Tradisionele geneser in hof oor verkragting van tieners

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 29-jarige tradisionele geneser van Noordwes het Dinsdag in die hof verskyn nadat hy glo twee niggies verkrag het.

Maj. Pelonomi Makau, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die verdagte, oorspronklik van KwaZulu-Natal, het tydens die beweerde misdrywe as ʼn tradisionele geneser in Ramatlabama naby Mafikeng gepraktiseer.

“Die verdagte het na bewering die meisies, wat toe 17 jaar oud was, tussen Desember 2013 en Januarie 2014 verkrag toe hy besoek gaan aflê het in Letlhakane,” het Makau gesê.

Die man het glo die twee tieners vroeër ontmoet en hulle ingelig dat hulle getoor is en behandel moet word. “Die meisies het die verdagte in Desember 2013 gaan besoek om behandeling te ontvang. Tydens die behandeling het hy glo een van die meisies verkrag terwyl haar niggie buite die huis gewag het. Die slagoffer het nie die voorval by enigiemand aangemeld nie.”

Die man het glo op 6 Januarie die ander slagoffer na sy huis gelok en tydens “behandeling” verkrag. Die tweede slagoffer het haar ma vertel, wat ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak het. Toe die ander slagoffer van die voorval hoor, het sy ook haar familie en die polisie vertel.

Die verdagte is later by sy huis in hegtenis geneem.

Die saak is tot 9 Junie uitgestel omdat een van die getuie nie by die hof opgedaag het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

MARTIN ·

Sien daai Tannie in Ballito nou hoe slim is die raadgewers?

Lappop ·

JL
Ha, Ha.
Hulle het seker albei laringitis gehad, die dat hulle nie hard genoeg kon skree, dat die een wat buite wag kon hoor nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.