Tradisionele geneser in hof vir verkragting

court-hammer_thumbʼn Tradisionele geneser wat beskuldig word van verkragting, seksuele aanranding en die onwettige besit van pornografie, het Maandag in die Thokoza-landdroshof in Gauteng verskyn.

Kapt. Augustinah Selepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die saak is tot later die maand uitgestel en dat die verdagte in aanhouding sal bly.

Die 44-jarige verdagte het na bewering Saterdag ʼn 22-jarige vrou verkrag. Die vrou het ʼn klag by die polisie aanhangig gemaak. Een van die verdagte se werknemers het later aan die polisie gesê dat sy seksueel aangerand is.

Selepe het gesê die polisie het ook op pornografiese materiaal beslag gelê. Volgens Selepe kan daar moontlik later nog aanklagte teen die verdagte aanhangig gemaak word na afloop van die polisie se ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.