Toyota SA: Stakers se bewerings ‘is onwaar, lasterlik’

Argieffoto

Toyota Suid-Afrika het ʼn mediaverklaring wat deur die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) uitgereik is rakende sy lede se staking by Toyota se Prospecton-aanleg naby Durban, asook die Atlas Road-depot in Boksburg in Gauteng as “’n wanvoorstelling van die feite en lasterlik” afgemaak.

Dit kom nadat Numsa aangekondig het dat sy lede by Toyota staak, aangesien die bestuurspan by die maatskappy “moedswillig weier om met ons in gesprek te tree oor ons eise”. Numsa voer aan hy is met geen ander keuse gelaat as om te begin staak nie.

Mbuso Ngubane, Numsa se streeksekretaris in KwaZulu-Natal, maak verskeie bewerings oor die redes vir werkers se staking, onder meer dat Toyota ʼn “ongetransformeerde maatskappy” is wat glo nie aan sy BBBEE-teikens voldoen nie.

Numsa beweer verder dat Toyota weier om van die dienste van swart diensverskaffers gebruik te maak en dat die maatskappy glo beweer “swart mense het geen ervaring nie”. “Hulle het nog geen praktiese stappe gedoen om ruimte te skep sodat swart maatskappye regverdig aan die verkrygingsproses kan deelneem nie,” sê Ngubane.

Numsa eis onder meer dat ʼn transformasiekomitee op die been gebring word om die maatskappy se werwings- en verkrygingsproses te bestuur en sodoende te verseker dat Toyota sy BBBEE-teikens behaal. Die vakbond eis verder dat Toyota 70% kontrakwerkers moet aanstel en net 30% werkers deur leerlingskappe – Numsa beweer 100% van werkers word nou deur leerlingskappe aangestel.

“Ons eis dat alle werkers toegang moet hê tot gratis mediese konsultasie wat beskikbaar is deur interne mediese personeel, of die werkers aan ʼn mediese fonds behoort of nie. Ons eis verder dat die bonusbetalingstelsel verander moet word. As teikens behaal word, moet die bedrag regverdig tussen al die werkers verdeel word,” sê Ngubane.

Die vakbond eis dat ʼn vervoertoelaag aan alle vakleerlinge voorsien word en dat daar spesiaal goedgekeurde gehalte-werksuniforms aan vrouewerkers verskaf word. “Tans moet die vrouewerkers by Toyota mansklere dra wat nie prakties is nie.”

Hy beweer ook dat Toyota inmeng met bewyse tydens dissiplinêre verhore by die maatskappy om die uitkoms daarvan te beïnvloed.

Ngubane sê werkers sal aanhou staak totdat daar aan hul eise gehoor gegee word.

Toyota SA het nie op Numsa se spesifieke bewerings gereageer nie, maar wel gesê die maatskappy behou die reg voor om dit te doen totdat hy al die feite nagegaan en terugvoer aan Numsa gegee het. “Toyota SA wil weereens beklemtoon dat hy verbind is tot gesprekke in goeder trou met die vakbond om ʼn bevredigende oplossing te vind.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

possie ·

dit is baie goeie redes om toyota te ry! alles loop altyd reg, alreg, Toyota! fire die spul daar is blankes wat die werk sal doen.

B ·

Nog ‘n sprekende voorbeeld van hoe ‘hindernisse tot groei’ SA daagliks beinvloed ☝

ChrisE ·

Ek glo nie die werkers/vakbond besef die implikasies van hul optrede nie. So 4 of 5 jaar gelede het Toyota SA onder ergere arbeidsonrus deurgeloop. Wat die mense nie besef nie, die moedermaatskappy in Japan gaan nie die gedrag meer baie lank verduur nie. Die fabriek/aanleg was amper gesluit en Oos Europa toe geskuif. Dit sal dalk ‘n les vir die mense wees.

Snowball ·

Hierdie hele land is tans soos ‘n ‘Theatre of the Absurd’. Kyk wie regeer.

Domvraag ·

Numsa wil nou die maatskappy oorneem. Die keuring, werwing, BBBEEE en transformasie het niks met Numsa te doen nie, want n vakbond is daar om na die diensvoorwaardes van werkers om te sien en nie om polities betrokke te raak of om die ideologie van die Anc te bevorder nie. Ngubane moet daaraan dink dat sou Toyota onttrek dan sit baie mense sonder werk. So hoekom begin Ngubani nie self n moteraanleg en wys vir almal hoe suksesvol hulle n maatskappy kan bedryf.

H.A. ·

Hulle is mos nou chinese aanhangers. Toyota moet maar ontrek.

Andrew ·

Hulle besef nie Toyota is ‘n Japanese firma met werks-etiek waarvan Afrika maar net kan droom.
Waarom begin die vakbond nie self so ‘n onderneming met hul eie standaarde nie. Hulle leer dalk iets van werk af.

IK ·

Nêrens lees ek dat ‘In ruil vir ons eise sal en is ons bereid om harder te werk met ook verhoging in produksie’. O ja, dis mos Afrika . . .

Smirre ·

Google iq and the wealth of nations. Some things will never change.

