Toyota, Media24 sê oor AIG

afrikaans-is-groot-2018-pretoria-steve-hofmeyr

Steve Hofmeyr sing ‘Die Land’ saam met Jay du Plessis, Ruhan du Toit, Bok van Blerk en Bobby van Jaarsveld by Afrikaans is Groot 2018 in Pretoria. Foto: Afrikaans is Groot/Instagram.

Toyota Suid-Afrika het aangekondig dat hy ook sy borgskap van Afrikaans is Groot (AIG) gaan beëindig.

Volgens Toyota Suid-Afrika het hy en die bestuur van AIG “onderling en op vriendskaplike wyse” ooreengekom om die borgskapverbintenis teen einde Maart te beëindig.

“Beide partye het hul kontraktuele verpligtinge sedert Maart 2015 nagekom. Die borgskap was wedersyds voordelig vir beide partye.”

Toyota Suid-Afrika het gesê hy is ten volle verbind tot die bevordering van kuns en kultuur en sal voortgaan met borgskappe van musiek en kulturele byeenkomste en gebeurtenisse.

“As uitgangspunt moet bevordering van diversiteit en samehorigheid van ons land se mense die kern wees. Toyota Suid-Afrika bly verbind tot die sosio-ekonomiese ontwikkeling van ʼn vredevolle en harmonieuse Suid Afrika.”

Media24 het intussen ook aangekondig dat Via, Netwerk24, Huisgenoot en Beeld nie by die nuwe seisoen van AIG betrokke sal wees nie. “Sedert die stigting van AIG was verskillende titels uit ons stal op verskillende tye op verskillende maniere betrokke. Goeie betrekkinge word steeds met Coleske Artists gehandhaaf en betrokkenheid by van hul produksies sal steeds deur albei partye oorweeg word.”

Van links is Demi Lee Moore, Steve Hofmeyr, Barry Pretorius, vervaardiger en regisseur van AIG, Ernst Vorster, hoof van kommunikasie vir Helpende Hand, Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, en Karlien van Jaarsveld by die mediakonferensie Dinsdag in Centurion. (Foto: Janie Monsieur)

Media24 het gesê sy titels bly op die voorpunt van verslaggewing en nuusdekking oor Afrikaanse musiek, kunstenaars en ʼn verskeidenheid van projekte, wat AIG insluit. “Voorts gee ons steeds dekking en sterk ondersteuning aan ons kreatiewe Afrikaanse skeppers wat kunstefeeste en projekte soos Aardklop, die Stellenbosch Woordfees en Optog insluit.”

Dit kom nadat AIG gister aangekondig het dat die hoofborg van AIG vanjaar die publiek gaan wees. ’n Eksklusiewe vertoning, genaamd #JouAIG, word vir 28 November beplan waar 6 000 kaartjies teen R800 elk aangebied sal word. Elke kaartjie wat verkoop word, sal dien as ’n bydrae tot die bestaan van AIG en elke kaartjiehouer van dié konsert sal ’n hoofborg van die konsert wees.

MTN het onlangs aangekondig dat hy alle bande met die Afrikaans is Groot-handelsmerk verbreek het ná druk deur sosiale media op die maatskappy omdat die sanger Steve Hofmeyr by die konserte optree.

Pick n Pay en Landrover het in Maart 2015 ook hul borgskappe aan AIG onttrek. Dit het gevolg nadat Hofmeyr ʼn opskudding op sosiale media veroorsaak het nadat hy getwiet het: “Sorry to offend but in my books Blacks were the architects of Apartheid. Go figure.”

(Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Talle Twitter-gebruikers het Hofmeyr se borge en maatskappye wat geleenthede borg waar Hofmeyr betrokke is, op sosiale media gekap en gevra of hulle sy uitlatings goedkeur. Hofmeyr se twiet is onlangs weer wyd op sosiale media gedeel waarna MTN onttrek het.

Barry Pretorius, die vervaardiger van AIG, het Dinsdag gesê hulle het die afgelope tyd baie vrae ontvang oor of Hofmeyr nog by dié bekende konserte gaan optree.

“Mnr. Hofmeyr gaan nêrens heen nie, hy bly in Afrikaans is Groot, punt. Geen borg kan ons vertel wat ons mag doen nie. Elke liewe borg kan loop, en ons sal nog steeds hierdie ding laat werk, deur die publiek, deur júlle wat inkoop in die projek,” het Pretorius gesê.

Hofmeyr het gesê hy is bly dat hy terug gaan wees op die AIG-verhoog. “Dankie dat julle besluit het om my te hou. In ’n stadium het ek vrywillig aangebied om terug te tree. Ek het dit gedoen omdat ek nie daarvan hou om mense te verdeel nie en omdat ek nie daarvan hou om as ’n rassis uitgemaak te word nie,” het hy gesê.

Hofmeyr het gesê hy is jammer dat dinge wat hy gesê het, nie in daardie stadium reg geïnterpreteer is nie, en dat hy sy omstrede twiet van 2014 kan verdedig. “Hierdie inisiatief wys dat ons nie verlam word deur die narratiewe daar buite nie, ook nie deur geld nie. Ons harte is nog reg. Kultureel word ons primêr gedryf daardeur dat ons vir altyd hiermee wil aangaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

236 Kommentare

Nico ·

Soos met sanksies teen SA destyds, behoort AIG sterker hieruit te tree. Vryheid van spraak en denke is belangriker as die advertensiegeld wat borge betaal.

Frikkie Geld en huis ·

Die borge wat nou onttrek, kon ook nie veel bygedra het nie, want dit lyk of AIG gemaklik voortgaan sonder hulle. Toyota gaan hulself waarskynlik, soos Spur, in die voet skiet. MTN is nie veel werd as borg nie. Naspers noteer in Europa, maar los Netwerk 24 in SA om hier te sink. So, die lot beteken ook maar niks. Dis hoekom AIG hul so maklik ‘n toffie wys.

Deon ·

MTN se geld is op. Daar is nie meer geld om te borg nie. Dieselfde met CellC. Dit is maar net ‘n refleksie van SA se pap ekonomie.

Elvira ·

Ek stem saam. Moenie toelaat dat hierdie land se “people pleasers” julle onderkry nie. Malema mag se wat hy wil teen blankes maar bewaar ons siele as ons enige iets se oor hulle. Hulle is minderwaardig en dit staan soos n toring uit.

hendrik ·

Nico, tydens die apartheidsjare was alles en almal teen ons as gevolg van politiek, maar nou het ons geen politiek nie maar almal is nog altyd teen ons. Nou wonder ek of Toyota en die ander borge rerig n rede het om dit op te skort.

Dries ·

So sien ons wie staan almal om die pot wat aan die kook is en dit help stook.

adk ·

n Aanval op Afrikaans, Steve word maar net as verskoning gebruik. Presies wat die LUR wou gehad het. Verdeeldtheid tussen Afrikaners/ondersteuners. Media24 het nou n ander mark. Dié mark het sy doel gedien.

Hester ·

Presies! Interessant dat SH se tweet na soveel jare nou skielik ‘n probleem is… Duidelik het dit absoluut niks daarmee te doen nie

At ·

Media24 en hul kornuïte is beslis nie meer Afrikaans gewillig nie. Hul aanvalle (teen als wat vir die Afrikaner kosbaar is) word al hoe minder subtiel .

RN ·

Ek verstaan nou nog nie die opskuddig oor Steve se destydse tweet nie. Dit is heel uit verband geruk. Wonder wat sou hulle gedoen het as hy miskien iets gese het soos ‘kill the blacks..’??? Niemand onttrek hulle borge van Julius Malema se party en daai ander swart BLF ou nie, maar nou het die Afrikaner weereens bewys dat hulle sonder borge kan klaarkom. Ons Afrikaners sal mekaar ondersteun. Ek dink dit het ook tyd geword om vir Toyota SA te wys hoe harmonies Afrikaners kan wees en ophou om Toyota te koop. Daar is baie ander ewe goeie voertuie. Laat ons saamstaan teen hierdie verdrukking.

Steve Bo ·

RN en al die ander ek stem. Dit is alles polities. Hulle maak aanmerkings om ons dood te maak maar dit is ok! Ons sal en gaan AIG maak werk. Laat ons inkoop in AIG deur ‘n maandelikse bydrae soos met Afriforum en Solidariteit. Ek teken my debietorder dadelik.
Steve jy staan op vir wat jy en ons in glo.

Buite Stander ·

Rugby ondersteuners in die Vrystaat, hou ook op om die Toyota Cheetas te ondersteun. ‘n Leë stadion sal ‘n boodskap wees.

Mariné ·

Ja nee wragtig!! So ewe, “Toyota, die bakkie agter die boer.”
Toyota kan gaan vlieg.

JWC ·

At… Met die verwikkelinge rondom AIG het die Toyota deuntie verander na… Alles loop weg – altyd weg – Toyota

Wys jou net hoe ver daar gegaan sal word om die nuwe “RSA meesters” te dien…. maar ons het hulle nie nodig nie – met ons God, sal ons oor ‘n muur spring, soos Dawid van ouds gesê het…. so… HAMBA!!

