Toyota SA sê oor Steve, AIG

Steve Hofmeyr tydens Afrikaans is Groot. (Foto: Verskaf)

Steve Hofmeyr tydens Afrikaans is Groot. (Foto: Verskaf)

Toyota Suid-Afrika het Maandag gesê dat die maatskappy die Afrikaans is Groot (AIG)-handelsmerk as ʼn entiteit steun en nié individuele kunstenaars wat by die musiekkonsert betrokke is nie.

Die motormaatskappy het Maandag dié verklaring uitgereik nadat die selfoonnetwerkreus MTN onlangs aangekondig het dat hy alle bande met die AIG-handelsmerk gesny het. Dié besluit het gekom ná druk wat deur sosiale media op MTN geplaas is omdat die sanger Steve Hofmeyr by die konserte optree.

“Toyota SA wil graag sy klante en die mense van Suid-Afrika verseker dat hy deeglik bewus is van die kommentaar op sosiale media wat verband hou met die betrokkenheid van die plaaslike kunstenaar Steve Hofmeyr in Afrikaans is Groot (AIG),” lui die verklaring.

“Toyota SA wil as een van die borge van AIG kategories verklaar dat hy ʼn kontraktuele ooreenkoms aangegaan het met AIG as ʼn entiteit en nié individuele kunstenaars wat by die musiekkonsert betrokke is steun nie.”

MTN het hom aan AIG onttrek in reaksie op ʼn twiet wat Hofmeyr in 2014 geplaas het waarin hy gesê het: “Jammer om aanstoot te gee, maar in my boeke is swart mense die argitekte van apartheid. Go figure.”

Toyota SA sê egter sy kontrak met AIG is nie voorskriftelik in die kreatiewe proses is nie, aangesien dit buite die omvang van die ooreenkoms val.

“Toyota SA het die saak egter met die bestuur van AIG opgeneem en dit duidelik gestel dat die Toyota-handelsmerk nie met verdelende elemente geassosieer wil word nie. In die toekoms verwag Toyota SA dat die organiseerders van AIG meer bewus sal wees van kunstenaars wie se betrokkenheid by die byeenkoms verdeelbaar kan wees, en op grond hiervan sal Toyota SA beslissend optree in ooreenstemming met dít waarvoor die organisasie as goeie korporatiewe burger staan,” het die motormaatskappy gesê.

Toyota SA het gesê hy wil beklemtoon dat hy verskeie vertonings en byeenkomste oor verskillende kultuurspektrums sonder enige vooroordeel ondersteun.

“Toyota SA wil as organisasie, waarvan sy sake-etos op respek vir mense gebou is, graag sy klante en Suid-Afrikaners gerusstel dat hy vrede en eenheid in die land onder alle mense bevorder en dat hy nie enige mens of entiteit ondersteun wie se sienings en sentimente gesien kan word as iets wat verdeling veroorsaak nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

132 Kommentare

Thinus Erasmus ·

Ek lewer nie meer kommentaar maar hierdie is uitsondering: “Steve, jy verkies musiek bo politiek……… maar die politiek in musiek dryf jou nou uit! STAAN OP Steve, betree die politiek en nog meer sal jou steun, vir ons land, vir ons mense en vir ons toekoms!”
Ns, ons sal altyd jou toelaat om na die toespraak vir ons te sing, en ons sal nog jou CD’s koop, sommer toesprake s’n ook.

Nic ·

As ek Toyota se verklaring reg lees, gaan dit oor die musiek en vermaak, nie politiek nie. Maar dan sê hulle dat hulle die situasie dophou. Dus, Toyota, tree op teen Lesufi wat holrug geryde ou aanhalings probeer vars maak: magtig mense Steve het die uitlating gemaak 5 jaar gelede en hierdie “mens” wil nou munt daaruit slaan? Ek sal graag wil sien wat groot maatskappye aan die grootbek gaan doen!

Wie weet ·

Ag ou Steve se net wat jy wil ek sal nog steeds jou CD koop en sal nog steeds jou konserte bywoon Jy het regtig nie MTN nodig om suksesvol te wees nie ons staan rots agter jou

Colleen ·

Steve vir president!!!! Toyota en MTN kan gaan doppies blaas. Sal nooit weer ‘n Toyota koop in elk geval nie. After sales service is pateties om die minste te sê.

honourable member ·

Die waarheid in hierdie land maak mos maar baie seer. Sekere groepe kan maak en se wat hulle wil maar behoed tog die vrede as die volgende groep dit doen dan is dit uit die bose. MTN word duidelik deur sekere groepe gemanipuleer.