Ingo johannes ·

Staak…staak….staak…
Hooo Toyota onttrek agv daarvan….en dat n klomp internationale maatskappye hul voorbeeld sal volg…wat die klomp nie besef nie is dit dat dié maatskappye ons ekonomie aan die gang hou.Hulle dink dis die stert wat die hond swaai…totdat die hond oor die draad spring en sy stert agter los.Mosambiek en Angola is honger vir werk.Die wat so skree “BBBEE”….gaan skree “BBHGOW”…BaieBaieHongerGeeOnsWerk! as die maatskappye onttrek.
Maar hulle kan mos nie die tekens sien nie….daar het alreeds n paar groot name die land verlaat

Bul ·

@ChrisE: heeltemal korrek. Wat die NUMSA werkers nie besef nie is dat die 200 000 voertuie wat hier gebou word is ‘n druppel in die emmer van die globale kapasiteit van al Toyota se aanlegte. Dit kan in ‘n oogwink geabsorbeer word. So dalk moet hulle nie die klassieke fout maak en “come to gun fight with knive” nie want as die Japanese eers besluit het bly hulle daarby. Honderd duisend of meer mense sal hulle werk verloor direk en indirek (associated industries) sou Toyota onttrek. Maar die vakbond leiers wat ek gereeld in die besigheidsklas sitkamers en sitpkekke van lughawens en vliegtuig sien sal aanhou met hul uitgediende kommunistiese retoriek van unies en die beleggings aantreklikheid en produktiwiteit van SA Inc kelder. Die SA arbeidsmag is presies waar dit verdien om te wees as hul produktiwiteit gemeet word aan wereldstandaarde.

Jan ·

Beide die japanese en plasslike bestuur van toyota was maar al die jare anti wit en vriende met die anc hulle kry nou wat hulle verdien

Adriaan ·

Numsa verskaf n reeks goeie redes hoekom die fabriek verder geoutomatiseer moet word of na n ander werelddeel verskuif moet word.

wielie ·

SA is nie die enigste land wat karre vervaardig nie – buiteland is keelvol vi die “lawaai”.
Nog mense sonder inkomste – hul eie toedoen. NOU HUIL JULLE ???? Net jul eie skuld as Toyota ontrek

Marinda ·

Ons wil net hê, hê, he en nog maals hê. Demand. Demand, demand.

Rinkhals ·

I want a job, I want money, but I don’t want to work…..

Johnnie ·

Sterkte Toyota as julle aan die spul se eise gaan toegee dan sien hoe lyk die toekomstige toyotas, n spul donkie karre met n toyota badge op.

Hennie ·

Daar het jy dit Toyota, gaan julle nou toelaat dat die unies julle sluit?

Grassie ·

Die bakhand-brigade wil altyd net hê en hê en hê wat hulle nie verdien nie. Miskien moet Toyota maar liewers aanstap want as hulle aan die vakbonde se vereistes moet voldoen sal hul beslis op gehalte moet inboet. As ek my Toyota dieselbakkie mooi oppas sal hy vir die res van my lewe hou.
Ek wonder of daar dalk ‘n verskuilde politieke agenda agter die vakbond se besonder aggressiewe optrede is. Miskien ‘n BRICS-agenda. Sjina en Indië se rammelkaste kan nie in die mark met Toyota meeding nie, dit sal hulle baat as Toyota padgee. Daarna sal dit Ford en Isuzu se beurt wees.
Ek wonder nog altyd waarom Chevrolet so skielik padgegee het. Miskien het hulle die skrif aan die muur gesien.

Swart Wolf ·

Ek stem saam. Ek het 30 jaar vir n Amerikaanse maatskapy in die RSA gewerk.
Die maatskapy is verteen woordig in 27 lande regoor die wereld. Hulle laat geen persoon wat aan n vakbond behoort toe om vir hulle te werk nie. Die maatskapy se werkers is baie gelukkig, het nie n dag sonder n bogemiddelde salaris gewees nie en die maatskapy is n wereld leier in die produk wathulle vervaardig. Unies is n komunistiese onding en hoort nie in n demokrasie nie. Die swak ekonomie kan tussen 80-90%, indien nie meer nie, sowel as die uitgediende BBBE-EE stelsel, kan aan vakbonde se onredelikke eise toegeskryf word.

Antie ·

Eis, eis, eis, dis al wat julle wil doen!! Trek julle vingers uit julle alies uit en begin werk!!!!

Evert ·

Toyota moet jou nie laat afdreig van die gepeupel en in die proses kwaliteit inboet nie!! Stel mense aan wat WIL werk en behou jou uitstaande produkte???

Johan ·

Die vakbonde weet nie wat hulle doen nie. Hulle maak mpy toe en staan dan backhand om geld te vra. Die Britse eerste minister het die vakbonde vasgevat en kyk nou gaan dit baie beter. Africa mense wil alles gratis he en heeldag op hulle agterstewe sit en niks doen nie. Hier by die mpy waar ek werk, het die vakbonde ingeloop, wou al die werkers forseer om aan te sluit. Die eienaar het hulle toestemming gegee. Vlg dag toe die vakbond trug kom, was die hekke gesluit, met ‘n bord op. “Company closed down, please contact the union represented at ……….. union, for the reason for the closing. Die vakbond het nooit trug gekom en ‘n week later die is almal weer by die werk. Al die mpy moet dit doen, vorseer die %$@ uit jou mpy wat jy hard gewerk het voor om op die been te bring.

alida ·

Toyota kan altyd ‘n teeneis insit en eis dat die werkers wat aan unies behoort bedank by die unies of die risiko om loop om hul werk te verloor. ‘n Werkgewer kan baie redes kry om jou af te dank. Hulle moet 2X dink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.