Tradisionele leier vas vir bendegeregtigheid

Argieffoto

Argieffoto

Kgoloko Morwamoche (32), die stamhoof van die Madibong-nedersetting in Limpopo, staan saam met twee medepligtiges tereg vir die moord op ʼn 27-jarige man wat van diefstal verdink is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het gesê Morwamoche en sy medepligtiges, Khomotjo Matlala (28) en Godfrey Segopotje (24), is in hegtenis geneem in verband met die moord op Jacob Mataboge (27).

“ʼn Groep ontstoke inwoners, vermoedelik onder leiding van die stamhoof, het glo op 25 Mei om 20:45 die oorledene opgespoor. Hulle het hom verdink van ʼn huisbraak waartydens ʼn plasmatelevisie gesteel is,” het Ngoepe Maandag gesê.

Hulle het Mataboge in die nedersetting gevang en met verskeie voorwerpe aangerand. Hy is na ʼn plaaslike hospitaal geneem waar hy later weens sy beserings beswyk het.

Die polisie het die voorval ondersoek en die drie verdagtes verlede week in hegtenis geneem. Hulle het Vrydag in die Sekhukhune-streekshof verskyn. Die saak is tot Dinsdag uitgestel vir hul amptelike borgtogaansoek. Hulle bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Nou verstaan ek nou nie so mooi nie. Die regering is vreeslik vir stamhoofde en tradisionele leiers maar die mense mag niks doen nie. In die Afrika kultuur het hierdie hoofde die reg om mense te laat dood maak volgens hulle boendoe howe. Nou word die man inhegtenis geneem.

Lance ·

Ai what next nou bendes ook nog … ook al kultuur is die besnydenis met stomp geroeste voorwerpe met geen benul van steriel werk nie …nou wonder almal hoekom so baie sterf in die proses

Scalla ·

As daar n vrou betrokke was moes hy net gaan stort het dan was alles reg.

Johann ·

So, behalwe by die stembusse, wil dit voorkom asof die wat aan die ontvang kant van misdaad is en tevergeefs wag vir geregtigheid, besig om rehg te laat geskied.MAAR dan skielik is al wat n.polisie lid is daar om te vang?

Anti DA ·

Dit is nie reg nie maar mense raak moeg vir misdaad en die owerhede doen niks die sisteem werk in Botswana en kyk hoe min misdaad het hulle .

Veritas ·

Waar kom die woord ‘bendegeregtigheid’ vandaan? Klink vir my nie geregtig nie. ‘Jungle Justice’ kan seker vertaal na ‘Bosvonnis’ of iets dergliks.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.