Kaas ·

Mmm.. is die borge werklik nodig, want ek dag kaartjie verkope sal genoeg wees om kunstenaars te betaal, of steek almal iets in die sak wat die opvoering reel? Al wat hierdie veroorsaak is dat in toekoms die kunstenaars gaan of minder betaal word en/of dan weier om op te tree, of kaartjie pryse gaan deur die dak skiet..

gatiep ·

Kaas ek dink nou net die selfde storie.
Daar word mos geld verkry van mense wat kyk.
Waarvoor is borge nodig.

zeno ·

MTN is kinderagtig,hoeveel afrikaanse mense ondersteun vir MTN,net so siek.

Jaco ·

Goeie nuus Toyota. Indien MTN n probleem het met sulke uitlatings hoekom borg hulle dan EFF byeenkomste? Dubbele standaarde.

pinkie ·

@Jaco: Want MTN sing eerder “one farmer…” saam met die EFF as lekker saam met Steve.

Sarie ·

Wat gaan Toyota SA doen ivm al die kommentaar op sosiale media.Almal wat iets gese het hof toe sleep.Ek herhaal wat ek gese het Dankie tog ek is by Vodacom en ry n Ford Ranger.

Marius ·

bly jy het n selfoon dat jy kan bel as hulle jou moet sleep.

Hein ·

Hi-ace en e20 verkoop nie regtig meer in die taxi bedryf nie maar elke boer bestuur n Toyota. [oyota weet maar al te goed waar hulle brood gebotter is. Hulle moet mooi trap of ons verander hulle in die spur…

Awie Opperman ·

Ek koop sommer nog ‘n Toyota. Dis hoe ‘n organisasie behoort op te tree, die res kan maar oplet.

Sarie Duvenhage ·

Wat gaan Toyota SA doen ivm al die kommentaar op sosiale media.Almal wat iets gese het hof toe sleep.Ek herhaal wat ek gese het Dankie tog ek is by Vodacom en ry n Ford Ranger.

Jean ·

So voordat Toyota ‘n volgende konsert borg gan hulle eers die lys met name wil sien?
As Steve op is dan borg hulle niks nie.

Anni ·

Ai julle, lees di berig oordentlik.
TOYOTA BORG NI INDIVIDUELE SANGER NI, HUL DUN DIT VIR ALMAL!!!!

CHRISTO ·

Sien MTN dit is hoekom Toyota Top is hy het niemand nodig om hulle voor te skryf nie.

Ray ·

Maak oop julle oë Toyota is presies diesefde as MTN “in die toekoms verwag Toyota SA dat die organiseerders van AIG meer bewus sal wees van kunstenaars wie se betrokkenheid by die byeenkoms…..” So met mooi woorde as Steve weer daar sing ontrek ons hulle moet hulle kusnstenaars reg kies. Tiepies Toyota

Cherokee ·

Maar hulle kan spel Ray. En as jy besef waar hul mark is en dat die borgskap nie dien as welsyn wees maar as advertensie, sal jy hul netjiese bewoording waardeer. Ek ry Toyota met trots.

Vania ·

Punte vir Toyota… AIG gee tog alle sangers van alle rasse die geleentheid om op te tree – Dit gaan oor afrikaans of jy wat swart pienk of pers is as jy afrkaanse kunstenaar is sing jy. Dit is nie AIB nie … waarom weier hul om selfs dit by die naam te noem? dit is AIG… Dis afrikaans. soos ons Engels moet herken, soos zulu ander taale moet herken en ek verwelkom dit:-) so moet almal ook Afrikaans herken. Steve he opinie gemaak wat hy voel en mag voel … almal maak opmerkings ek sien nie dat borge gekanseleer word dan nie

Lidia ·

Hoekom nou ees Die mense en Maatskappye moet Waker word dis al 5jaar gelede gese,EN HOEVEEL BETEKEN AFRIKAANS RERIG VIR DIE LAND SE MAATSKAPPYE??Baie van die maatskappye is om van siek te word…Dis hoekom da so baie mense SA verlaat…

Chekoree ·

@Lidia
Dit is hoe dit werk in SA dat die verlede altyd teen wittes sal tel en NOOIT vergewe sal word nie!

