Toyota en die Woordfees ry saam die toekoms in

Lettie Labuschagne, hoofbestuurder van bemarkingskommunikasie by Toyota Suid-Afrika Motors (TSAM), het die aankondiging namens Toyota gemaak.

Die US Woordfees sal voortaan as die Toyota US Woordfees bekendstaan. Dié aankondiging is gisteraand onder luide applous by die 2019 Woordtrofee-toekennings gemaak, wat by die Overgaauw-landgoed buite Stellenbosch aangebied is.

Die motorvervaardigingsreus het die mede-naamborgregte vir die volgende drie jaar bekom.

Toyota neem met hierdie massiewe inspuiting in een van die land se grootste kuns- en kultuurgebeurtenisse ook leiding op die gebied van kuns en kultuur.

Lettie Labuschagne, hoofbestuurder van bemarkingskommunikasie by Toyota Suid-Afrika Motors (TSAM), sê: “Toyota is nog altyd sedert die maatskappy destyds deur dr. AJJ Wessels gestig is, nou betrokke by projekte op die gebied van korporatiewe sosiale verantwoordelikheid (CSR), wat wissel van onderriginisiatiewe by skole en universiteite tot kuns-en-kultuur-byeenkomste.”

Sy het gesê dié vennootskap is baie spesiaal vir Toyota, aangesien dit die maatskappy in staat stel om ’n selfs nog groter rol in die ontwikkeling en erkenning van kuns en kultuur in die samelewing te speel. “Ons neem ons bydrae tot die gemeenskap tot ʼn heel nuwe vlak. Daarbenewens is dit vir ons ook ’n groot geleentheid om in te skakel by die kreatiewe energie van die fees wat ’n so uitgebreide gehoor as moontlik bedien.

“Om ’n integrale deel van die Woordfees te wees, bied Toyota nie net die geleentheid om deel te wees van die tentoonstelling van die uiters ryk verskeidenheid van Suid-Afrika se kreatiewe kunste en kultuur nie, maar gee TSAM ook die geleentheid om voortdurend opkomende talent te koester deur hulle ’n baie visuele platform vir kreatiewe blootstelling te gee. Dit is bo alles ’n tien dag lange byeenkoms waar feesgangers hulle werklik kan geniet en ’n verskeidenheid opvoerings ‘onder een dak’ kan ervaar – ’n uiters opbouende ervaring.”

V.l.n.r. Fiona van Kerwel (WOW), Lettie Labuschagne (Toyota), Rudolf Gouws (voorsitter: US Woordfees-advieskomitee), Gwen Bezuidenhout (Toyota), Saartjie Botha (feesdirekteur: US Woordfees)

Dr. Leslie van Rooi, direkteur van sosiale impak en transformasie aan die Universiteit Stellenbosch, sê: “Die Woordfees staan vir artistieke uitnemendheid én die uitbou van groter begrip tussen gemeenskappe deur middel van die kunste. Toyota belê dus nie net in kuns en kultuur nie, maar ook in ’n projek wat sigself vir ’n vryer, meer inklusiewe samelewing beywer.”

Ná ’n suksesvolle 20ste Woordfees vanjaar met ’n styging in kaartjieverkope van ongeveer 10%, was die toetrede van Toyota die kersie op die verjaardagkoek, meen Saartjie Botha, direkteur van die US Woordfees. Sy is baie opgewonde oor hierdie nuwe vennootskap met ’n handelsmerk wat Suid-Afrikaners ikonies beskou.

“Ons gehore is hartlik, weetgierig, oop vir ervaring en reg vir avontuur. Die fees is verbind om bydraes tot sosiale impak en gehoorontwikkeling, bestendiging van die kultuurbedryf en die uitbou van Afrikaans as kreatiewe en inklusiewe taal te maak – 75% van ons gehoor is immers Afrikaans. Met ’n borg soos Toyota aan boord het ons soveel meer moontlikhede,” het Botha gesê.

“Nes Toyota, wat voertuie vanaf intreevlak tot luuks in hul stal het, is die Woordfees ’n fees vir almal wat oor tien dae ’n groot verskeidenheid aanbied – van boekgesprekke, toneel en klassieke musiek tot stand-up-komedie, kinderteater, leefstylgeleenthede, ’n filmfees en ’n groot aanbod van kontemporêre musiek.”

Die 2020 Toyota US Woordfees vind van 6 tot 15 Maart in Stellenbosch plaas. Die programbekendstelling is in November en kaartjies sal vanaf die middel van November 2019 beskikbaar wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Elize ·

Ag regtig. Ons sê baie baie dankie vir niks. Onttrek uit AIG om nou net op n ander plek te loop kruip.

Whahahaha ·

Soos die Ingelsman sê…too little too late. Soos die Afrikaanses sê: Benoude katte maak benoude spronge. Asof die groot Afrikaanse meerderheid omgee oor die pretensieuse Woordfees.

TN ·

Die korrekte gesegde is ; “‘n Bang kat maak benoude spronge ” . Toyota het my volle steun ; die nar SH neem nie hier deel nie !

Jan Nel ·

Ek neem aan Steve sal nie by die Woordfees mag optree nie?

Andreas ·

Verlang ek nou terug na braaivleis, sonskyn en Chevrolet.