@ At Dippenaar ·

Lyk nou eerder of dit –
Alles loop weg, altyd weg….van Toyota –
gaan word.

Gerhard Boer Seun ·

ALMAL LOOP WEG, VAN NOU AF ALTYD WEG VAN TOYOTA AF WEG !!!

phillip van dyk ·

Ek en my broer het order in vir twee double cabs en een fortuner. Raai wat order gekanselleer. Nee Toyota ek sal jul weer ondersteun as julle jammer sê.

Willem Grobler ·

Steve moet ‘n ontsettende gevaar vir hierdie maatskappye inhou!? Hulle vat ons geld maar hou nie van iemand wat ons nasionalisme en patriotisme so ‘n bietjie aanwakker nie!

Ekke ·

Nee hulle hou nie van iemand wat rassisme …en haat aanblaas nie

Gerhard Boer Seun ·

EKKE …….wil net vir jou se jy weet nie waarvan jy praat nie!!!
Steve het geensins Haat spraak geuiter nie …Dus stem jy saam dat AL die Borge na die EFF ANC en BLF se pype moet dans ???

Gerhard Boer Seun ·

Steve het nie Haat spraak geuiter nie gaan kry feite agtermekaar !!
So die wat swig voor die verskei instansies se druk om Afrikaans te onder druk maak die afrikaans sprekende net nog sterker om n Afrikaans is GROOT beweging op die been te kry!!!

cr ·

Ek wou vir my ‘n Fortuner gekoop het maar gaan liewers nou my geld op iets beter spandeer. Toyota sien my nooit weer!

Hilux ·

Ek het gewonder wat gaan word van al die Fortuners en Hilux’e, sal nogal Cool wees as jy by die Volgende Nampo oesdag Net wit Isuzu’s of Ford’s sien, ek dink as Toyota vir AIG kan Spur kan mens seker maar die guns terug bewys

stoffel ·

cr kom koop maar n HYUNDAI SANTA FE in plaas van n fortuner

Amanda ·

Ek ondersteun Steve, staan op vir Afrikaans, ongeag van jou velkleur. Ons het nie die borge se negatiwiteit nodig nie, sonder hul sal ons Afrikaans sprekendes reg kom, ons het nog altyd.

Ronel ·

Ek staan bankvas agter Steve en AIG. Kan alle afrikaansspredendes nou asb net hulle nuus by Maroela Media kry. Koms ons kyk wat word van die magtige media 24 sonder ons geld en ondersteuning. TROTS AFRIKAANS!

Pieter ·

Al die borge wat ontrek boikot ek al vir jare, my Toyota verkoop, MTN gekanselleer, swak diens,Netwerk 24, hoekom moet ek betaal on Afrikaanse nuus op die Internet te lees, Pick & Pay, nors onvriendelike personeel.Kom ons hou hulle belangrikste ding weg….Geld.

Agie ·

Pieter, absoluut!!! Kyk hoe is die Staatskas geplunder. Die goed dink dat daar mag in geld is. Hulle is soooooo verkeerd.
Ek luister na die acapella ” we are not alone, GOD is with is”. Amen? Dis waar ons krág is.

willem Botha ·

Dit het tyd geword om net instansies te ondersteun wat afrikaans vriendelik is.

potkop ·

En wie sal dit wees? enige Groot maatskapy moet BBBEE wees, dus gee hulle net voor om vriendelik te wees… Die les wat ons hieruit neem (en ek bedoel alles wat huidiglik in SA gebeur, van die howe reg deur tot borge) is dat dinge staan soos in 1838 met dingaan en Retief.
Maar as daar wel een ding is wat ons weet, is die verskil tussen Reg en Verkeerd. Ons sal soos in die verlede, wel beter hieruit kom.

Schalla ·

Ek doen dit al lankal ja. Potkop as jy broadband fiber internet soek oorweeg aitsa.com. Vir klere wat trots Afrikaans is en ons herkoms herdenk kyk na valhallatees.co.za. Virseker vir versekering. Buffelsfontein Beesboerdery is ‘n onbeskaamd slegs-Afrikaans restaurant waar jy nie ‘n enkele woord Engels op hul spyskaart sal sien nie en heerlik sal eet. Ditto vir alle ander Buffelsfontein brandewyn en ander produkte. Daar IS goeie Afrikaanse alternatiewe daarbuite, jy hoef nie die groot korporasies te steun nie! Gaan eerder Saterdag oggend na die hardeware winkel op die hoek van die Afrikaanse omie wat dit al jare bedryf, goedkoper is en meer hulpvaarding en in jou eie taalmet jou praat as om laat Saterdagmiddag deur te jaag Builders Warehouse to net oor hulle nog oop is. Doen navorsing oor wie die ondernemings besit – help veel jy boikot Spur maar eet lekker dik stukke by Panarottis en Roco Mamas wat in elk geval deur die Spur groep besit word.

My vrou is by MTN en ek sê in elk geval lankal vir haar sy moet skuif want hulle diens is pateties vergeleke met wat ek by Vodacom ervaar. Hierdie is net verdere motivering om te skuif. Daar is nog genoeg Afrikaanse klein besighede daarbuite dat ons met ons voete kan stem en ons eie mense ondersteun. Dis al hoop vir ons want die regering en groot besighede en die groter samelewing is teen ons, maar ons het hulle nie nodig nie

Karlien ·

Jou volle reg
Ook alle Xhosa/ Zulu / Tswana/ Engelsprekende se reg om slegs besighede te ondersteun wat slegs hulle moedertaal ondersteun?

WS ·

Wat is volgende? Sun International kanselleer die arena se gebruik .:

Rentia ·

Daar is genoeg boere grond ons slaan vinnig ‘n pkek aan mekaar vir die vertonings….. ‘n boer gaan lê nie so maklik.

Andrew ·

Media 24 en Outsurance het reeds hul kleur gewys met die volkslied-kompetisie. Verskeie kunstenaars sing die eerste vers, dan begin die tweede vers met musiek in die agtergrond en kunstenaars wat stil is maar gladnie die woorde vorm nie. Dan word eers die heel laaste reël weer in Engels gesing. Afrikaners, julle is op jul eie, doen self iets.

Judge Dredd ·

Ek het dit ook agter gekom. Die Afrikaanse deel word stilgemaak maar Nkosi en engelse deel word gehoor.

Liza ·

Absoluut korrek Andrew. Afrikaners word geboelie deur die regering, opposisie politici, sport organisasies, werkgewers, die korporatiewe sektor. Naspers is deur Afrikaners opgebou. Ons is nou gaste in die land en is op geleende tyd. Word wakker en besin oor die toekoms.

Lina Smit ·

Ek wil dit duidelik maak, ek is n trotse wit boervrou wat aandring op afrikaans waar ek ookal gaan, maar ek staan al hoe meer verstom dat, hoe meer mense, wie ook al, oor die kole gehaal word oor goed wat hul gesê het, hul uitlatings ewe skielik nie reg interpreteer is nie, en tweedens, almal, of dan eerder amper almal, is nou eufories dat sekere sangers, Steve in die geval, by AIG gaan aanbly want die publiek gaan die rekening betaal, wil ek net weet, wanneer push comes to shove, wie gaan R1600 uithaal om na die konsert te gaan? Dis kort voor Kersfees, en alhoewel die gedagte seker op n manier edel is, dink ek nie dit gaan finansieel volhoubaar wees nie. Ek voel, solank as wat Afrikaans gepraat, gelees en geskryf word, hoe kan dit dan verdwyn? Waarom is daar n konsert nodig om iets te bevestig wat in elk geval waar is ? Ons weet almal Afrikaans IS groot. Net my opinie

Francois le Cochon ·

Stem saam Linda. ‘n Nederige persoon vermag meer as een wat meer van hom- haarself dink as wat werklik nodig is. AIG se mense het dalk te groot ego’s, en nou word die publiek versoek om die probleem op te los.

MyTweeSent ·

Linda, ons kan nog Afrikaans praat, lees en skryf juis omdat daar mense is wat nms die Afrikaanssprekende vir daardie voorreg baklei. Ons taal word voortdurend bedreig deur drukgroepe en politici wat dit sien as die “Taal van die Onderdrukker” – hoeveel universiteite bied nog onderrig in Afrikaans aan? Dis die klein jakkalsies wat die wingerd verwoes – as daar met elke aanslag teen ons taal teruggestaan word, sal jy binnekort nie meer die voorreg geniet om in JOU taal te praat, skryf of lees nie, want dit sal nie meer bestaan nie. Ja, dit gaan miskien op die oog-af oor Steve, maar is dit eintlik ‘n (nie so) subtiele voorskrywing van watse gedrag en optrede vanaf die Afrikaner verdra sal word. Ek wil my verstout om te sê dat as MTN hul borg moet onttrek aan iets omdat Malema daar gaan “optree”, daar binne ure na die aankondiging heelwat minder MTN torings staande sal wees. Die Afrikaner is opgevoed om beskaafd op te tree en daarom sê ons met waardigheid “kies ‘n vinger” MTN en Toyota, ons sal dit sonder julle doen EN sonder om iets van julle af te breek of te vernietig. Hoekom? Want ons KAN!

