Tradisionele geneser verkrag vrou glo tydens ‘inisiasie’

Die Moretele-landdroshof. (Foto: ANA)

Besorgde tradisionele genesers het Maandag ʼn hofsaak in die Moretele-landdroshof in die noorde van Pretoria bygewoon waar een van hul kollegas tereg staan op ʼn aanklag dat hy ʼn vrou tydens ʼn inisiasieseremonie verkrag het.

Die 22-jarige vrou beweer die man het haar sedert Februarie verlede jaar, toe haar opleiding as ʼn tradisionele geneser begin het, aangerand en misbruik.

Die vrou, van Protea North in Soweto, het gesê tydens die inisiasie in Hammanskraal het die persoon aan haar gesê die voorvaders wil hê hulle moet in ʼn verhouding wees, sodat haar inisiasie gladder kan verloop.

Sy het glo ingestem omdat sy nie inisiasiepraktyke baie goed geken het nie.

Die vrou voer aan sy is ná die inisiasie terug huis toe, waar sy deur nóg ʼn geneser ingelig is dat sy vervloek is om nie ʼn man te kry nie. Sy is terug na die vermeende verkragter ná ʼn belofte dat hy die vloek sal verwyder, maar is glo by haar aankoms daar al aangerand en verkrag.

Tradisionele genesers het meestal agter in die hofsaal gesit waar hulle winde sit en opbreek het. Hulle het dit beskryf as ʼn gebaar van die energie wat die voorvaders vrystel.

Die geneser (22) se regsverteenwoordiger het aangevoer hy sal kliënte verloor en ʼn finansiële verlies ly as hy nie op borgtog vrygelaat word nie.

Die staat het nie sy aansoek teengestaan nie en die geneser is op borgtog van R1 500 vrygelaat.

Die saak is tot Julie uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Manie van Worcester ·

Probleem is hulle glo dit maar hulle stem bepaal jou en my toekoms

Dirk ·

Die duiwel is los en loop vrylik rond en moeilikheid maak in SA.

Anoniem ·

Al ooit na die opening van die parlement gekyk? Manie van Worcester praat baie waar.

Dries Moolman ·

Werklikwaar, die woord geneser behoort tussen aanhalingstekens geplaas te word, want ons weet almal dis net ‘n scam van hierdie mense.

Hartseer ·

Dirk, dis waar, die duiwel loop loshande regoor die hele wereld, die wereld bloei uit duisend wonde, ons moet bid vir vrede, hoe heerlijk sal dit nie wees nie? Vrede op aarde!!!

Netta ·

Ons het baie vorme van afgodediens in ons lewens. God verwag ons moet hand in eie boesem ook steek.
Ons stryd is egter nie teen vlees en bloed nie. Veral nie in ons pragtige land nie. God is en bly egter in beheer.

HESTER ·

Sy se dat sy nie van beter geweet het nie en daarom geglo sy isd vervloek en kan nie n man kry nie. My opininie as julle ophou om in die snert te glo en na die lewende God draai sou jy van beter geweet het. NIE DAT EK SY OPTREDE ENIGSINS GOED PRAAT NIE. Hy moet vervolg word.

Dirk ·

Hartseer, vrede op aarde is die mens nie altyd beskore nie, maar ten spyte van dit alles kan jy vrede op aarde ervaar deur opregte en diepe geloof in jou Skepper en deur jou Godgegewe verstand te gebruik om nie betrokke te raak by enige onregte teenoor enige lewende wesens nie en om jou nie met die semels te meng nie en om uit die pad uit te bly van bose wesens! Boosheid volg boosheid en verswelg alles en almal wat in sy pad kom staan, maar vernietig tog uiteindelik ook homself. Ons moet maar net inval by God se plan, dan kan ons onsself en mekaar nog red en wat ookal nog te redde is, dis al!

Anoniem ·

Ek kan my net die prentjie voorstel – hoe die klomp daar op ‘n ry sit en “burp” om die aangeklaagde te ondersteun…. Wens ons kan ‘n video daarvan die wêreld instuur om te wys waarmee het die beskaafde mense van Suid-Afrika te kampe!

Stem saam met my naamgenoot, dis soos die donker Middel-eeue.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.