Tradisionele geneesheer gevonnis na seun (15) sterf

hof-hamer

Argieffoto

ʼn Tradisionele geneesheer is in die Witbank-landdroshof in Mpumalanga gevonnis vir die dood van ʼn 15-jarige seun, wat dood is nadat die geneesheer hom besny het.

Monica Nyuswa, provinsiale woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê Shampion Andries Mahlangu het in Mei 2013 ʼn paar besnydenisse op ʼn groep seuns en jong mans uitgevoer. Een van die seuns is na sy besnydenis alleen, sonder enige sorg gelaat en hy het in hierdie tyd baie bloed verloor. Hy is later aan uitermatige bloeding en hipotermie dood.

Mahlangu is skuldig bevind aan strafbare manslag en tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. Die vonnis is in die geheel opgeskort. Hy is ook tot 24 maande tronkstraf of ʼn boete van R12 000 gevonnis vir oortreding van die Kinderwet, aangesien die wet besnydenisse op kinders jonger as 16 jaar verbied tensy die besnydenis verband hou met geloofsredes of op aanbeveling van ʼn mediese praktisyn gedoen word.

Nyuswa het gesê die vonnis word deur die NVG verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gerd Lourens ·

Eish!!! Maar die dolosse het dan gesê die man sal lewe…

alida ·

Hierdie tipe goed moet as ‘n strafbare oortreding gesien word. Dit is barbaars en lewens gevaarlik. As dit dan moet gedoen word kan die staatshospitale dit mos doen deur ‘n geneesheer wat weet wat hy doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.