Tradisionele leier kry borg ná vigilante-moord

Argieffoto

Argieffoto

Kgoloko Morwamoche (32), die stamhoof van die Madibong-nedersetting in Limpopo wat saam met twee medepligtiges teregstaan vir die moord op ʼn 27-jarige man wat van diefstal verdink is, is op borgtog vrygelaat.

Volgens lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het Morwamoche, Khomotjo Matlala (28) en Godfrey Segopotje (24) Dinsdag in die Sekhukhune-streekhof verskyn in verband met die moord op Jacob Mataboge (27).

“Hulle is elkeen op borgtog van R3 000 vrygelaat en die saak is tot 8 November uitgestel vir verdere ondersoek,” het Ngoepe gesê.

Maroela Media het vroeër berig die drie is verlede week in hegtenis geneem nadat ʼn groep ontstoke inwoners, vermoedelik onder leiding van die stamhoof, op 25 Mei reg in eie hande geneem en die oorledene aangerand het. Hulle het hom verdink van ʼn huisbraak waartydens ʼn plasma-televisiestel gesteel is. Mataboge het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

plaasjapie ·

Hulle mag reg in eie hande neem….iemand doodmaak oor diefstal….en dan op n lae borgtog weer vry rondloop. Dit is hulle tradisie om diewe so te straf. Maar laat een van ons n dief, praat nie eers van een wat jou probeer doodmaak nie, doodmaak ! Hulle sluit jou toe en gooi die sleutels weg !
Die wette in die land geld net vir ons boervolk !

Plattelander ·

Ja, die reg is mos aan die misdadiger se kant en andersom!

Frederik ·

‘n Stamhoof is ‘n hoogs gerespekteerde man in sy stat en sy onderdane heg meer waarde aan wat hy sê as die land se president.
Dit was een van die groot onregte van apartheid.
Die ou kom by sy huis, vang sy buurman saam met sy vrou in die bed en gaan kla by die stamhoof. Die stamhoof sê hy moet daai man gaan doodmaak. Wat hy dan ook doen, want die “chief” het gepraat.
Volgende dag word hy gearresteer vir moord en word op die ou einde gehang.

KarooKlong ·

Sodoende kry die stamhoof ‘n ekstra vrou sonder baie moeite.
Zumpie het waarskynlik by ‘n stamhoof geleer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.