Alida ·

Mooi Toyota dit maak goeie besigheidsin. Julle borg die konsert nie die kunstenaars nie. Bravo.

Lana ·

Was nog nooit by MTN, want alles aan hulle is geel. Het nou net ‘n beter rede.

Rupert Ashford ·

Gaan lees weer mooi die verklaring. Toyota probeer alles vir almal wees. Probeer die mense wat Hiluxe koop gelukkig hou, maar mens kry die idee hulle het die AIG bestuur ‘n “laaste waarskuwing” ook gegee oor Steve…

Christo ·

Toyota moet dan n “finale waarskuwing” aan die ANC regering ook stuur oor verdelende elemente in hul sirkus voordat die volgende vloot Toyota voertuie aan die regering gelewer word. Of sommer aan die party self. Wie tree meer verdelend in daai land op as die ANC spul. Nee Toyota, in my oë n roekelose ruggraatlose verlaring.

Nika ·

Toyota weet as hulle onttrek sal hulle baie afrikaanse ondersteuners verloor, en as hulle vir Steve uit AIG verban sal Afrikaans Is Groot nie meer so groot wees nie want niemand gaan opdaag vir die vertonings nie. Hulle almal is kinderagtig, die EFF en BLF praat van moord op blankes maar MTN gooi toys uit die kot oor iemand sê swartes is die argitekte van apartheid. Steve moet ook maar bietjie dink voor hy iets op sosiale media sit.

Se maar net ·

Ek is nie ‘n Steve aanhanger nie, maar regtig kan maatskappye en mense nou oor dit kom? Stel ‘n vertoning af net omdat Steve daarin is? Regtig? Dis belaglik. Ek gaan nie nou eweskielik nié ‘n vertoning bywoon net omdat hy daarin optree nie.

Awie jansen van vuuren ·

Ek is so bly ek het nie MTN nie as ek gehad het het ek definitief oor gegaan na ‘n ander netwerk

Zorro ·

Mens raak so moedeloos met die eensydige aanvalle en ongeregtigheid. Mens moet dalk vir die mense (Lesufis ens.) sê dat hulle haat deurskyn. Hulle kan dit nie meer verberg nie. Ek voel nie meer welkom in my eie land nie. Dit was beslis nie Mandela se “rainbow nation” idee nie.

Andreas ·

Nou waar is die sorgvrye dae van Braaivleis, rugby, sunny skies and Chevrolet?

SwooshTM ·

Hiermee verklaar ek dat ek ALLE bande met die MTN handelsmerk verbreek…!

Zumie ·

Mooi so SwooshTM …. ek voeg my stem by en onderneem om MTN (en alle besighede wat met hulle geld politiek wil speel teen ons mense) te boikot. Laat ons leer om ons koopkrag wys te gebruik

marius ·

Ek dink Steve moet so biekie nadink oor wat hy se of gese het. Hy gaan sy eie musiek loopbaan vernietig.

Annamarie Olivier ·

Ja en gaan dink jy bietjie na oor jou “biekie nadink”

Lorett ·

Neewat hy benaadeel nie sy loopbaan. Mense staan bankvas agter hom en sy musiek. Hy het nie nodig om bakhand te staan dat mense sy konserte bywoon

Sak ·

Nee Marius. Dis nie hy wat sy eie loopbaan vernietig nie. Dis maatskapye soos MTN , en kalante soos Lusufi wat vrye spraak en opinies wil snoer. En in die proses het Steve in die spervuur beland…..

km ·

Lees ek ‘n ander persverklaring as die vorige kommentators???
Lees hulle verklaring baie mooi deur, veral wat hulle se oor die toekoms.

willem Botha ·

Ek lees nou net panjasie lezufi steun en bedank mtn ,pleks hou hy hom besig met die messtekery en kriminele in sy skole en los die huidige benadeelde kunstenaars uit.

cjm ·

Voor julle te opgewonde raak….lees die persverklaring baie mooi….

BlinkStephaans ·

Toyota het nie eintlik n ander keuse as om dit te sê… wat dink julle sal gebeur as die verkope van hilux val tot onder die van mahindra? Hulle het hul antwoord baie mooi bedink.

