my dronk Jazz plaasvervanger sal nie 10% daarvan uitgee nie. Sterkte met julle sinkende skip

Mari Bezuidenhout ·

Kon dit nie beter gestel het nie.

Nog n teleurgestelde Aardklop aanhanger.

yvonne ·

Die eeste jaar prag maar daarna het aardklop verander in n groot SUIP aksie !!! Ek hou my geld veilig in my sak !!!!!!

Liewe Heksie ·

Afrikaners is plesierig dit kan julle glo Hulle hou van partytjie HAHAHAHAHAHAHA

THEA SWART ·

gelukkig was ek nog nooit daar nie – dieselfde gebeur by die PTA skou was baie baie baie jare terug iets om na uit te sien en het elke jaar gegaan maar die afgelope 10 jr na die naamsverandering het alles binne ook verander dit is vandag ook ‘n sinkende skip

Wat-ek-lees ·

Onthou julle? Lank lank gelede was daar ook ‘n Aartappelfees op Bethal. Die fees was toe té wit en is stopgesit. Ek glo dat die destydse aanbieders wou nie transformeer en die ‘ander’ kon dit nie verder organiseer. Tipies van die stuurman aan wal.

Rina Gremels ·

Ai, ek onthou ook die Aartappelfees op Bethal. Het altyd van Pretoria af soontoe gegaan….het op ‘n plaas tussen Bethal en Trichardt groot geword.

Mick ·

KKNK is volgende. Op hierdie stadium in elk geval ‘n miernes van dwelmsmouse in Oudtshoorn wat goed sake doen met die “verligtes”. Die familie atmosfeer het lankal in die slag gebly. Que Sera.

Pieter van der Merwe ·

Nee, wat KKNK is heel veilig. In teendeel dit ‘n hele nuwe baadjie aangetrek en gaan vanjaar GROOTER as ooit wees.

Karel ·

Aardklop het geldgierig agterbakse kuns begin raak. Die eerste vyf jaar was op sy beste, toe daar net handgemaakte en eg suid afrikaanse produkte verkoop was met die oorgroote meerderheid van Potchefstroom se eie mense ,saam met die kuns opvoerings. Toe begin die geld wolwe die potensiaal raak sien en alles word toe duurder. Die SAB word n groot borg met hulle drank en die straate voor die winkels en die kunste fees ontaard in n drinkfees vir dronk kinders en nogmaals dronk kinders….. en nou is dit n politieke inmengings fees.

anna ·

Nog ‘n lot patete. Rugraatloos ens. Julle is julle eie grootste vyand!!!
Have a nice live!!

Sarel Strydom ·

“Inoverend”???? Is dit nou die nuwe woord vir ” Transformasie”

senet ·

Dit sal eerste en laaste wees van die “nuwe inoverende fees”. Jul gaan op harde manier leer!!!

Elsje ·

Hulle het niks en hul haat dit dat ons iets het. Ons het kultuur en liefde vir ons land, hulle het niks. Is daar nie iewers ‘n ou plekkie waarheen hul ons kan “verplaas’, waar ons vir ons kinders n lewe kan bou.? O wag sodra ons hierdie plekkie mooi opgebou het sal hulle dit mahala wil he want hul is so bederf nes ‘n stout kind.

Pieter.v ·

ORANIA,As mense honderde myle agter feeste aan ry, hoekom nie Orania gebruik om die grootste fees te reel wat die land nog gesien het ,