Koos de Meyer. ·

Ek stem, as hulle so eenvoudig wil wees om te ontrekis dit maar so. Hulle gaan hulle self te na kom deur die optredes. Spur is ‘n goeie voorbeeld.

Therese van Schalkwyk ·

(Jou)TweeSent

Jy is ‘n ster!
Puik verwoord.

Lollapot ·

Liewe Lina, ja daar is van ons wat nie die R800.00 kaartjie kan beskostig nie, en daar is van ons wat ongelukkig reeds ons kaartjies gekoop het. Feit bly staan ons (Afrikaners) het die koopkrag ek is 100% seker daardie konsert gaan eersdaags uitverkoop wees. Baai baai Toyota, Huilgenoot, Media24, en MTN, ek moet huidiglik opgradeer en sal MTN nie eers oorweeg nie. Neem ‘n maatskappy standpunt in teen my taal, aanvaar ek hulle neem standpunt in teen my. NIe ‘n sent van my hardverdiende mandela’s sal ek by hulle spandeer nie. Afrikaners kan saam staan ek is 100% seker hierdie konsert gaan dit net weereens bewys. Doen so voort AIG, baie gelukkig jarelange ondersteuners.

Aapstert ·

@MyTweeSent – Ek wou Lina antwoord maar beter kon ek dit nie doen nie!! Ek sal R2,000 betaal vir ‘n kaartjie so kort voor Kersfees net om tussen my eie mense op skoon gronde en fasiliteite, vrylik te kan rondbeweeg en saam te sing in my taal. En na die konsert los ons alles net so mooi skoon en heel (ek hoop). En hoe meer hulle my gaan probeer onderdruk of stilmaak, HOE HARDER GAAN EK AFRIKAANS PRAAT EN WEES!!!

Pieter ·

Dis darem snaaks dat in 1994 ons n “Demokrasie” geword het dit beteken jy is vry om vir enige iemand te stem en vryheid van spraak te hê. Nou 25 jaar later mag jy nie meer sê wat jy wil nie dan ontrek MTN\TOYOTA hulle borgskappe watter form van regering ondersteun julle nou mense seker die regime van die dag julle is almal n klomp lae klas kapitaliste

Ekke ·

Vryheid van spraak is nie n fundamentele reg nie maar n provisional reg ….daai reg kan ingekort word …..Steve maak die afrikaner se naam gat ….jy kan onmoontlik glo universiteite moet voorsiening vir jou maak as jy 8% van die becolking is ..moet nou nie belaglik wees nie….Steve moet sy smoel hou ..dis al

Wa ·

@Ekke…..as jy voel dat Steve sy smoel moet hou dan aanvaar ek dat jou opinie dieselfde is oor Malema & Mngxitama. En nog ‘n ding…..al is ons net 8% van hierdie bevolking het ons net soveel reg soos enige ander. Ek WEIER om as wit Afrikaner met my stert tussen my bene rond te loop net omdat my vel wit is. Ek sal staan op my reg, net soos Steve staan op syne. Dis belaglike mense soos jy wat ons name gat maak!!! Hierdie aanval op AIG het absoluut niks met Steve te doen nie maar met Afrikaans en enige iemand wat dit nie kan raak sien nie is ‘n idioot!

@ EKKE ·

VREEMD dat MTN wel die EFF EVENTS en DINNERS sponsor . so hulle gee DUIDELIK nie om wat MALEMA en SHIVAMBU kwytraak OF oor hulle betrokkenheid by die VBS Skandaal nie, ook nie die HAAT en RASSISME wat hulle teenoor blankes aanblaas nie .. maw hulle KEUR GOED wat die EFF se en doen .maar nou word ‘n tweet van Steve van 2014 opgehaal wat glad nie die DOOD of AANHITSING tot geweld wat die ander pleeg verteenwoordig nie .. Ons sal maar jou kommentaar ignoreer, jy is bevooroordeeld teenoor STEVE.

DeVill ·

My Netwer24 is gekanseleer. Die ontrekking as borg aan AIG as rede verskaf.
Ek sal ook nie weer die Volksblad en Huisgenoot bondel koop op straat nie.

MM of niks!

Media24 kan gaan doppies blaas!

Maroela Media Bo ·

So pas met Netwerk24 gepraat en my intekening op Netwerk24 gekanselleer.
‘n Besparing van R99.00 per maand vir my!

mariana ·

Ek sien almal sien net Toyota raak. Wat van al die mense wat so Huisgenoot koop?

Trys ·

Ek het Huisgenoot gekoop van die 1970’s af met my sakgeld. My kinders is groot gemaak op huisgenoot-stories maar na miesies-warm-tee en die gevolglike aanval op Steve en alles wat Afrikaans en blank is het ek dit gestaak. Steve is die enigste Afrikaanse blanke kunstenaar wat opstaan vir die Afrikaner. My vraag aan almal wat Steve se betrokkenheid by enige vertoning bevraagteken is dit: Wie van julle mense onthou dat afrikaans nie baie ver in die verlede verban was? Dis net die begin die. Malema maak al klaar anti-christen aansprake. Volgende is die afrikaner se geloof saam met ons taal, geskiedenis en standbeelde verban. Kyk dan wat gebeur met die paddas in die pot. Hou op om teen mekaar te praat en ondersteun mekaar. Jy is dalk die volgende onskuldige laerskool onderwyseres wat deurloop onder die mamparra wat die hele gemors uit 2014 opgediep het om verdeeltheid te saai net voor die verkiesing. Ons is duidelik ‘n bedreiging vir die kamerade.

Asjas ·

Ek kan nie ophou om iets te koop wat ek al vir donkie jare nie koop nie. Ek boikot Huisgenoot al van hul uitval met Steve oor ‘n koppie tee as ek reg kan onthou? Kan nie eers mooi die hele storie onthou nie maar as ek eers my voetjie gestamp het, groei daar nooit weer grassies nie!! Selfde met Netwerk 24, hoekom moet ek hulle betaal as ek my Nuus gratis by MM kan kry?

Rentia ·

Daar is baie ondersteuners van Stece en die sterre van AIG dat hul net liefde die kaartjies sal koop

Wielspore ·

Miljoen stemme vir Steve, dit was die voorwaarde wat Steve gestel het om tot die politiek toe te tree. Hy het sy miljoen stemme gekry, lank terug.
Het hy tot die politiek toegetree, nee.
Uitstekende sanger en dit is dit.

Joe ·

Gaan julle boykot maries nou jul bakkies terug vat, of is die maar okay? lol.

Cherokee ·

En ophou by Pick n Pay koop? LOL .. Die boykotters is nogal stil oor PnP!

RONEL ·

Ons vriende van 38 wat elke jaar AIG saam gaan kyk, se: Bring it on!!! Sal elke Fondsinsameling van AIG ondersteun net oor die blote feit dat Barry hom die laat voorskryf!! Well done. Sien julle 23 November en 28 November 2019. Ons bydrae is ‘n drupel in die emmer maar elke bietjie help

Hannes ·

Dankie, my manier van dink ook – gemeenskapskrag, gaan oor meer as n vertoning, meer as n konsert, gaan oor n simbool van n beginsel! Ons besef die borgekonsert se kaartjies is duur, en ons weet baie kan nie daar wees nie maar is wel daar in hart en beginsel. My hoop is dat my mense met soveel mag en krag opstaan Vrydag en sê hoor ons is hier, dat as daardie kaartjies oopmaak, al is R800 baie, elkeen wat kan sê: in eendrag is n mag!

Wonner ·

Kon nie besluit of ek die Toyota Rush moet koop of wag vir die VW T-Roc nie maar nou weet ek ek gaan wag!!!!

Tiaan ·

Selfde hier. Ek het kwaai getwyfel tussen die ford en toyota bakkie. Nou weet ek.

Helena Fourie ·

Gelukkig ry ek nie Toyota nie… ek koop nie by Pick en Pay nie, Landrover is overrated, ek lees net MaroelaMedia… so Huis-Genoot kan gaan doppies blaas. Die enigste waar ek nie ‘n keuse het nie is Mtn. Dit is al Netwerk wat opvangs het waar ek bly en Telkom is net “n gedagte hier by ons.

Piet Brand ·

Ek is bietjie agter die klip, lig my ook asb in wat het by Pick n Pay gebeur. Byvoorbaat dankie.

Helena ·

Piet Brand

Pick ‘n Pay was een van die eerstes om 2014 om hulle bande te verbreek met AIG a.g.v. Steve.

Ben ·

Die groot maatskappye wat nou onttrek sal seker geen probleem he om die Afrikaners se geld te vat wanneer hulle hulle produkte aan die boere verkoop nie?

Jan Salie ·

Het gewik en gepik tussen Toyota en Hyuandai. Gereeld Burger en Huisgenoot gekoop. Sal nou maar net Maroela Media in my Hyundai lees. Politiek korrekte groot mpye se alie.

