Tradisionele genesers sê nee vir onwettige aborsies, valse beloftes  

Tradisionele genesers tydens die beraad. Foto: ANA.

Tradisionele genesers het twee dae lank in Rustenburg in Noordwes vergader om met wette vorendag te kom om hul praktyke te reguleer.

Dié beraad het plaasgevind nadat tradisionele genesers hul bekommernis uitgespreek het oor kwessies soos onwettige aborsies wat deur valse genesers uitgevoer word, beloftes om MIV/vigs te genees, om mense ryk te maak of om verlore geliefdes terug te besorg.

Obakeng Mooki, die voorsitter van die nuutgevormde Noordwes- provinsiale tradisionele geneser- forum, het gesê tradisionele genesers moet alles in die stryd werp om waardigheid te herstel in hul erfenis, kulturele gebruike en genesingsmetodes.

“As tradisionele genesers is ons bekommerd oor idees wat ons toenemend van ons waardigheid stroop. Dit is waarom ons die departement van kultuur, kuns en tradisionele aangeleenthede genader het om ons bekommernis te lug. Ons kinders sterf in ‘agterplaas’-aborsies waar mense voorgee dat hulle dit kan uitvoer.”

Wendy Nelson, waarnemende premier van Noordwes, het die genesers geprys vir hul pogings om valse praktyke te bestry.

Sy het gesê dit is belangrik vir tradisionele genesers en dikgosi (tradisionele leiers) om af te reken met die kriminele aktiwiteite wat hul status afgradeer.

“Ons sien dikwels advertensies met valse beloftes op padtekens en straathoeke. Dit teiken mense wat swaarkry en hulself in moeilike situasies bevind. Ons moet dié mense beskerm.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Snowball ·

Tradisionele WAT? Genees mense van onkunde, dan sal ware mediese hulp gesoek word en mense in elk geval nie uitgebuit kan word nie. Wat sal jy kies, die Dolosgooier of die Hartchirurg?? Tough choice?

Casper Labuschagne ·

Toemaar, soos die regering nou besig is om die hele mediese stelsel te ondergrawe sal daar binnekort net tradisionele genesers oorbly met al die dokters, chirurge, narkotiseurs, tandartse, aptekers en verpleegsters in of Perth of Auckland. Ons beter hoop hul medisyne werk want dit sal al wees wat ons het.

Casper Labuschagne ·

Die visuele beeld van ‘n saal vol tradisionele genesers wat aandagtig na ‘n PowerPoint voorlegging kyk is nogal iets waar my verbeelding effens vashaak.

Hanna Hoekom ·

Daar is nie medisyne vir domgeit nie! Mense sal altyd vir hierdie snert val (en betaal) solank hulle nie behoorlik geskool word nie. Daar is een v hierdie kwaksalwers agter Shoprite in die Strand en die lys van skete wat hy kastig kan genees is redelik indrukwekkend. Mense staan tou by sy “spreekkamer”! Red nou n nasie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.