Josua ·

Plaas julle konsentreer om die Jaz Fees by die dam gestop te kry wat elke oujaars aand daar aangebied word, dit was vroer jare een van die lekkerste plekke om te gaan kamp, boot te ry en vis te vang, mense sal nie glo hoe die plek na so ‘n fees die volgende dag lyk nie, gebreekte, en lee bottels, papier ens lê die hele wereld verstrooit so erg dat die gebied waar die fees aangebied was soos n eiskaats baan lyk van al die bottels hoe die mense tussen dit rond beweeg slaan my dronk. Dit vat die organiseerders +-3dae net om alles skoon te en op te ruim, die ablusie blokke wat so ‘n rukkie terug opgegradeer was word van vooraf verwoes. Die beste van als is dat die fees op die grasperke aangebied word waar kinders rond hardloop en speel as hulle die oord besoek as dag besoekers of selfs daar wil gaan kamp. Nou stop hulle aardklop, dit het nooit enige skade aan geboue, gebiede of selfs teryn veroorsaak nie maar duidelik kan jy nie dieselfde sê van die Jaz fees nie!!! Waarom so n mooi plek verniel terwyl dit soveel geleentheid bied vir n heerlike wegbreek en fakansie???

Kunskatjie ·

Ek is sommer baie hartseer. Ek is van Potch en was baie lief vir Aardklop. Dit breek ny hart.

Anoniem ·

Pateties om agter die woorde “inoverend” te skuil. Soos tereg gese word, ek spandeer ook liewer my geld elders. Gaan soek solank befondsing vir “damage control” by die “previous disadvantages”.

Ruby ·

Ons het die Aardklop regtig baie geniet, dit het wel bietjie duur geraak.

Ek dink daar gebeur baie meer agter die ystergordyn waarvan daar nie melding gemaak word nie. Die massas was seker jaloers dat hulle soveel toegangs fooie moes betaal, en dat hulle nie so ‘n winsgewinde fees kon opbou sonder dat daar gesteel word nie.

Bennie Scheepers ·

Die bestuur van Aardklop hanteer die situasie nou presies soos die Pers-gesig-storie in Stellenbosch!!! Julle is slapgat en pateties. SOLIDARITEIT RED AARDKLOP!!!!!!!!!

Teleurgesteld ·

Hoe teleurstellend. Ons bly in Potch en het Aardklop so geniet die laaste 2 jaar. Familie en vriende wou van ver af kom die jaar, almal reeds hulle jaar so beplan. Ek dink dis baie swak om dit sommer so te stop. Sê dan dat hierdie jaar die laaste is, en dit van volgende jaar af gaan verander. Maar om dit sommer net so met onmiddelike effek te stop, ag nee. En die mooi stories van nuwe inoverende maniere, ek glo dit geen oomblik nie. Dis of geld, of polities gedrewe, of albei.
Ons Aardklop spaargeld sal nou maar ‘n vakansie betaal of iets anders.

Jannie ·

Dit gaan oor die poitiek en AFRIKAANS en nie oor enige ander rede nie. Julle moet dalk wakker skrik want julle skrik vir die politiek.

Dee ·

Dit sal wonderlik wees as daar blanke boikot is met onmiddelike effek.

alida ·

Hoekom altyd ‘n mooi woord soek as iets moet verander. Aardklop se bestuur moet erken dat hulle bang is vir die EFF wat moleste gaan maak. As almal banggatte is sal ons nerens kom nie.

Sarie ·

Kom ons begin ‘n nuwe fees in Orania. Dis in die middel van die land. Laat Afriforum help om te organiseer.

EMK ·

Die fees het vir my die karakter verloor nadat die feesterrein geskuif het en so vrekduur geword het dat mens net nie wil gaan nie. Eeers was dit heerlik om oral stalletjies in die strate te hê en as mens gou ietsie te ete wil hê hoef jy nie ver te stap nie. Nou kos die ingangsgeld meer as jou happie en dalk wou jy net ‘n happie gaan kry maar moet belaglike bedrae betaal. Wat ek wel verpes het voorheen is die biertent waar studente die dag sit en om drink het en raas en doen – party ouers moet baie geld hê om hul kinders so te kan voorsien! Maar ja, ek sal maar eers die aap uit die boom bekyk voor ek sommer net die “nuwe” fees kritiseer.