Hendrik ·

AIG is net ‘n konsert maar ongelukkig moet ons by ons beginsels staan. Vir my is daar egter baie belangrike sake as hierdie maar as dit die mense kan mobiliseer om sterker vir ons voortbestaan te veg, is die baklei reg.

Jan Gunter ·

Die ANC vertel ons SA is ñ demokrasie, maar slegs swart politisie mag hulle mening lug. Selfs verkondig dat die witman vermoor kan word. Word wakker witman. Ek sal nieToyota of MTN ondersteun nie.

Elsabe ·

So word die kaf van die koring geskei. Die betrokke “Borge” het seker gedink AIG gaan vir Steve laat gaan ……. nope! Baie trots op AIG, dankie dat julle nie ingegee het vir hierdie politieke-afpersing nie!

Estelle ·

Stem saam Elsabe. Dit is tyd dat ons weer saamstaan anders gaan ons net aangehou boelie word en al meer en meer PC word totdat ons taal en kultuur heeltemal verlore is. Trots op AIG dat julle nie saamspeel in hierdie politieke boelie spel nie.

Al ·

Ek is trots op AiG! Hul laat hul nie boelie nie. As daar ñ fondsinsamelingsprojek is, dan doen ons dit.
Ons Afrikanervolk het ñ konstitusionele reg op vryheid van spraak
Ons gaan ons nie laat vertrap en soos muise piep nie.

Thinus ·

Toyota en MTN se ruggraatlose bestuur swig voor die sosialiste en linkses en probeer so politiese korrek wees dat hulle stink daarvan. Gelukkig gebruik ek nie een van jul produkte nie, sal ook nie na julle tweegesig houding teenoor AIG en Afrikaans nie. As Afrikaans vir hulle ‘n probleem is, dan is ons geld ook nie goed genoeg vir hulle nie. Daar is ander en beter opsies. Staan sterk en gee geen tree terug vir ons taal en kultuur nie.

Sophia ·

Steve is nou ‘n goeie verskoning vir maatskappye om borgskappe te ontrek sonder om bekend te maak dit is eintlik dat die maatskappy se Finansiele posisie nie meer borgskappe kan ondersteun nie. Nou word dit ons amlal se verantwoordelikheid om nie instansies te ondersteun wat openlik ontrek waar Afrikaans as taal betrokke is.
Stop om hierdie instansies te ondersteun – Stop om Huisgenoot, Beeld ens. te koop.

BlinkStephaans ·

Waar is al julle ouens wat met die vorige berig gesê het “mooi toyota”?
Dit was reeds toe in hul woordkeuse duidelik dat hulle gaan swig. Al die quantums wat vir taxi’s verkoop word het toe meer gewig gedra as jul wit hilux’e. En wie koop anyway nog die huisgenoot? Daar is veel meer positiewe leesstof daar buite… in Afrikaans!

Nols ·

Gelukkig lees ek nie die Huisgenoot nie. My wetenskap onnie het altyd gesê n mense lees nie die Huisgenoot nie, dit is geverifieerde leesstof. Ou Dagga was n baie slim man gewees.

Ford-fanatikus ·

Wel, weet Toyota wie hulle gebring het tot waar hulle vandag is? Dit wys weereens hoe belangrik geld en sukses is teenoor vryheid van spraak, vryheid om te wees wie jy is en om almal te ondersteun. Dan by ANC, EFF en BLF rallies sal MTN & Toyota borde oral rond staan. Wat Media24 aanbetref… elk geval sensasiedrywers wat ook daarin is om koerante, tydskrifte en aanlyn intekeninge te verkoop, weereens geldgierigheid.

Anoniem ·

Dink die grootste slag sal wees as Afrikaanse mense ophou Huisgenoot, Beeld, koop (eksklusief tog vir Afrikaanse mark). Die res gaan hulle nie regtig voel nie. (Toyota, Pick a Pay)

Manie van Worcester ·

Soos in die artikel staan pnp en land rover het in 2015 al ontrek oor selfde niks en het hulle onder gegaan? Die blankes wat afrikaans praat en AIG ondersteun is te min, die geld praat hier. Aan vaar dit so , beter om 100000 ondersteuners te verloor as 10000000 en dit weet selfs morone. Verstaan my goed, ek keur nie die mtn toyota ens optrede goed nie. Dis net die feite. Minderhede se belang beteken niks want hulle het nie genoeg stemme om enige gevaar te wees nie.

Judge Dredd ·

Wel ‘n goeie geleentheid vir klein/ontluikende besighede om nismarkte te betree.

Woessie ·

Jy slaap as jy dink daar het nie PnP franchises toegemaak nie .. so ongelukkig is jy daar verkeerd. NEE hulle het nie bankrot geraak nie, omdat mense soos julle nog daar koop en nie standpunt wil inneem nie. Min mense het van hulle onttrekking geweet …

Mariana ·

Nou ja so sien ons hoe die nuwe SA werk. Maar dit is tot die Afrikaans sprekendes waarop die aanval gerig is. Ek laat my nie vertel dat een man so ‘n Groot bedreiging inhou nie. Die eintlike rassiste is die wat hulle borgskappe onttrek. Maar hulle sal ook die prys betaal. Vir die kunstenaars wat Steve ondersteun, baie dankie. Hy bly een van ons bestes en ek kan net hoop en vertrou dat hy sterker anderkant gaan uitkom, hy is mos darem ook ‘n boerseun en laat hom nie sommer onderkry nie. Hy het nog nooit geskrik vir die wat hom wil kwaad aandoen nie. Hierdie borge doen nie net vir hom skade aan nie maar ook ander kunstenaars.

Mariana ·

AIG dankie vir julle ondersteuning vir Steve. Ek is bly dat julle vir hom opstaan.

Sê maar net ·

Jy kan 60 000 plus mense op Loftus of Ellis park in kry en vra R100 per kop en hulle sal meer maak as die 6000 kaartjies teen R800-00. Stem saam oor die boikot van Toyota, MTN, Media 24, Landrover, Pick n Pay, Woolworths, Koop maar Chinese produkte

Andrea ·

Heng, maar wat koop ons dan?
Ek boikot die Spur, koop nie meer by Pick n Pay nie, gooi nie meer by Sasol diesel in nie, lees lang jare al nie meer Huisgenooit en Beeld nie. Ek ry my Toyota, want eks mal oor hom, maar sal nie weer een koop nie.
Maar wat en waar koop mens later? Miskien moet ons n direk-van-die-boer-tot-die-tafel beleid volg. Maar wat dan van toiletpapier? Kry dalk sommer die mielieblare saam met die mieliemeel?

HPV ·

Steve was bereid om terug te staan. Dit gaan nie oor Steve nie maar oor die AFRIKANER. Mense dit is nou die tyd dat die Afrikaners hulle almal ‘n punt bewys, Identifiseer Afrikaner beighede en begin hulle ondersteun en hou hierdie sogenaamde gewese borge die heeltyd in gedagte met slegs die absolute minimum steun. Koop net daar as jy nie anders kan nie.

Ekke ·

Nee ons wil onsselg nie skaar by Steve en ander rassiste nie dankie …praat vir jouself dame ONS VOEL NIE ALMAL SO NIE

Anita Schoeman ·

Ek sal beslis met n lied in my hart in afrikaans my inkoppies wil doen ,ek sal alles in arikaans wou doen maar het geen idee watter winkels . Steve het so baie op die spel geplaas vir Afrikaans
en word so aangevat nou. Sou ek in afrikaans by pen p wou koop en vra vir n wit brood asb is die hul opmerking( i don’t understand you) en dan sal ek se dankie dan se hul ok dankie uhm nou ja wat se dit vir jou.

Gerhard Boer Seun ·

NOU WAT SOEK JY DAN HIER MET JOU MEENING ??
JY IS NIE EEN VAN DIE 99% HIER WAT AFRIKAANSE BLOED IN HULLE ARE HET!!!!!
EN AFRIKAANS ONDERSTEUN !!!!

Gerhard Boer Seun ·

DIE BOODSKAP IS VIR “EKKE” WAT MEENING KOM LUG TERWYL 99% AFRIKAANSE HARTE HET!!!

Melanie ·

HPV ek stem 100% saam met jou. Ongelukkig het ek agtergekom daar is baie goeie Afrikaners asook minder goeie Afrikaners. Baie onlangs het ek te doen gehad met ‘n regte boerseun wat kliphard my finansieel te probeer verneuk. Toe vra ek maar weer vir ta om hulp en my geld is nou in sy sak.

Johan ·

Wys jou net hoe kort is die wereld se geheue Afrikaners( Wessels familie) het Toyota in RSA opgebou en hoofsaaklik afrikaanse boere het hulle hulle mark aandeel gegee. Ons moet maar met ons beursies stem en boikot die wat ons nie ondersteun nie.

Derick ·

VIVA AIG
VIVA STEVE
VIVA SA KUNSTENAARS WAT BY STEVE STAAN
VIVA VIR AFRIKANERS WAT AIG ONDERSTEUN

Grens ·

Al die wat nou skreeu oor Toyota, waar borg Ford en die ander maatskappye ons afrikaaners so vreeslik. Kom ons kyk of Ford nou gaan inspring en AIG gaan borg, daar is mos nou ‘n opening. OO wee, ek het vergeet, Ford borg Nu Fire Brandblussers.