Gert ·

Ek het net respek vir Steve omdat hy die moed het om die waarheid te noem. Deesdae is politieke korrektheid so erg, almal beaam blatante leuens net om aanvaarbaar te wees vir die meerderheid. Die ergste is, dan mag lede van die meerderheid soos Malema wegkom met absolute haatspraak, net omdat dit teen die minderheid gemik is.

Sirkus ·

Marius, verwag jy werklik dat Steve moet omverskoning vra. Nonsens man. Daar word baie erger dinge op/in alle media gesê, en ek hoor nooit dat hierdie mense omverskoning vra, of wat hulle gesê het, of sê, terugtrek, of herbesin. Goed so Toyota en mooi so AIG.

Hans ·

Toyota het nog nooit enige berig van u maatskappy gelees waar u die Anc en Eff aanvat oor hul verdelende beleid,algemene opruiming nie. Wat van.Lur Lesufi se voortdurende veldtogte teen Afrikaanse skole.

Asmain ·

Well done Toyota! MTN kan maar sien hoever hulle gaan kom en watse lojaliteit hulle gaan kry deur hulle by die EFF te skaar.

Ernest ·

More gee ek my MTN kaart terug…..!!! Ejk het hulke regtig nie in my lewe nodig nie. Sak dit persoonlik gaan afgee……

Johanna ·

Ek dink julle moet mooi lees en weer lees om te verstaan wat Toyota se?

Truida Pretorius ·

Die ergste van alles is, Luzifi, gaan nie eens na die afrikaanse konserte toe nie. Dis net media dekking wat hy soek. Pleks hy hom by sy skooltake bepaal. Daar kort duisende skole. Hy HAAT afrikaans en blanke mense. Probeer sy bes om ons afrikaanse skool toe te kry. Pateties.

Karlien ·

Al ooit gewonder wat met korporatiewe besighede sal gebeur as die min of meer 20miljoen ekonomies aktiewe swart kliënte hulle goedere en dienste boikot?
Of glo Afrikaanse wittes hulle (so maksimum 2miljoen) is die enigste koopkrag in Suid Afrika?
My voorstel is eenvoudig. Boikot gerus MTN en Spur etc en moedig swart burgers aan om dit ook te doen teenoor ALLE besighede wat nie hulle kultuur en waardes ondersteun nie (dit sluit dalk jou eie besigheid in) en kom ons kyk wat gebeur.
Dit sal selfs besighede kan insluit waar swartmense nie in hulle eie taal bedien word nie.

StaanVas ·

Dit is oor denke soos die dat ons as Wit Afrikaners vertrap word. Ons word gedreig en vertrap want mense wil nie meer saamstaan en vas staan. Mense word vas gevang in hulle gemak zone waar geld baas is. As al die Blankes saam staan en saam trek kan ons genoeg indruk maak om die land ‘n beter plek te maak vir almal.. Ons moet ophou om heeltyd terug te staan en die slagoffers te wees vir sekere individue se aanvalle, dit is tyd om op te staan en vas te staan..

Alida ·

Die duiwel is nou weer los. Steve sal aanhou sing waar hy gevra word om te sing sonder borge. Die organiseerders trek in elk geval die grootste voordeel uit borgskappe nie die kunstenaars nie.

Alida ·

Die duiwel is nou weer los. Steve sal aanhou sing waar hy gevra word om te sing sonder borge. Die organiseerders trek in elk geval die grootste voordeel uit borgskappe nie die kunstenaars nie.

Ai tog ·

Nee Maroela—Lyk my net pro Toyota komitaar word toegelaat. Kry Maroela personeel kickbacks by Toyota?

Jy weet ·

Ag die handjievol witmense wat toyota en mtn wil boikot gaan geen verskil in hul sakke maak. Daarom dat hul reageer soos hul doen. Ongelukkig is die nie blankes nou maar eenmaal die mederheid en dis hulle wat in al die hoë poste ook sit agv rassekwotas ens. As hulle jou moet boikot sit maatskappye soos mtn en toyota met niks. Wys maar net weereens almal in die land is verdeeld en elkeen kyk maar uit vir homself. Apartheid is ons almal se skuld.

genoeg is genoeg ·

nooit Steve is net n Awesome sanger hy het meer as genoeg aanhangers werklik soms net soms raak ek moeg vir die blerrie rassistiese storie in die land

DelaRey ·

Tussen die lyne kan ‘n mens aflei dat Toyota nie weer AIG gaan borg indien hulle in die toekoms vir Steve Hofmeyer insluit in hulle program nie.