HEVW ·

Julle kan die fees op Orania beplan, maar los net die bandeloosheid en gesuip by die huise. Dit is tog by alles goed dat die euwel soos sommige kommentare voorgee homself dan uitroei. Dink maar weer aan die woorde van n wysheer:” Die volk wil sterf, laat hom sterf.”

david ras ·

Dit moet baie duidelik wees dat die “AFRIKAANSE ” kleed van respektabelheid nou heeltemal vol gate is. As mens so na die kommentare kyk, is dit ook duidelik dat al hierdie semantiese gimnastiek soos” innoverend” nie meer slag nie, want almal weet dat dit net die groot t-woord, Transformasie, beteken
Mense word nie meer so maklik gebluf nie.

KKNK, INNIBOS en diesulkes wat eintlik maar net deel was van die “gerusstelling” van Afrikaners het ook nou teenspoed gekry namate Afrikaans op alle gebiede aangeval word.

Die eerste simptome hiervan was die politieke stuipe aanvalle wat INNIBOS se organiseerders gekry het toe Steve Hofmeyr 40 000 Afrikaners Die Stem laat sing het in Nelspruit.
Toe volg KKNK—verban Vir Steve, want saam met Steve kom Die Stem ! Wat sal die ANC dan van ons dink ?
Ek sit en luister na ‘n CD hoe 60 000 Walliesers op Cardiff Arms Park hulle volkslied—kom ons noem dit Vaderlands lied–sing Met soveel passie dat mens trane in jou oe kry–Land of our Fathers, in Wallies, so knap onder die neus van die Engelse wat nog baasspeel.
Nou , hoekom geagte INNIBOS en KKNK, as 60 000 Walliesers hulle lied kan sing, hoekom kan 40 000 Afrikanertjies nie hulle lied ook sing nie ?
Dis insidente soos hierdie wat vir julle die eindfluitjie blaas
Julle wil Afrikaans bevorder, so beweer julle, maar julle moet eers die siel van Afrikaans ontdek

Cronette Nel ·

Ek het dit al voorspel toe hul die venue geskuif het en n onmenslike bedrag by die hekke begin vra het. Waarom verander aan iets wat werk?? Aardklop die laaste paar jaar was niks anders as n Landbouskou daar op die vlaktes. Ek nooi jul almal uit om te kom kyk hoe lyk die kunstefees hier in Bfn!

EMK ·

@Cronette Nel – dis te KOUD man! Maak dit in die lente of laatherfs, somers te warm in Bloem, winters te koud

BB ·

Die groot fout was om Aardklop na die nuwe terrrein te skuif. Die gesellige atmosfeer en kuier op die vorige terrein het onmiddellik verlore gegaan. Ek is jammer vir Potch (wat baie inkomste gaan kwyt wees) en ons Afrikaanses hier in die Noorde wat so ‘n uitstaande kunstefees en jaarlikse bymekaarkom verloor. Ek weet nie wat “innoverend” beteken nie, maar dit klink nie goed nie. Die skielike besluit sonder verdere dadelike verduidelikings en redes is ook verdag.

Claudia ·

So buig en knak nog onder die druk om AFRIKAANS uit te roei. Kan nie wag om te sien hoe lyk die “NUWE” model nie. Kan maar net wonder vir wie en wat dit gaan “cater”

Donovan ·

Aardklop is deel van ons kultuur… is daar nie iemand met n plaas in daardie omgewing wat die regte wil oorkoop by die organiseerders en dit voortsit op private grond nie… daardeur hou n mens daardie “made in China en Pakistan” uit en ons kan weer soos ouds goeie waarde vir geld kry… Ek weet ook nie hoekom n mens na die huidige bestuur die regte moet koop nie, want hulle stel regtig nie belang verder in ons geld nie… ek reken ons moet maak soos die res van ons land en net die naam VAT en dat dit voortleef op private grond waar daar beheer toe gepas kan word wat daar aan gaan… Daardeur kan jy besluit wie betree die grond en wie nie…
Die huisdige bestuur kan dan hulle fees die Khlokwe fees noem…

