Township reël eie sekuriteit om polisiewerk te doen

Deur Bernard Chiguvare, GroundUP

“As gemeenskap het ons besluit om die polisie te help om misdaad te verminder. Ons moet dit stap vir stap doen, van een township na die volgende. Ons moet buurtwagte in elke township stig wat as veiligheidswagte werk.”

Só het Alpheus Mamafa, ʼn gemeenskapsleier van dié dorp in Limpopo, gesê oor die gemeenskap se poging om misdaad in hul gebied te help hokslaan.

“Sedert ons eie wagte met patrollies begin het, het ons van geen inbrake snags gehoor nie. Ons is baie in ons noppies met die vordering,” het Mamafa gesê.

Die stigting van ʼn buurtwag begin met ʼn oproep by ʼn gemeenskapsvergadering waar mense op ʼn vrywilligersgrondslag aanbied om veiligheidswagte te wees. Die gemeenskap gaan die name op dié lys na, keur dit goed en hulle word dan by Mahosi Protection Services geregistreer.

Talle ondernemings in Musina word deur dié maatskappy beveilig. Dis genoem na die eienaar, Mahosi Nelwamondo.

Township-inwoners dra elk R150 per maand by en wagte word R2 000 per maand betaal. Huishoudings wat aan die projek deelneem, word met ʼn plakker geïdentifiseer.

Mahosi-buurtwagte is in Februarie in Mushongo-Ville bekend gestel en in September in Nancefield. Elke township kry een aangewese voertuig en 14 veiligheidswagte. Hulle dra glimbaadjies en van Maandag tot Vrydag patrolleer hulle ʼn gebied van 22:00 tot 06:00. Oor naweke patrolleer hulle van 23:00 tot 05:00. Een lid van elke groep is gewapen.

“Mense in ons gebied was moeg daarvoor om sake by die polisie aan te meld, omdat die polisie nie veel kon doen om misdaad hier te bekamp nie. Noudat die wagte snags patrollies doen, het misdaad beduidend gedaal. Ons is baie tevrede met die diens wat hulle lewer,” het Sinah Masebe, wat in Mushongo-Ville woon, gesê.

Haar motorbattery is onlangs gesteel. Sy het een van die wagte, wat nie eens aan diens was nie, daaroor ingelig en binne ure is die vermeende dief gevang en aan die polisie oorhandig.

Delina Mumba, ʼn 80-jarige inwoner van Nancefield, sê sy mis die dae dat mense veilig in hul huise kon slaap.

Sy verkoop tamaties en vrugte by ʼn klein kraampie langs die pad. Op ʼn baie goeie dag verdien sy sowat R250 – maar sy gee steeds elke maand haar bydrae aan die buurtwag.

Nany Moyo is ʼn haarkapper wat van die huis af werk. “Ek verdien nagenoeg R3 000 per maand.”

Sy dra R50 by, die huiseienaar nóg R50 en haar huismaat betaal die laaste R50 van die R150-paaiement.

Wagte reageer nie op klagtes by huise wat nié ʼn plakker het nie.

Die bevelvoerder van die Musina-polisiestasie, kol. Mmboneni Simon Mukwevho, het gesê misdaad in die gebied het wél gedaal sedert die buurtwag op die been gebring is.

  • Dié berig is oorspronklik deur GroundUP geplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Dries Bý ·

Ai ai back to the hard method if you dont want to listen you will get hammerd ,forget the police they will only come when every thing is done.

KrokodilBotha ·

Mense in townships moet nou al die vrot polisie se werk doen. Hoop hulle sort die kroeks goed uit, want die howe is ook nie flink nie.

INA ·

Ek is bly dat mense op àlle vlakke vd samelewing nou besef dat dit belangrik is om tenminste gedeeltelik verantwoorde-likheid te neem vir hul eie veiligheid.
Dit sal ook bàie help as mense buite hul huise, na mekaar se belange sal omsien…

Eish ·

Welgedaan vir die gemeenskap. Die regering kan gerus bydrae maak sodat die wagte behoorlik betaal word. Minimum loon?

Petrus Heigers ·

Ek wonder net hoe kom hulle by ou cile se ontwapenings beleid verby. Of is dit net weer ‘n geval dat blykbaar slegs ‘n sekere deel van die bevolking wapens mag besit . Ek sal moet oorweeg om na ‘n township te trek- dis veiliger

skurweberg ·

Ongelukkig is daar ook ‘n ander kant van die saak. Moenie informante aanstel wat presies die bewegings van inwoners monitor en dit na buite kommunikeer nie. Dit gebeur daagliks. Nie eers sekerheidsklaring van werknemers help vandag meer nie. Die ouens daar buite betaal ‘n paar rand meer en so gaan die hele goedbedoelde poging en edele motiewe tot niet

Riaan ·

Hoekom kry die polisie n salaris. As die gemeenskap hulle self moet beveilig,dan is daar mos nie n doel hoekom die polisie daar is nie.
Doen julle verdomde werk of bedank!!

Chrisjan ·

“… omdat die polisie nie veel kon doen om misdaad hier te bekamp nie.”

Hierdie woorde sê eintlik alles!

Magdalena ·

Want die polisie in Musina is bloot te sleg om hulle werk te doen. Hulle antwoord nie eers altyd die foon nie, en gebruik gewoonlik die verskoning dat hulle nie ñ voertuig beskikbaar het nie. Ek weet…..ek het hulle nodig gehad, en dit is wat gebeur het. Hoekom word hulle ñ salaris betaal as die gemeenskap hul werk moet doen. Pateties!

Hagar ·

En sonder dat Afri Forum eers betrokke moes raak. En wie moet hieruit n les leer.

Zoom Zoom ·

CR en van Sy kabinet Minister het dan aan die buiteland erken dat SA het geen moord en roof in ons land
So die mense mors nou hulle geld en volgende jaar as ons gaan stem gaan hulle maar weer vir die ANC stem

Antoinette ·

Vandat ons plakkerskamp by ons buurtwag aangesluit het misdaad afgeneem

sweis ·

Baie goeie nuus vir die gemeenskap en die sleg polisie wat nie hulle werk doen nie moet gejaag word ,belasting geld rowers.

Scalla ·

Bedrae/bydraes tot beveiliging moet as aftrekking by SARS kwalifiseer aangesien SAPD nie in staat is om te kan doen nie en salaris word betaal deur belasting betalers.

Skraffie ·

Seker is R2000 per maand onder die minimum loon vir die sekuriteits bedryf ?Die wet word ook net toegepas soos dit hulle pas.

TicTock ·

Skraffie – is jy nou simpel? As jy voorheen geen werk gehad het nie, is elke sent kosbaar. Dis belaglike kommentaar soos joune wat UNIONS hulle krag gee. Minder mense werk, maar sjoe dis okay solank as die wat werk a minimum wage kry.

TicTock ·

Ek wonder nou net.. As die buurtwag hier in Tableview, Weskus – Kaapstad hande vat met mense van De Doorns kan ons hulle help om hulself te beveilig en huisdiefstal in Tableview te verminder. Verskoon asb. enige taalfoute – ek is ‘n Engelse Afrikaner. Te lank weg van die plaas.

Mike ·

Beter as wat die blankes dit kan doen hulle kan net onder mekaar baklei en klae op facbook

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.