Marius ·

Die kaartjies is so duur hulle het rerig nie borge nodig as elke sanger hulle belaglike fooie minder maak sal AIG sonder probleme aangaan vir nog jare.

GM ·

Dis pateties. Net ‘n paar dae terug het Toyota se verteenwoordigers gesê hul ondersteun AIG en nie individuele kunstenaars nie – wat het nou gebeur? Meer bek as binnegoed gewees?

Wie koop in elk geval die Huisgenoot? Die tydskrif lyk so dun daar op die rakke, en wat kos dit nou al? Al die belangrike nuus op Media24 kan mens op ander plekke gratis gaan lees, hoekom wil inteken?

gatiep ·

Hehe glo hulle regtig dat gewone mense so dom is?
Jy kan mos sien hulle is besig met politieke agenda.

LADY ·

Hier kom n deurbraak vir Afrikaans. Staan saam mense ek n gevoel hierdie is maak of breek vir ons almal. Ek nou so gedink. Wat van die mense wat so graag wil deel wees maar nie die geld het nie. Ek gaan n plan maak. Ek gaan sorg dat ek die geld het. Klein geselligheid reel en dan sommer n donasie vra. Ek gaan wyd en suid vra vir ondersteuning. As ons almal net “by mouth” saamwerk en groepies stig waar mens idees dan deel kan almal wat wil deel wees mos gaan. Net n idee

Cherokee ·

Nogal interessant Lady, dat jy ‘n deurbraak vir Afrikaans voorspel onder ‘n Engelse gebruikersnaam.

Anoniem ·

Toyota en MTN – hoe kleinlik ! Hoe moeiliker ‘n saak raak, hoe meer HULP stroom in – AFRIKAANS en STEVE sal net sterker word soos wat met sanksies gebeur het destyds ??????

Anoniem ·

Toyota en MTN – hoe kleinlik ! Hoe moeiliker ‘n saak raak, hoe meer HULP stroom in – AFRIKAANS en STEVE sal net sterker word soos wat met sanksies gebeur het destyds ??????

C VL ·

Ek het pas my subskripsie by netwerk24 gekanselleer. Ek is net 1 mens en dis net R99 per maand. Maar ek sal nie inskryf op iets waar die bestuur hulle laat boelie deur Lesufi nie.

Chien ·

Maak eerder daai R99 bydrae aan Boere in nood elke maand. Elke sent help.

Marius ·

Die meerderheid het agtergekom met hulle nommers gaan hulle druk plaas op maatskappye om teen afrikaans te draai (staan sterk my volk)

marous ·

Binnekort ry almal weer ‘n Vaaltyn .Bele gerus in ‘n ander model bak en agterwiele . Die Oosterse fabrikate is baie goedkoper en die sitplekke van duursame plastiek wat kan nat reen . Blykbaar gee hulle met elke verkoop ‘n sweep , oogklappe en sambrele verniet weg asook ‘n borsel om ou valie mooi te onderhou . Die eerste modelle is blykbaar beskikbaar net na die verkiesing . Spring gou want anders gaan jy dalk daardie blink wa wat so gewild was vir jare , moet stoot , want hy gaan nie op gras loop nie .

PJ Kruger ·

Mense hierdie aksies gaan nie net oor Steve nie, maar oor die blankes hier aan die suidpunt van Afrika. Dis nou die tyd dat ons ons griewe op n kant sit en dat ons mense hier moet hande vat soos nog nooit vantevore nie. Ons kan, Ons gaan en Ons wil. Met onse God spring Ons oor die muur!!! Amen

Alida ·

Hulle kon geen ander verskoning uitdink om te onttrek nie toe gebruik hulle iets wat Steve 4 jaar gelede gese het. Dink hulle ons is onnosel of wat. Geen konsert is ‘n sukses sonder Steve nie. Hy verkoop die kaartjies. Het nog altyd. As julle so huil oor die een aand se vertoning teen R800.00 pp begin nou spaar daar is nog 9 maande oor. Sit elke maand R180 onder die matras dan het jy R1600.00 vir twee kaartjies teen einde November 2019. Stop net hierdie gewarra warra oor die prys. Dit gaan oor iets wat ons as Afrikaners moet bewys aan hierdie maatskappye wat dink hulle kan ons onder kry. Deur dit te doen beteken mos ons staan saam soos julle allewig predig.

Anni ·

Bietjie duur vir my, Bly 200km vanaf PTA af, so dis petrol plus blyplek. Ek ondersteun maar vir Steve. Hy is n bedreiging vir di mense. Hoop tog net ni hy ry n Toyota ni. (haha)

jakes ·

Die ANC se belaglike wette soos BBBEE wat maatskappye dwing om standpunt teen mense soos Steve in te neem bevestig maar weer net dat SA in n muishond verander het. Boikot hierdie maatdskappye ten alle koste en laat hulle die gevolge voel. Doen asb n bietjie moeite en kyk maar wie is in beheer van hierdie maatskappye wat aan AIG ontrek het dan is hul lagwekkende optrede glad nie n verbasend nie.

Vanessa ·

Koop Afrikaans … Doen wat reg is omdat dit reg is!
Baai baaii Toyota……hallo Isuzu…… nou kan ons weer ry….

Wonder net ·

Het nou deur al die kommentare gelees. Baie is maar net ‘n geraas.
Ek het ‘n Fortuner. kan hom nie sommer net verkoop nie want waarmee vervang ek hom en met watter geld? Alles is nie so eenvoudig of prakties nie.
Dat AIG se bestuur vasstaan en hulle nie laat boelie nie is goed. Bly by beginsels.
Ek wonder ook oor al die geld.
Sangers moet vergoed word en daar is kostes vir advertensie, kostuums en dekor. Huur van arenas, vervoer verblyf ens ens. Al die dinge verstaan ek.
Maar 6000 x 800 is reeds R4.8m dan kom al die ander vertonings nog by.
Moet alles regtig so duur wees?
Ek moet my mond hou want kon self nog nooit 1 vertoning bywoon nie. Woon 200km ver. Brandstof tolgeld en kaartjie prys. Die boer bly maar tuis.
Julle ouens wat kan gaan GENIET DIT!!!

Robert ·

Die verhouding bly 4 teen 55 miljoen. Die ekonomie gaan hom nie laat voorskryf nie.Julle gaan niks verander nie. Ou gesegde wat sê ” cut your nose to spite your face” of Jy los ń windjie teen donderweer.

Liza ·

Daai vier miljoen se koopkrag en invloed in die mark is nogal iets werd.

Gerhardt O ·

Ook net totdat die 55m se koopkrag deur Hiperinlfasie gebreek word. En onthou 4m vs 55m is net in RSA. Internasionale druk kan dinge verander- daarom is Ernst se strategie so irreterend vir die 55m.

Gerhard Boer Seun ·

JIP maar die ekonomie is vinnig aan die afneem en dit is nie meer lank voordat die regering nie meer geld oorhet om salarisse te kan betaal nie wat se chaos gaan daaruit voortspruit????

Nie waar nie ·

VERTEL dit vir die SPUR EIENAARS wie se winkels toegemaak het … Jy is verkeerd . ons koopkrag maak WEL ‘n verskil ..

Aapstert ·

Robert, van die 55 miljoen waarvan jy praat, hoeveel kan karre bekostig? En die res koop Range Rovers. BOERE koop Toyota Bakkies en die res van ons koop karre want ons sal nie Taxis oorleef nie. Terwyl ek nie nou dadelik van my Toyota kan ontslae raak nie, sal ek nie weer by hulle diens nie en my volgende kar sal nie een wees nie …
Ek stel voor jy begin aansoek doen by ‘n Ford handelaar, jy het gister jou laaste Toyota verkoop :-)

Rasper ·

Onthou almal nog Skouspel. Aan die begin was Steve daar, maar toe “ban” hulle hom. Toe begin hy en ander AIG. Skouspel se liggie is nou al dowwer, en AIG skyn helder. Nou moet arme Steve weer skyf. So was dit met soveel ander Afrikaner instansies oor die jare. Naspers, lees maar New24, was in 1915 juis begin om Afrikaner nasionalisme te ondersteun. Wat sou die stigterslede gesê het as hulle hierdie hele petalje moes aanskou?

Buite Stander ·

Hulle sou gesê het begin weer van vooraf met iets nuuts.

Robert Naude ·

Kan my nie indink ń boer sonder sy “cruiser” nie…… en al die taxi drywers lag……

Van die Os op die Jas ·

Twee weke gelede het ek in ‘n betaal ry gestaan en my oog het ‘n koerant opskrif gevang,
“WITTES kan bly wees hulle het nog werk”. Ek haal gewoonlik die karwag se geldjie uit terwyl ek in ‘n winkel is om nie aandag te trek met ‘n beursie nie. Nodeloos om te se dat ek die geld onmiddelik terug gesit het in my beursie. Oppad na my motor toe storm ‘n karwag op my af en ek verduidelik dat ek nie sy hulp nodig het nie waarna hy toe bly staan en kyk het hoe ek die sakke in my motor laai. Toe ek die laaste sak in die motor laai, sit ek my hand op die trollie wat hy wou wegstoot en se vir hom “Sir, thank you for your help but my skin is white and I cannot expect you to do my dirty work pushing my trolley away.”