Pieter ·

Die Kragdag naby Kleinfontein is in die veld en word goed ondersteun
As daar ‘n plaas beskikbaar gestel kan word wat maklik toegangklik is met water kan die “kragdag” verskaffers die sonkrag voorsien en die innoveerders, rioolsuiwerings pakkette voorsien. As die die program ‘n sterk Christelike komponent insluit, sal dit baie “andersdenkendes” ontmoedig. Ek glo die Potch mense beskik oor die durf en deursetting en doelgerigdheid om ‘n nuwe beter fees te skep deur hulle mense vir hulle mense.

hans ·

Stem saam met al ander skrywers dat die fees se Afrikaanse karakter die eintlike rede is vir die afskaffing. Aardklop bestuur moet maatskappy ontbind en onder nuwe naam voortgaan.

Linda ·

‘n Besondere fees…die Boertjie Kontreifees in die hartjie van die Vrystaat het na 10 jaar gestop en ons gaan liefs nie die werklike redes noem nie. Die fees het almal gehuisves… Sterkte vir Aardklop se organiseerders asook al die ander feeste.

Otto ·

Wys jou hoe ons afrikaners net sal omrol en ons taal en ons kultuur sal opgee agv hierdie “skuldgevoel” wat lyk my nooit gaan verdwyn nie. Het net trots gehad toe als goed gegaan het maar sodra dinge moelik raak dan gee oms als op met n glimlag.

WaasHy ·

Klop…klop…waas Steve…nou’t hy die fees en julle die eier op die gesig.

WekRoep ·

Moenie ‘n rat voor die oe gedraai word nie.
Dis alles deel van die groter proses soos dit omvou om ons, wees bedag vir trojaans se perde binne ons geledere,
Die direksie se verklaring wat ek kon opspoor is net in Engels?
Is dit nie vreemd nie. Dit is moes ‘n Afrikaanse fees?

Sune van Heerden ·

Dagsê WekRoep

Maroela Media kan bevestig ons het ‘n Afrikaanse persverklaring van die direksie van Aardklop ontvang.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Ben Prinsloo. ·

Daar sien nog n Afrikaner fees sy dinges as gevolg van …………….Regstellende Aksie natuurlik.

Koos ·

Die bestuur van Aardklop laat my dink aan die woorde “joiners en hensoppers”

HDVBF ·

Aardklop was een van die hoogte punt van die jaar vir ons hier in Potch. Familie en vriende kon nie wag om die program te kry om plek te bespreek vir die opvoerings, die sangers, daai kuier ens ens dit was omtrent ‘n missie gewees maar dit WAS lekker. Het soms vakansie om Aardklop beplan net om nie Aardklop te mis nie. Nou hoef ons dit gelukkig nie meer te doen nie.
Vaarwel Aardklop.
Hello Transformasie

nig ·

Jinne ek dink party gaan haal regtig die bobbejaan agter die bult. Gee hul die voordeel van die twyfel en laat ons eers sien wat gaan gebeur voor ons ons broodnodige geld aan die kunste wil onttrek. Nee wat mense, laat ons eers kyk wat gebeur, onthou die kunste het ons nodig!

Ansie Geldenhuys ·

Verskeie feeste al bygewoon. Het Aardklop geniet. Verskeie redes het ons verlede jaar nie laat gaan nie en ons is tog spyt. Het ons maar geweet! In elk geval is dit nou mos maar doen. Staan terug en maak plek vir die meerderheid.

Niel ·

Ek sal graag net wil verstaan op watter manier ek ‘n produksie soos Die huis van Bernarda Alba te siene sal kry? KKNK en Woordfees word binne 400km van mekaar aangebied. Watter opsies is daar dan vir die res van ons?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.