In die proses gee hulle toe aan die verdelende and rasssistiese Panyasi Lesufi. Alhoewel hulle voorgee dat hulle ‘n morele en versoenende besluit maak doen hulle presies die teenoorgestelde en hang hulle onderok van valsheid uit.

Toyota illustreer maar net dat groot en veral publieke maatskappye geen moraliteit het nie en agteroor buig om polities korrek te wees. Dis oral in die wéreld so en ‘n goeie rede hoekom Afrikaners hulle maatskappye privaat moet hou (indien dit bv. groot genoeg sou word om op die beurs te lys).

Ek is bevoorreg om my eie maatskappye te hé en deurlopend mense in diens te neem. Dit stel my in ‘n posisie waar ek ‘n morele posisie kan inneem terwyl ons oorval word deur besigheid wat ons afneem by die groot instellings wat oorgegee het aan politieke korrektheid en transformasie.

Toyota kan dalk argumenteer dat dit ‘n maklike besluit is aangsien die toekoms van die ekonomie swart is. Maar helaas die wiel draai…..

Maro ·

DelaRey. Goeie kommentaar. Die meeste leesers hier mis daai tikkie oor die vingers…

Vryheid ·

Baie goeie kommentaar.

Die korporatiewe etiek is deurspek met die gees van die dag – geen Christelike moraliteit. Geld is hul god en globalisme hul ideologie. Hul sal altyd hul seile draai soos die wind…….en dan die individue wat ook sodanig dink en optree.

Waar is Toyota se sg moraliteit – bykans elke land waar daar burgeroorloë of dergelike onstabiliteit is soos bv in Sirië en Irak wemel dit van splinternuwe Toyotas met gemonteerde masjiengewere.

Mag jou sake van krag tot krag gaan – ek is ook n Afrikaner sakeman en handhaaf dieselfde beginsels. Versterk die volkseie en bou weer trots in ons volk.

Drikus Kotze ·

Die meeste Toyota’s, sover ek weet is taxi’s…..go figure! Steve vir Boere!

Trots Afrikaans ·

My God. My Familie, My volk.

As ek moet kies tussen ‘n Japanese voertuig of Afrikaanse trots sal die trots altyd wen.
Toyota, ek stel voor julle verkoop karre en hou julle uit ons kultuur uit.

Intussen sal ek my “borgtog” aan Toyota op die ys plaas tot hulle besluit of hulle ook anti Afrikaans is of nie. Ek ry perd op my grond as dit moet, maar ek sal nie volksverraad pleeg vir ‘n blink kar nie. Julle het my nou ook te vlak gevat…..

My taal my erns.

DelaRey ·

Dirk definieer asb. jou definisie van “rassis”. Deesdae is elke person wat korrupsie uitwys ‘n rassis. Tot die arme Pravin Gordhan is al ‘n paar keer uitgekryt as om ‘n rassistiese agenda te hé.

Is Malema, die BLF en Panyasi Lesufi bv. rassiste?

As jy nie met hulle saamstem nie is jy beslis ‘n rassis.

Kan ons dus aanvaar dat JY NIE ‘n rassis is nie?

Indien jy nie ‘n rassis is nie, moet jy seker saamstem met Malema, die BLF en Lesufi?

Indien nie, moet jy verseker ‘n rassis wees.

Ek hoor graag van jou.

Willem Grobler ·

Enigeen wat durf waag om hierdie swart regering die waarheid te vertel word summier deur die ANC en sy kornuite met alle geweld aangeval. Iemand soos Steve Hofmeyer met al sy aanhangers is vir hulle ‘n gróót probleem daarom doen hulle alles binne hul vermoë om hom te ondermyn.

alida ·

Ons minderheid kan maar MTN boikot. Ons almal weet mos wie is hulle grootste mark en sal dit nie eers voel nie.

Johan ·

Ek bel deur Vodacom en ry in my Toyota….maar hul kanmaar al2 baie versigtig wees hul besluite kan myne BAIE beinvloed!!!!!!!

En ek kan nie ander om te se mooi STEVE jy het die waarheid al in 2014 op die naam genoem en jy is nie skynheilig daaroor nie.