HPV ·

Stop om vir die wat jou ondergang soek te gee. By hulle is dit ‘n teken van swakheid. As jou moet gee, help en ondersteun jou eie mense.

Gerty Kolbe ·

Dis n skreiende skande MTN en Toyota en kie!! Dit laat ons as Afrikaners net meer saamstaan! YOU GO STEVE!!!

P ·

kan een mens so n klomp op hol jaag you go Steve ek sal NOOIT OOIT TOYOTA OF MTN gebruik nie NOOIT NIE. ISUZU dis die een. Hoe kleinlik kan die spul tog wees bang vir steve lagwekkend YOU GO STEVE!!!

Anoniem ·

Nou kan julle in vrede na elke vertoning almal saam Die Stem sing.

Linda ·

Toyota – “Die bakkie agter die boer?” Oh please! Well done AIG, julle het beslis my ondersteuning!

simon ·

Dit gaan nie net oor Afrikaans nie maar vel kleur ook. Daar sit goort Afrikanners ook agter die boikot met baie geld

Andre ·

Toyota is in elk geval ‘yesterday’ hero’ …. sòós die ANC!

Ons het aanbeweeg!

Ford is nou ‘beter ‘ er ‘

Suzuki is die beste.

Madelaine ·

As die maatskappye se geld opraak dan soek hulle ‘n verskoning om te ontrek en dan is ou Steve altyd die maklike target. Dit raak nou afgesaag kan hulle nie maar iemand anders begin soek nie. Ons sal AIG ondersteun want hulle staan nie net vir een ras groep nie hulle staan vir Afrikaner. Mag julle tot baie groot hoogtes gaan.

P ·

N boer sonder sy cruiser nee wat isuzu vir my dankie. Mense stry en baklei eintlik oor nonsens en die media blaas dit aan. AIG pla my glad nie of dit doodloop of nie pla my ook nie. En ek is nie suurdruiwe nie ek ry n isuzu 2.5 en baie erg oor hom

Anni ·

Sjoe Steve wees trots op jouself dat Jy soveel mag het. Jy Bly n yster. Ek kan glad ni AIG bekostig ni, Bly te ver,dit kos my tripple soveel om dit by te Woon, petrol en blyplek. So ek ondersteun Maar vir Steve.

corne ·

Ek dink die Organieseerder by NAMPO moet ook Toyota die trekpas gee SLAAN terug waar dit seermaak

Anoniem ·

Steve ! Dit kos net een MAN / VROU om op te staan, te beweeg en ‘n verskil te maak – BV. Livingstone ???

Gert van Wierdapark ·

Onthou Naspers, Media 24 se baas, dink lankal nie meer klein nie! Hul gaan GROOT en maak natuurlik groot geld vir hulself en hul aandeelhouers, waarmee ek nie n probleem het nie. In sy boustene tydperk het ons hom goed ondersteun, maar nou is ons net nommertjies op die GROOT speelveld waar ‘n lastige betrokkenheid by AIG hul Rande/Dollars/Yen en Gulde kan kos (nie “kleingeld” soosTen Cents nie)! Say no More! Ek lees lankal Maroela Media om op hoogte van nuus te bly en mors nie geld op koerante nie!

Koos B ·

Nog nooit by AIG gewees nie hierdie sal verseker ‘n eerste wees vir my.Die borgies wat vir die Lesufis luister kry vir julle of met ander woorde vlieg maan toe.Wou iets anders se maar is te maar ordentlik.

MediaSeVoet ·

Ek ondersteun ook lankal nie meer vir Media24. Het iemand al agtergekom dat jy die Engelse nuusberigte GRATIS aanlyn kan lees, maar moet BETAAL as jy die Afrikaanse nuusberigte aanlyn wil lees? Dieselfde berig, net vertaal. Waarom moet slegs Afrikaanse mense betaal? Maroela Media is daarom bobaas!

JF van der Walt ·

AIG het ʼn wyse besluit gemaak om Steve toe behou, of anderste het hulle dieselfde paadjie as Huisgenoot Skouspel gestap, wat hulle nie kan bekostig nie. Die motiewe van die borge is polities van aard, MTN en Toyota in-samewerking met die linkse nuus media in SA werk soos die res van Afrika, gebruik intimidasie om hulle onderduimse doelwitte te bereik. AFI is ʼn suksesvolle besigheid wat deur Afrikaners vir Afrikaners daar is, en ons ken die geskiedenis wat met sulke suksesvolle ondernemings gebeur, soos Denel, Eskom, ens. AIG moet eerder goeie navorsing doen as ʼn borg in die toekoms genader word, en die berekeninge doen wat die kans is dat daar ʼn politieke ondertoon met die borgskap is.

Buite Stander ·

MTN se reputasie in Nigerië is aan skerwe. Die regering daar druk aanklaers om die groep in die hof vas te skroef. ‘n Turkse groep vat die groep hof toe vir omkopery om ‘n tender in Iran te wen. MTN se probleme word net groter en kan dalk nog deur buitelanders oorgeneem word. AIG moet verklaar dat hulle nie met die groep vereenselwig wil word nie, want reputasie is belangrik. En om te dink dat ou Transnet werkers se pensioen geld gebruik is om MTN te stig. Vreemde wêreld.

Hettie ·

Al hierdie “groot “firmas wat bang is vir Lesufi !geen rugraat nie. Een minuut steun ons kunstenaars en die volgende minuut ontrek ons ! Iemand gedreig met hulle weet waar die kinders skoolgaan ?

ek sê maar ·

Hulle geld, hulle keuse. Beweeg aan. Is seker AIG sal ander planne maak. Kunstenaars kan goedkoper optree ens ens . Boer maak ‘n plan.

VanAfrika ·

Hulle het in die verlede ons probeer verslaan, hulle probeer ons nou weer verslaan, maar ons sal weer opstaan. Net n idee, as daar dalk n boer is wat dalk n stuk grond aan ons Afrikaner wil afstaan, bou ons, ons eie arena en ons hou ons konserte daar. Dit gaan dit die huur van n arena uit skakel en ons probeer ons oorsese bondgenote wat besighede daar het om ons kunstenaars te borg.

lanie ·

Ekke, dis bog. So ons mag nie ons menings lug nie en as ons dit durf waag is ons rassite. Dankie tog ek ry nie n toyota nie.

Marius ·

Mense as julle Toyota wil boikot begin bo. Toyota borg ook boer soek ook n vrou en n groot borg op kyknet boikot dan kyknet en ook die vrystaat cheetas ook deur Toyota. Mense op die grond kan ongelukkig nie net hulle voertuie inhandig nie begin bo met die groot borge waar die groot geld gaan. Soos cheethas en kyknet

Yolande ·

Al wat ek sê is… dis 8 maande voor die show as jy 2 kaartjies wil koop teen R800.00 n kaartjie kan jy R200.00 n maand begin spaar vir daai 2 kaartjies… as mens nie vir hierdie borge gaan begin wys dat mens hulle nie nodig het nie, stem ek saam met die res…Afrikaans sal ‘n stille dood sterf…hierdie mense baklei vir ons taal, hoekom hulle dan nie ondersteun nie, dit gaan nie oor Steve nie, Steve word net gebruik as die sambok waarmee hulle ons wil slaan….dit gaan oor ons taal en die feit dat jy Afrikaans praat, die van julle wat al by die show was weet hoe dit lyk en voel om 8000 mense te hoor Afrikaans praat….met een woord asemrowend….dis die een show waar mens nog tuis voel tussen jou mense…mense soos ek en jy…Afrikaners!!!

Eish ·

Ek verstaan heeltemal die maatskappye se onttrekking aan AIG. Besigheid en politiek is bloedfamilie soos ons duidelik kan sien met die Zondo kommissie van ondersoek. Dit is te verstane verder dat die maatskappye gaan konsentreer op hul grootste of grootste potensiële mark. Wat ek nie verstaan nie is dat byvoorbeeld in Toyota se geval die topbestuur, waar die besluitnemongsmag lê, lelieblank is. Mag Toyota se bestuur dus met die volle mag van BBBEE te doen kry, sodat slegs 6% van besluitnemingsmag by blank lê. Ek praat nie van spoeg en plak aanstellings soos ” Human Resources” nie. CEO, CFO, MD ensovoorts.
Dis prysenswaardig dat Steve bereid was om te onttrek ter wille van die groter prentjie. Dis fenominale mannemoed wat die bestuur van AIG aan die dag le om nie die maklike uitweg te volg nie. Dank ook aan Solidariteit se ondersteunings.
Dis goed soos die wat my Afrikanerhart laat tjoklits pomp!