LÍEWE GENADE,TOG! ·

En Andreas,borg chevrolet enige afrikaanse musiekfees of produkdie waarvan jý weet?

Eunice ·

EK OOK,KALLA en gaan dit met trots ry, want dis die ENIGSTE SA motorhandelaar wat hand ini sak steek vir AFR!

Boet Fasie ·

Al die taxi eienaars kan tog nie verkeerd wees om Toyota te koop nie, is ‘n wonder Toyota borg nie sokker nie

Aleta Corbett ·

Baie geluk aan US Woordfees en Toyota! Waarom is mense so swartgallig oor die verbintenis? Wees meer positief, dis wat SAfrikaners behoort te doen!!

Koos de Meyer. ·

Net tot iemand weer opstaan vir Afrikaans dan onttrek hulle weer hulle borgskap. Once bitten twice shy. Jammer nie Toyota vir my nie. Trots Afrikaans.

GRIET ·

Welllll….ou Koos…ék sien nounouGEEN ook GÉÉN ÁNDER SA motorhandelaars, buiten Toyota, wat hul geld sit op Afrikaanse musiekfeeste of vir bevordering van Afrikaans nie??

Gertryda ·

Pasop Toyota, Steve skryf ook . Netnou word hy ook genooi, dan sien jy hoe jy jul Hiluxe uit Stellenbosch. Foeitog dat ou Steve almal so die hoenders in jaag

Mariaan ·

Ai, om darem polities korrek te moet wees en dan die mense wat jou help opbou en gedra het vir 40, 50 jaar te moet gelukkig hou is maar ‘n tameletjie. Né Toyota?

Hans ·

Waarom die Woordfees by Stellenbosch aanbied-die universiteit se optrede teen Afrikaans spreek boekdele maar die optrede is vir Toyota aanvaarbaar

Sanet ·

NOU WAAR IS FORD,NISSAN EN VOLKSWAGEN DAN NOU,OM ÓÓK ÍETS TE BORG VIR AFRIKAANS, WONDER EK??? ?

Juanita van der Merwe ·

Asseblief nie nissan nie, daar staan drie op my werf waarvan ek regtig nie ontslae wil raak nie!!!!

Stoffel ·

General Motors wat Chevs vervaardig het die lig gesien en die land verlaat.

Lina Smit ·

Kyk hoe wit is die bestuur van die woordfees en die twee van toyota….. Oor n jaar die toyota dit raak en is dit ook nie meer reg nie

André ·

Maar TOYOTA is tog sekerlik, nie die ENIGSTE MOTORHANDELAAR IN SA wat hoegenaamd hul GELD durf uithaal, om AFRIKAANS te bevorder nie,of mis ek nou iets…?
Waar is ons ÁNDER motorhandelaars dan NOU om ons AFRIKAANSE TAAL EN MUSIEKFEESTE te borg,hmmm…?
Ek sien ABSOLUUT NIKS, NIKS van Ford,Nissan,Volkswagen,
Mercedes,Chevrolet en Japaners nie??

@André ·

Toyota is Japanees. Het net fabrieke dwarsoor die aardbol.

Arnu ·

Klaar my Fortuner verkoop sal ook nie weer in my lewe Toyota koop nie!

Karel ·

Dis beter om glad niks te borg nie, as om iets te borg en dan te onttrek.
Laat jou ja ja wees, en jou nee nee.

Sê maar net ·

Jou geld, is jou geld en jy kan daarmee maak net wat jy WÍL

Sanet ·

Almal blaf en knor vir toyota,terwyl ánder fabrikate nog NOOOOOOÍT Ñ SENT vir afrikaans gegee of geborg het nie…!
WAAAR IS NISSAN, FORD, MERC, CHEVROLET EN VOLKSWAGEN MUSIEKBORGE VIR AFRIKAANS???

Antjie ·

Maar US is mos net engels!. Afrikaans is mos taboe. Hoekom n afrikaanse woordfees daar hou as ons kinders glad nie meer hul taal daar kan praat nie?

BM ·

Dis reg Antjie. Sê hulle! Toyota waai ook nou saam met die nuwe winde van US.

Jan pierewiet ·

Ek het nie woorde TOYOTA!
Miskien sal ons later woorde kry.

Theoman ·

Wonder wat sou Dr Albert Wessels stigter/ invoeder van Toyota SA en sy eerste vrou Elisabeth Eybers digter/skrywer gese het oor die ewe skielike ommeswaai om nou weer ons Afrikaners met n taalfees te paai deur n Universiteit wat Afrikaans by die venster uit gegooi het, om polities reg te wees maar n musiek fees in Afrikaans is skielik taboe.

Adam ·

Ek dink die verbintenis tusen twee kwaliteit produkte maak sin. Afrikaanse musiek daarenteen is meestal van so’n swak kwaliteit dat dit werklik nie enige borg tot voordeel kan strek nie.

HPV ·

Laat dit ‘n les wees vir ander motor vervaardigers. Borg niks dan word daar nie klippe gegooi nie. Indien ‘n instansie, sonder borge, nie self die mas kan opkom nie is dit net eenvoudig nie goed genoeg nie. Ons ondersteun Ford, Nissan, Mercedes, Hyundai en Jeep en gaan daarby bly.

SjN ·

Toyota is baie strategies, jare terug het hul die perd op die kenteken vervang, dit het vir sommige mense na werk gelyk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.