Hier is so baie afrikaans wit mense wat by jou kan leer!!! en wat sal ontken dat hul blindelings in die komende gemors in geloop het.

DelaRey ·

Karlien moenie so seker wees dat Afrikaners nie vir Toyota kan seermaak nie.

Het jy al agtergekom hoeveel vinneger ry jy werk toe in ‘n skoolvakansie. Selfs ‘n vakansie soos nou waar meeste mense werk en net ‘n handvol mense verlof neem is die paaie sommer baie stiller omdat 5-10% minder motors op die pad is.

Toyota maak staat op ekonomie van skaal soos enige groot maatskappy en daai 5-10% kan hulle bestuur laat wakker lé in die nag.

Hou ook maar in gedagte dat alhoewel Afrikaners dalk 4% van die demografie uitmaak ons koopkrag nog steeds nader and 40% is. Veral vir duurder items.

Ek evalueer nou juis die vervanging van my vloot afleweringsvoertuie. En Toyota lé toevallig tops saam met ‘n ander mededinger. Net my lojaliteit sou die skaal swaai in die guns van Toyota.

Maar helaas miskien moet ek dit weer oorweeg…

Karlien ·

De La Rey lees gerus die res v my kommentaar.
Indien elke swart ekonomies aktiewe persoon ook slegs geld spandeer met besighede waarmee hul graag assosieer wat dan? Nie net die die groot corporates nie. Want het alle Afrikaanse besighede ( ook mikro) SLEGS afrikaanse kliente?

Lorett ·

Neewat hy benaadeel nie sy loopbaan. Mense staan bankvas agter hom en sy musiek. Hy het nie nodig om bakhand te staan dat mense sy konserte bywoon

charmaine ·

Gaan die ding nou oor iets wat in 2014 gebeur het? Maar ons is dan nou in 2019? Regtig het dit MTN 4 jaar gevat om n post van 2014 nou eers te lees in 2019? Shame ja nee dankie tog ek is by TELKOM want klink my hulle is 4 jaar agter.

GertsêNet ·

Lesers sien net die naam “Steve” dan hou hulle op met lees ! As Steve so gewild is, hoekom het hy borge nodig?

Anni ·

Hel, lees asb di pers verklaring, dit gaan ni oor Steve Wat borge nodig het ni. Afrikaans is groot se borge is vir Al di sangers!!!!!!
En word gevra om deel te neem, Glo hy kan Nee se, Maar hy dun dit omdat hy wil sing, ni vir n borg ni.

Francois le Cochon ·

Ek is gemoeid met die organisering van ‘n jaarlikse afrikaanse musiekfees. Steve het een jaar opgetree. Dit was ‘n verleentheid, want hy misbruik die verhoog om sy eie siening te verkondig. Hy het ondersteuners vir sy siening, maar hulle is in die minderheid.

Willempie ·

MTN se internet is so stadig, dat hulle nou eers by 2014 se twiets uitgekom het.

Judge Dredd ·

Miskien moet jy maar self ‘n bietjie verder lees – dit gaan oor borgskappe van AIG.

Stephen Namibia ·

Toyota trap liggies om nie die Blankes te affronteer nie. Hulle vermy baie diplomaties n Spur situasie. Baie slim!

Jeremia ·

Oulike woordkeuse daardie “kornuite”. Het dit lanklaas gehoor of gelees.
Ek trek nou by my 4de Toyota a.g.v. lojaliteit en al daardie soort uitgediende oorwegings.
En ja, hierdie hele herrie val so half saam met nuus dat malema skotvry by mrk gekom het.
Nou word die aandag afgetrek deur hierdie ou storietjie te gaan uitkrap.
Dan spring bepaalde karakters op sosiale media. En siedaar. Die kalklig val op onse Steve en hy kry sommer die bord om die nek wat nimmer as te nooit om malema se nekkie pryk nie. Al werk hy permanent so hard vir die eerste plek.

Grens ·

Dis hoekom ek een ry!! Koop sommer nog een. Dankie Toyota!!

DelaRey ·

Dis nie die punt nie Karlien en dit sal ook nie gebeur nie (op dieselfde basis dat alle Afrikaners nie skielik Toyota gaan boikot nie).

Die punt is Afrikaners het genoeg koopkrag om te kan terugdruk teen onbillikheid. Ons beweeg in ‘n tydvak waar onderdrukking en onbillikheid gaan toeneem.