Robert ·

Gaan TOYOTA ook sy borgskap van andertalige kuturele feeste onttrek, want baie van daai mense skreeu “kill a farmer, kill a boer”!
Jy moet nou mooi dink Toyota, het jy ons as Afrikaans-sprekendes se klandisie nog nodig? – want jy se^ nou openlik jy is anti-Afrikaans!

VanAfrika ·

Hulle het al voorheen probeer om ons te verslaan en ons het oorwin, Nou probeer hulle weer en ons sal weer opstaan. Net n idee, is daar nie dalk n boer wat n stuk grond aan ons Afrikaner wil afstaan nie sodat ons n arena kan bou en al ons konserte daar hou. Dan kan ons al ons bondgenote wat oorsee bly wat besighede het vra om ons kunstenaars te borg.

Marelize ·

Net toe ek dink Toyota het murg in hul pype, toe sneuwel die helde ook maar (soos die res). Dis weereens n geval van (my eie Marelize-weergawe): “We are all equal, but some are more equal than others” of miksien kan dit ook verstaan word as: “We are all racists, some are just more racist than others.” Dus stem ek saam met baie kommentare dat ons weerhouding van geld hard met die eks-borge moet praat MAAR ons is so n handjievol dat dit absoluut n kollektiewe uitvoer van ons ontevredenheid moet wees.

Rudi ·

Ek lees al lankal al net Maroela Media.
Het lank terug reeds al ophou Beeld en Huisgenoot koop. Het tot dusver nog die Weg! tydskrif gekoop. Dink dis tyd om selfs Media 24 daar ook nie meer te ondersteun nie.
Is dit nie tyd vir Maroela Media om die mark van Weg! en Weg-sleep! na te vors vir ons nie?

Jane ·

AG DIS DOODREG, ek sien julle borg nou EFF se events .. moenie later HUIL Nie … jy kan NOOIT terugdraai op daardie paadjie nie . julle gaan nog KRUIP!

Susna ·

Briljante idee Elvira. Komaan AIG hier is nou n goeie plan.

Gloria ·

ek gaan popcorn spring hier kom ‘n ding…………………………….

Bianke ·

Wys jou net hoe sterk kan die Afrikaner Volk wees as almal saam staan……….. daar is glad nie eers borge nodig vir hierdie groot byeenkoms nie.

Hou maar die borge, dit gaan gebeur of julle dit like of nie!!!!

TROTS AFRIKAANS ·

Nee wat, hierdie borge moet maar aangaan, al wat hulle regkry is om die Afrikaans sprekendes meer en meer te laat saamstaan. Jip, ons is die verdrukte minderheid, maar dit doen my hart so goed om al die kommentare te lees en te besef ons raak weer ‘n baie sterk en trots minderheid wat kan saamstaan soos een man. Druk ons maar verder, dis goed so – so word die koring van die kaf geskei.

Johan ·

Ek gaan defentief nie my betroubare Toyota verkoop,nog minder R800 n kaartjie betaal om overrated, overpaid sogenaamde kunstenaars te subsideer Nie..Nie gehoor enige een verlaag sy of haar fooie Vir die konsert Nie….

Robert ·

Stem Johan,
Ek verkoop my Toyota ook vir niks en niemand nie. ☺

Pieter H ·

Ek het net Mitsubishi voertuie op my plaas. My ou Colt 4×4 doen als wat n cruiser kan doen. My nuwe Triton dubbelkajuit is net so goed indien nie beter as die beste nuwe Toyota Hilux bakkies. En ja die Mitsubishi pajeros skop ook die Fortuners se agterwereld.

Tina ·

Staan sterk Steve. Daar is baie wat saam jou staan. Dankie AIG dat julle ook saam ons Afrikaans staan.

June ·

Steve het n ruggraat, iets wat deesdae baie skaars is onder ons bevolking. Selfs ons sogenaamde Afrikaner’ leiers’ begin swig onder die druk om toe te gee aan die vyand se eise en wil uitryk na hulle. n Volk wat nie sy man kan staan nie word met minagting beeien en as swak beskou, dit is daarom hulle eenvoudig bo-oor ons hardloop en ons taal en als vertrap. Ons het ons selfrespek verloor, en word verneder. So as AIG geld insamel op watter manier ookal sal ek hulle steun, dit gaan oor die beginsel. Al kan ek net n R100 inbetaal vir die fonds, elke bydrae sal help.

anton ·

Sien baie mense wil nou Toyota los en Fords aanskaf!!!
Heng mense, het julle nie beter smaak nie? Weet julle daar is VW, Nissan, Isuzu, Mitsubishi en Mercedes Benz voertuie wat beter keuses sou wees???
Net my 2 sent opinie……….

Asjas ·

En ek moet se, die nuwe Bakkies (self Merc) is glad nie lelik nie!! Toyota het stagneer en daai nuwe neus sit my al lank al af. Die nuwe Fortuners is ook glad nie die selfde kwaliteit as die oorspronklikes nie – dus, met of sonder hul nuutse truuk sou hulle in elkgeval begin kliente verloor het. Wat Ford aanbetref, hul nuwe reeks Bakkies maak my kniee lam!! Die Everest is kompetisie as jy voorheen Fortuner gehad het.

Amelia ·

Dankie vir die berig. Nou weet ek ook waar om wie te ondersteun. MTN, PickaPay, Woolworths, Spur, Toyota en Landrover……………….Baai baai, gelukkig is my toyota klaar betaal en weer een kloop sal ek beslis nie. Ek oorleef sonder bogeneoemde.

Sterker ·

Mense die groot prentjie word gemis.Ons as Suid Afrikaners word n guns gedoen as borge ontrek…..Dit maak ons sterker.Dis wanneer die ware oorlewings gees na vore tree.Die AIG konsert gaan nou nog beter wees en groter wees.Hoekom? Want as ons Afrikaners gedruk word in n rigting en hulle dink ons is vas dis dan wanneer ons iets nuuts skep wat hulle nog meer gaan vrees.Afrikaans is my taal en ek het ook n reg in die land en eff die res

Foxi ·

Nuus 24….huisgenooit en beeld. Julle dink julle doen reg aan julle eie mense, maar julle doen nou regtig n groot onreg teenoor die afrikaners. Dis hoe julle gatkruip om julle besighede op te hou. So koop julle ons nou uit! Saam staan julle saam met sameswerings. Julle dink die afrikaners het nie die krag en moed om iets op te bou nie, want julle dink geen afrikaner staan meer n kans in die land om iets te bereik nie. Maar weet julle wat, julle nuus bestaan net uit advertensies en advertensies. Hou julle gemors en los vir Steve uit!

Henry ·

Wie gaan saam met my in die Toyota gereserveerde parkering parkeer en voor die show by die Spur eet tydens Classic is Groot by Time Square……………………..

Johannes ·

Dit sal ‘n enorme seën en hupstoot vir die Afrikaner se geestelike en sedelike waardes wees as niemand meer die DIE HUISGENOOT koop nie! Die grootste verspreider van morele pes in ons samelewing vir jare al!

charmaine ·

Dink nou net as STEVE so n groot opskudding versoorsaak net oor borge wat ontrek dink net wat se reaksie en miljoene sal tou staan as hy sy eie PARTY STIG!!! Ek gaan verseker eerste in die ry wees!!!! Ons eie mense is rugstekers en kruipers…

Roger ·

Ek beskou Media24 as een van die grootste vyande van die Afrikaner.

EKKE ·

@Ekke… hoekom stuur jy nie maar liewers jou kommentaar in enige ander taal as AFRIKAANS nie siende dat jy eintlik nie baie pro Afrikaans is nie en duidelik eintlik nie belangstel om vir die taal op te staan nie.
Al wat Steve doen is om te baklei vir Afrikaans en die Afrikaner se kultuur, dit gaan nie oor ras nie.
Ek is absoluut oortuig daarvan dat AIG ook hierdie probleem sal oorbrug soos wat Afrikaners nog ALTYD al die struikelblokke wat voor hulle ingerol is oorbrug het.
Ek is trots Afrikaans… dit is hoe dit is!

Minora ·

So Toyota het ook nou laat weet hulle haat wit afrikaanse mense.
Nou sal ek maar my bakkie vir n Ford of Isuzu moet inruil. Ek sal hulle nou nie as wit Afrikaans sprekende man aanstoot wil gee nie.

HPV ·

Dit is nou sommer ‘n goeie verskoning vir die Toyota manne om ‘n Ford Ranger te koop.

Hasie ·

Maroela, was daar al ooit meër kommentaar oor ‘n onderwerp as hierdie een? Ek het almal probeer lees, maar die dag is te kort.

Leonard ·

Ja nee wys jou die ware kleure wie rassisties is eintlik. Go Steve jy is n yster

Lusu ·

Bye bye Toyota
Reeds Netwerk24 kanselleer
Sal voortgaan met res ook oor tyd uit te werk.

HPV ·

Dit is nou sommer ‘n goeie verskoning vir die Toyota manne om ‘n Ford Ranger te koop.

Fran ·

@Ekke, met ‘n paar woorde som jy alles uitstekend op! Dankie!

