Toyota-fabriek in KZN onder water

Daar is altesaam 10 198 ligte kommersiële voertuie by dié fabriek gebou of gemonteer (Foto: Verskaf)

ʼn Fabriek van Toyota in Durban wat verlede maand meer as 10 000 ligte motorvoertuie gelewer het, is tans onder water weens die oorstromings wat sedert Maandag in KwaZulu-Natal voorkom.

Daar is altesaam 10 198 ligte kommersiële voertuie by die fabriek gebou of gemonteer.

Martlé Keyter, die Motorbedryf Personeelvereniging (Misa) se uitvoerende bedryfshoof, sê hierdie ramp kon nie die motorkleinhandelbedryf op ʼn slegter tyd getref het nie.

“Die bedryf was verlede week dankbaar toe verkope van nuwe voertuie deur ʼn drempel gebreek het wat laas in Oktober 2019 ervaar is, met meer as 50 000 verkope van nuwe voertuie. Plaaslike nuwe voertuigverkope het op 50 607 eenhede gestaan,” het Keyter bevestig.

verlede maand Die fabriek het verlede maand meer as 10 000 ligte motorvoertuie gelewer (Foto: Verskaf)

“Die motorkleinhandelbedryf kan nie meer afleggings bekostig nie, veral met die werkloosheidsyfer wat tans op 35,3% staan. Misa se meer as 53 000 lede is afhanklik van motorvoertuig- en komponentverkope, voertuigdienste en herstelwerk.”

Maroela Media het vroeër berig die buitengewone swaar reënval binne 24 uur het selfs die verwagtinge van die Suider-Afrikaanse meteorologiese gemeenskap oortref. Dele in KwaZulu-Natal het oornag meer as 300 mm reën gekry.

Teen Woensdagoggend het meer as 60 mense reeds in die oorstromings omgekom.

Nóg swaar reën word vir die naweek vir KwaZulu-Natal voorspel.

Pres. Cyril Ramaphosa sal Woensdag vloedgeteisterde dele in die provinsie besoek om ondersteuning aan die gemeenskappe wat deur die oorstromings geraak is, te bied en die reaksie van die regering en die burgerlike samelewing op hierdie kritieke situasie te evalueer.

Misa sê hy beoog ook om altesaam R90 700 te skenk aan die Gift of the Givers-stigting wat besig is om komberse en warm etes aan gemeenskappe – wat deur die oorstromings geraak is – te verskaf. Gift of the Givers is die grootste nie-regeringsorganisasie in Afrika wat noodlenigingswerk doen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Witbaard ·

Waar is daardie persoon wat gesê het dis nie n ramp nie.

Jaco ·

As besighede met wit eienaars getref word, is dit mos nie ‘n ramp nie. Dan is dit net terugkry vir apartheid. Ek wonder net, as daardie wit besighede nou swaarkry en van hulle swart werkers moet afdank, wat dan? Daardie swart werkloses is tog nie ook skuldig aan die misdaad van apartheid nie.

domheks ·

Wonder wat gaan Ramaphosa aanbied?? Kyk gou-gou na die privaat sektor om hulp te verleen, maar anc sal nie moue oprol nie.

JohanR ·

Ramaphosa sal volgende Maandag weer met “our people” gesels.

Perdeby ·

Dit is seker so, maar hy het ongelukkig nie beheer oor die weer nie. Toyota het versekering wat alles sal dek, maar die handelaars gaan nie so gelukkig wees nie, want hulle kan nie eis vir iets wat hulle nog nie het nie. Kry hulle jammer, want met geen stock kan die mense nie voertuie verkoop nie, so inkomste gaan ‘n probleem wees op tak vlak.

krodedil ·

Nou gaan daar baie Toyota’s wees wat op “Specials”.

Vonkprop ·

Ek dink nie dit is nodig om eers te dink daaraan om mense af te lê nie. Maatskappye kan maar gerus hulle miljarde surplus fondse gebruik om mense aan te hou betaal, maar maatskappye wil tog nie hulle winste snoei om mense te betaal nie. Wat hulle nie besef nie is dat sonder hulle werkers kan voertuie ook nie vinnig genoeg vervaardig word nie. Dit maak my siek as ek sien hoe maatskappye wins bo mense stel.

Perdeby ·

Toyota kan by sy versekering eis, maar wat dink jy gaan die handelaars doen wat die voorraad gaan he om te verkoop nie. Hoe dink jy gaan hulle salarisse, huur, W&L, telefone betaal as daar nie voertuie is om te verkoop nie. Die mense wat kommissie kry gaan nie ‘n salaris verdien nie, want jou basiese salaris betaal jou pensioen, mediesefonds en belasting. By die handelaars gaan daar beslis ‘n probleem wees wat personeel aan betref, en dit is uit Toyota SA se hande.

Eclectus ·

Maatskappye is nie die probleem nie, aandeelhouers is. Die wêreld sal ‘n beter plek wees sonder aandeelmarkte.

JohanR ·

Daai 10000 motors is nou US. ALLES het water in, en met tyd sal begin stink. 10000 motors praat ons seker van soe R3 500 000 000 of $240 000 000…..groot verlies

Swerwer ·

Ai tog, voel jammer vir die persone wat skade ly agv die vloede. Wonder wie gaan die skuld kry want met die droogte was die damme te groot gebou in apartheid en nou lyk dit is die damme te klein in die Nuwe Suid Afrika. Bly maar ‘n konsternasie van eerste waters.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.