Tans het ons nog 3 keuses. Weghardloop. Niks doen sodat niemand aanstoot gegee word nie. En laastens terugdruk.

Binnekort gaan ons waarskynlik net 2 keuses hé, naamlik weghardloop of terugdruk. Alhoewel die laaste opsie die moeilikste is, is dit noodsaaklik nie net vir Afrikaners se toekoms nie, maar vir alle landsburgers.

Die balans moet herstel word in ons almal se belang.

Lana ·

Was nog nooit by MTN, want alles aan hulle is geel. Het nou net ‘n beter rede.

alwyn burger ·

Die dag as Apartheid behoorlik gehistoriseer is ,sal Steve se 2014-stelling ñ behoorlik gewaardeerde plek inneem.

Herrmann ·

Toyota, ek neem aan jul het GEEN probleem met “verdelende elemente” in die ANC en EFF nie??! Elemente wat moord propageer. Jul klink na n klomp huigelaars wat selektief is in die gal wat jul braak. Indien nie, sal ek jul kommentaar oor die regte verdelende elemente in SA wil hoor.

Wonder ·

Wonder net of MTN en Toyota ook vir die BLF en EFF gaan weier om hul produkte te koop of te borg, weens die uitlatings wat hulle al gemaak het?

Henning ·

Ek lees bogenoemde berig en kommentare en skud maar net my kop in ongeloof. Duidelik word daar deur Toyota gesê: Kyk wie julle in die vervolg gaan vra om op te tree of verloor julle borgskap! Met ander woorde…Toyota stel AIG dus voor ń ultimatum, of lees ek verkeerd?

Jan pierewiet ·

Ja jy lees reg. Sou andile daar optree ontrek hulle.

Henry ·

Was MTN nie nou betrokke by groot korrupsie nie. Daai borg geld sou maar net ‘n vloek op Afrikaans is Groot gebring het. Dink nie die kunstenaars moes in elk geval die borg geld aanvaar nie. Dirty money!!!???
“Alles loop reg altyd reg Toyota/ Steve” ????

Es ·

Alhoewel ek nie n probleem het Steve stofsuier se se uitlating in 2014 nie, sal ek hom glad nie mis by aig nie. Hy het die Afrikaner se naam al te veel met n plank geslaan, waarskynlik onbewustelik en sy musiek staan my glad nie aan nie.. Ek eien my die reg toe om ‘n Afrikaner te wees sonder om met hom geassosieer te word. Nitemin is ek bly ek is nie by MTN nie ry nie ‘n Toyota nie, en is besig om die Discovery storie fyn dop te hou. Alhoewel ons klein in bevolkings persentasie is, het ons wittes (Afrikaners ingesluit) nog steeds wesenlike koopkrag. Glo my, geen big corporate kan dit sommer aflag nie.

Arnu ·

Oppas, kyk wie jou kliente is! Jy mag dalk baie verloor soos spur!

Haastig ·

Toyota het nou net virAIG die laaste waarskuwing gegee. ‘ nooi nou weer vir Steve volgende keer en ons borg julle nie weer nie’. Koebaai Toyota!!

Jen ·

Daar gaan die Hilux verkope weer op. Toyota weet waar hulle kliente le! lekker man

Toyotafanatic ·

ToyotaFanatics (facebook).. charity starts at home.. EN jy hoef nie ‘n Toyota te besit nie, inteendeel, jy hoef nie eers ‘n Toyota te ‘like’ nie.. dit gaan oor iets heeltemal ander..

Anoniem ·

Ja @ Henning ek het ook tot die gevolgtrekking gekom dat Toyota indirek vir AIG waarsku om nie weer vir Steve te nooi nie want dan gaan AIG die borgskap kwyt wees.

Siener ·

Afriforum wag vir jou Toyota. Toyota wil almal hiet en gebied deur te dreig. Tot die Rangers is Hilux se baas

Karolis ·

Siener sien net wat hy wil ranger n hilux se baas ek dink jy sien nie so mooi nie of is dit jou siening?

niel ·

My vraag is nou net, hoekom Toyota nou skielik ‘n eiertjie wil lê. Ruik ek dalk ‘n rokie wat begin dui op iets groter.

anton ·

Het iemand al ooit gaan sit en dink of Steve se stelling in 2014 nie dalk die waarheid is nie???
Volgens my het hy net een fout begaan en dit is deur te se…………..”Jammer om aanstoot te gee”
Nie een van die anc, eff, en blf wat werklike haatspraak uiter se OOIT hulle is jammer en ook oor hulle AANSTOOT gee nie!!!