Boet Fasie ·

198 Lesers watt die hel in is vir MTN, Media 24 en Toyota, die vlam is in die kruitvat en dit groei nogsteeds. Goeie afrikaners is baie kwaad en al toi toi en steek hulle nie aan die brand en vernietig alles nie, maar die betrokke maatskappy sal finansieel seer kry soos Spur en Wimpy.

Haas das ·

Boet Fasie,
En niemand sê iets oor Coco-Cola nie. Brandewyn en water is nie lekker nie !!!!!!

Cherokee ·

Ek het so lekker geselsie gehad met my Corolla. Sy belowe om dieselfde konserwatiewe dame te bly, steeds nie toe te laat dat taxis voor haar op die ryvlak in ry nie en steeds absoluut my vertroue werd te wees. So met die geselsie saam lag sy so onderlangs en toe ek vra waarom, verduidelik sy dat sy lag vir die mense wat hul lojaliteit teenoor Afrikaans uitbasuin met Engelse gebruikersname, swak spelling, Engelse woorde en selfs Engelse sinnetjies in hul tirade teenoor die Engelse aanval op Afrikaans. Sy sê toe as mense nie eens behoorlik Afrikaans kan skryf nie, moet ons weet hoeveel ‘steun’ daar regtig in die kommentare steek. Dat dit net praat is. Sy was ook eerlik genoeg om te sê sy praat van ‘n minderheid van die skrywers. Dat daar ander is wat ‘n plesier is om te lees.

BlouBul ·

Ek was nooit ‘n Steve fan nie, maar hoe harder hy vir Afrikaans begin baklei het, hoe meer het ek hom begin ondersteun. Ek het net Pampoen en Blou Bul geken. Was nooit regtig ‘n groot fan van Afrikaanse musiek nie maar nes ‘n stout kind, sodra jy vir my se ek mag nie …
Onthou ook die 80’s en die sanksies? Ons het gewys wat in ons steek!! BOER MAAK ‘N PLAN – kom ons doen dit weer – EENDRAG MAAK MAG.

Deon ·

Die kommentaar is oorverdowend. Dit sê vir my dat Afrikaners oor die algemeen wil hê dat iets moet gebeur, maar is nie seker wat nie. Belangegroepe wat Afrikaners se belange op die hart dra moet tog die nood en pyn waarneem en die strydbyle begrawe en saam besin oor die Afrikaner se toekoms. Ons gewone mense word geboelie en afgebreek deur die meerderheid en iets of iemand gaan knak. Doen asseblief iets voordat dit te laat is en almal spyt is. Ons wil nie nog Pretoriusse in die tronk hê nie.

Boet Fasie ·

Kom mense gee julle kommentare ek glo dat ons ‘n rekord getal kommentare van mede afrikaners kan kry oor die diskriminasie en onderdrukking van afrikaans en afrikaners in die nuwe Suid – Afrika.

Jax ·

Laaste Huisgenoot gewees, nooit weer n Toyota nie, Netwerk24 is ook af en P&p sien my nie weer.
Als is opgevoeter! Alles wat te doen het met my taal sal ek beskerm tot my laaste asem.

Belinda ·

Ek begin nou al spaar vir my kaartjies.
Weet almal hoe lekker target slaan Vodacom, Cell en almal behalwe MTN…….
Ons staan so agter Steve hulle gaan op die ou einde van die dag n extra show moet doen soveel van ons mense wat dit as n sukses sal laat gebeur………

Linda ·

Kom ons almal staan saam en ons wys hierdie lae klas ‘gemors’ wat as borge onttrek het, ons het julle nie nodig nie. Ons is boere en ons is blank en afrikaans en baie trots op onself !!! Huisgenoot Drum soek al lank n vennoot, ‘go for it ‘!!! Dis waar julle hoort !!!

Gielie Hill ·

Stem saam met die wat se die kunstenaars en almal wat vergoeding ontvang moet eers hulle lojaliteit bewys en hul pryse afbring en dan die res teen kaartjieverkope verhaal.

Phil ·

Hou maar jul Taaier-er want my bloed is meer Afrikaner-er en ek is TROTS daarop!

Trots Afrikaner ·

So trots op AIG!! Staan by dit waarin hul glo. Innibos kan beslis by hulle leer.
Dit is hoekom ons AIG sal bystaan en elke jaar dit bywoon.

Johan Pretorius ·

Ons woon in Brisbane Qld Australia en ons is gek oor AIG. Miskien moet julle vir ons hier ook kom sing. Ek is seker ons kan n arena hier ook volmaak.

Stripes ·

Maggies! Ek is ‘n ou man en dit doen my siel goed om te sien dat Afrikaanssprekendes so kan saamstaan. As elkeen van ons sy deeltjie doen sal dit gevoel word. Ek koop nie by P&P nie en na al die baie jare is Huisgenoot nou ook van die lys af en nee, ek lees nie koerante nie want ek hou van die regte inligting die eerste keer. Nog nooit Toyota besit nie omdat ek beginselvas is. Ek kan ook nie R800 vir ‘n kaartjie bekostig nie maar sal waaragtig plan maak net om ‘n punt te bewys. AFRIKAANS BO, ALTYD SO.

Ruaan ·

Mense mis die punt. Hierdie borge onttrek nie as alles behoorlik deurdink is nie. Regeringstenders en die massa het veel meer geld in die sak. Hulle sal ons nie mis nie. Wat my opgewonde maak – hier is geleenthede vir die vuisvoos Afrikaner. Dink net! En daardie geleentheid kan gebou word saam enige nasie solank as die beginsel van n gelyke kans en toegang gehandhaaf word. Dis waar die spel se reëls inkom. Ken dit verstaan dit gebruik dit en maak dit beter vir die Afrikaner. Ons het die land opgebou net blied en sweet. Wat het dan verander?

Rupert Ashford ·

“Bevordering van diversiteit en samehorigheid”… Vertel ons meer asb? Dit is juis wat hierdie tipe ding nie doen as mens naief die woorde “op hulle woord vat” nie. Maar die sinsnedetjie is eintlik kode vir “julle groepie moet in julle hoekie sit en julle monde hou terwyl ons ander besluit hoe hierdie sg “diversiteit en samehorigheid” moet lyk, en julle moet maar net daarby inval of dit julle nou laat welkom voel of nie. Soos die twee wolwe en een skapie wat praat oor aandete… Baai-baai aan al daardie sg borge…

Anje ·

Ek het media 24 geemail en my misnoee te kenne gegee en laat weet ek koop nooit weer n YOU, BEELD of Huisgneoot nie, Hieronder is die email wat ek teruggeky het. Eks seker hul het baaaaie sulke briewe gekry en ek dink ons koopkrag maak n verskil. Dis al hoe ons hul kan leer. Boikot op groot maat die produk,

“Geagte Me. Wilsenach

Dankie, ek neem kennis van u besware en bring dit onder die aandag van die bestuur van Media24 en die verskillende onderafdelings waarna u verwys.

Vriendelike groete
George”

George Claassen
Public Editor/Ombudsman

KrokodilBotha ·

Ons sal die middel vinger swaai vir al die wat dink Afrikaans is klaar. En op die taal en kultuur trap. Landie tot Toyota ensv. ensv .

Magda ·

Al hoekom Toyoyta onttrek het is omdat hulle bang is die Taxi bedryf staak en koop nie meer hulle minibusse nie. Wys jou net- maak nie saak wie in beheer is en hoe Afikaans hy is nie,, geld praat..

Siener ·

Een ding wat Toyota reggekry het as om die publiek te breinspoel dat Toyota goed is. Hoe dom kan sommige mense wees? Om te dink ek was een van hulle wat geglo het Toyota is alles tot my eie Hilux begin probleme gee. Dankie vader ek is ontslae van my Hilux wat se ratkas probleme gee. Ek wag nou in spanning vir die nuwe Ford Raptor. En vir die Toyota manne wat glo Toyota het goeie inruilwaarde, dit was nie in my geval so nie.

Eugene du Plessis ·

Elke mens en maatskappy kan hul eie keuses maak.

Hoe ken ek oproepe wat van ‘n MTN foon af kom blok?

Henk ·

Netwerk24 verbaas ons nie. Koos Bekker en Ton Vosloo het al in die 80’s gewys waar hulle lojaliteit le en toe was hulle slinks genoeg om met regeringsgeld ‘n “empire” te stig. En die wit Afrikaanssprekende koop tot vandag die gemors wat hulle versprei. Hulle het ook seker gemaak hulle neem multi choice oor in vroeer jare. MAAR Toyota – besef julle hoeveel Afrikaanssprekende mense ry Toyotas? Onthou julle wat het met Spur gebeur?

rollie ·

Niks het met Spur, Pick ‘n Pay, Land Rover gebeur nie en niks gaan met Toyota, MTN en Media24 gebeur nie. Al wat gebeur en gaan gebeur is dat die boikotters hulself net verder uitsluit.

zunette du Toit ·

Ek hoop net Maroela stuur hierdie kommentare aan Toyota, MTN en Media 24 ens. aan sodat hulle kan sien hoe voel die Afrikaners oor hulle besluit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.