“Tradisionele geneser” vas oor penis-medikasie

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man, wat homself as ʼn tradisionele geneser voorgedoen het, is in hegtenis geneem in verband met ʼn bedrogspul oor medikasie wat glo ʼn penis kan vergroot.

“Die 31-jarige man is Sondag in Soweto in hegtenis geneem,” het ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Sy 36-jarige slagoffer het Woensdag R6 000 aan die kamma-geneser betaal vir die medikasie. Hy het egter nooit die medisyne verskaf nie en versuim om enige oproepe van die slagoffer te beantwoord.”

Die slagoffer het ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak. Die geneser is in hegtenis geneem nadat ʼn speurder homself as ʼn nuwe klant voorgedoen en ʼn konsultasie gereël het.

Die verdagte gaan na verwagting Dinsdag in die Protea-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van diefstal onder valse voorwendsels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Shannon ·

“ʼn Man, wat homself as ʼn tradisionele geneser voorgedoen het ..”

Wat is die kriteria vir toelating tot die klub vir gesertifieseerde kwaksalwers ?

Andre ·

“Its not the size of the ocean, its the MOTION of the ocean”

pop ·

Lekker lag ek nou< kan nie verstaan hoekom arresteer hulle die kwak nou nie. Daar is nie moetie vir stupid nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.