Heksie ·

Steve staan op vir sy eie mense, hoekom is dit verkeerd? MTN wys nou hul ware kleure en sal ek sal hulle nou boikot soos ek jare al Woolies, Shell en die SPUR franchise boikot.

Ek konformeer nie, want ek is nie ‘n skaap nie!

STEVE VIR PRESIDENT ·

Omdat Steve opgestaan het vir ons as Wit Mens het MTN ń probleem. Ek glo vas hul ondersteun die ander kulture wat ons as Wit Mens dreig. Soos ek in ń vorige berig gelees het, ondersteun hul die EFF. Die einste party wat Wit mense wil uitroei en dreig. Gelukkig het en sal ek nooit MTN ondersteun.

Toyota, ń mens kan sien daar is mense met verstand wat die regte besluite neem vir ons land. Miskien moet julle ń politieke party stig.

Steve, gaan voort met wat jy doen. Ek dink dis tyd dat jy as President opstaan vir ons land!

PR ·

Vader van vele, hy dink hy is president – hou dit maar by kammaland.

Wa ·

Hierdie aanslag het net gedeeltelik te doen met Steve. Dit het meerdendeels te doen met Afrikaans en hulle sal alles in hulle vermoee doen om ons taal te onderdruk en selfs te vernietig. Lesufi het al meer as een keer sy kleure gewys rakende Afrikaans, gaan kyk maar wat gaan in ons skole aan. Ek het slegte nuus vir hulle, hoe harder julle probeer, hoe sterker word ons. AIG hou net aan groei!!!

Pietman ·

MTN se aandeleprys wys hulle het nie n boikot nodig om hulle te skaad nie.

jakes ·

Die bestuur van MTN is swart dus hoef n mens nie veel verder te kyk hoekom Steve uitgekryt word nie. Doen so voort Steve want jy distansieer jou van die mense wat n muishond van hierdie eens mooi land gemaak het.

Johan van Rensburg ·

AIG staan vir afrikaans is groot. Ek dink dit gaan oor my taal en nie oor enkelinge nie. MTN kan my nie eers in my taal bedien nie. Totsiens MTN.

Estelle ·

M.a.w. alle kunstenaars, wat van nature ons digters en denkers is en sing en skryf om ons te laat dink en sosiale en politieke kwessies aan te spreek, moet nou gemonitor word om PC te wees sodat hulle verseker kan wees van inkomste. Persvryheid op sy beste want geld is die ding wat praat. Al wat hier nou gesê is met al daai lang woorde en mooi nikseggende sinnetjies is, “wit kunstenaars trap in julle spore of jy is uit”. Skynbaar is die aanspreek van sosiale en politieke kwessies deur ander kunstenaars in ons samelewing nie ‘n probleem nie maar wel net dit, die reg op vryheid van spraak.

SjN ·

Steve, skryf n liedjie wat n paar toyota name bevat en dan sponsor hulle jou met n Cruiser.

Kiewiet ·

Ek kan sien hoekom jy in Toyota ry Marius, Want jy weet nie van beter nie. Dis die swakste bakkie op die pad. Jyt nie in selfoon nodig nie want jou Toyota staan seker stukkend by die huis. Koop maar eeder vir jou in Ranger want Ford boikot nie vir Steve nie.

Attie. ·

Steve raak oud en sy grootste vrees is dat sy aanhangers hom gaan vergeet. Een manier om onthou te word is as jy die regering kwaad maak. Ekself was nog nooit liberaal nie maar Ou Seun, ek wil jou waarsku dat jy moet ophou krap waar dit nie jeuk nie. Indien Toyota teen Afrikaans Is Groot draai agv jou optrede dan haal jy die nuus en AIG verloor Toyota se borggeld….Steve, word nou groot of word ‘n politikus of gaan tree af op jou wildplaas.

Jannie ·

Attie ek wou nou so beledigend raak soos jy maar het gelukkig tot tien getel voor ek met my kommentaar begin het.
Los vir Steve ek en baie ander ondersteun wat hy doen en sê, hy is nie skeinheilig nie hysê wat hy op die hart het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.