Tradisionele leiers skop vas teen onteiening

Koning Goodwill Zwelinthini. Foto: DoC

Die teenstand van tradisionele leiers teen onteiening van grond sonder vergoeding het die regering genoop om ʼn taakspan saam te stel om met hulle oor hul ontevredenheid te onderhandel.

Die groeiende kommer van die regering oor die aggressiewe trant van die debat blyk duidelik uit die kabinetsverklaring wat vanoggend deur die minister van kommunikasie, Nomvula Mokonyane, aan die parlementêre perskorps voorgehou is ná afloop van vandeesweek se kabinetsvergadering.

Terwyl sy die kabinet se waardering vir Suid-Afrikaners se deelname aan die proses van openbare verhore oor die onderwerp uitgespreek het, het die kabinet ʼn beroep op alle betrokkenes gedoen om vreedsaam aan die geleenthede deel te neem en verdraagsaam te bly al verskil hul menings oor die kwessie.

“Dit is die enigste manier hoe almal ʼn regverdige kans gaan kry om aan die proses deel te neem,” het Mokonyane uitgewys.

Die kabinet het benadruk dat geen besluite tot dusver geneem is wat regeringsbeleid verteenwoordig nie, en dat die voorskrifte steeds geld dat die landbou, voedselproduksie en die ekonomie nie ontwrig moet word nie.

Die regering is spesifiek bekommerd oor die besware van tradisionele leiers teen onteiening sonder vergoeding. Daarom is ʼn kabinetstaakspan saamgestel om met hulle oor ʼn vriendskaplike oplossing vir hul besware te onderhandel.

Die taakspan sal bestaan uit ministers Zweli Mkhize (samewerkende regering en tradisionele sake), Senzeni Zokwana (landbou, bosbou en visserye), Maite Nkoana-Mashabane (landelike ontwikkeling en grondhervorming) en Nomvula Mokonyane (kommunikasie).

EWN berig Zoeloekoning Goodwill Zwelithini het gesê die regering moet nie eers daaraan dink om grond van die Zoeloes te vat nie en ʼn moontlike oorlog sal hulle in die gesig staar indien hulle dit sou doen.

Zwelithini het Woensdag in Ulundi ʼn spesiale imbizo met tradisionele leiers gehou oor die regering se voorgenome planne vir onteiening sonder vergoeding. ʼn Trust administreer 2,8 miljoen ha grond namens die koning.

Zwelithini het ook gedreig dat KwaZulu-Natal bereid is om sy eie onafhanklike staat te word indien die regering nie aan hul eise gehoor gee nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

KP ·

Ek wonder hoeveel dra hy met al hierdie grond by tot voedselsekuriteit in die land dat daar spesiaal na sy besware gekyk moet word??

Willem ·

So jy stem saam met die EFF dat alle grond in die land sonder vergoeding onteien moet word en aan die staat oorgedra moet word? Sosialisme?

Cherokee ·

Soos jy sê Willem, mense moet nie net praat nie maar dink ook. Dit bring die KP-party van ouds in herinnering, en die mense wat daarvoor gestem het sonder om te besef wat die oorsprong daarvan was. Soos jy self sê, hier word die EFF nou ondersteun, weer onnadenkend.

Netso ·

Iemand het nou skielik die leeu se hok geskud! As ons sien hoe maklik hulle die 400 000 mense se wapens wat nie heraansoek voor gedoen was nie nou onteien dan weet hierdie Zoeloekoning iets wat ons moes weet..?

SVW ·

Stem saam. Afrikaner, nou is die tyd om jou mond oop te maak. Laat jou stem gehoor word! Kyk wat word van ons land!

Rynhardt ·

Die koning van die Zoeloes het dit reeds duidelik gemaak dat hul nie hul grond gaan afstaan aan diewe en rowers nie!Hy en Buthelezi het beklentoon dat hul nooit die Anc sal vertrou nie(waardevolle les vir Afrikaners wat wil onderhandel en nogmaals onderhandel!).Koning Goodwill het verder beklemtoon:” As die Anc verder sou voortgaan om druk op hulle te plaas,hul sou voortgaan met aksie”. My vraag is,wat gaan die Afrikaners werklik doen met die Anc wat al hul grond wil he???????

LR ·

Dis reg maak KZN n onafhanklike staat dan kan daar dalk n Afikaner Tuisland kom.

KP ·

Wonder hoeveel met al die grond dra hy tot voedselsekuriteit by dat daar dringend na sy besware gekyk moet word.

Andre ·

Dis hoekom dit met ons gaan soos dit gaan,ons het mekaar in die Boere oorlog verraai en doen dit steeds vandag.
Ons is die hand wat tot ons eie uitwissing lei.
Wat het geword van Eendracght maak Macght, ek lag skoon as ek so iets sien

KP ·

Niemand se grond moet gevat word nie al wat ek wil weet wat maak hom so spesiaal.

Marietjie ·

Andre die Boereoorlog is verby! Hou op teruggryp na die verlede en hou op teem oor verraad. Eendracht maak macht is nie nou relevant nie. Ek en jy en ons almal leef nou en hoef nie die saamkoekery van saamstaan te pleeg nie! Probeer eerder ‘n positiewe inset te lewer by die regte forums as om ons Afrikaners gedurig te vertel hoe ons mekaar verraai het. Ek het niemand verraai nie! Pas aan en kom land in die hedendaagse samelewing!

Lou ·

Die antwoord is eenvoudig. Die ANC luister na die Zoeloes want hulle is bekommerd oor stemgetalle. En om presies dieselfde rede sal hulle nie na die res luister nie………

Cherokee ·

Julle moet nie buite rekening laat dat die ANC ‘n Zoeloe-party is. Dìt kan ‘n hewige tweespalt in hul geledere veroorsaak.

Jacobus ·

Eintlik is die ANC van hulle stigting af ‘n Xhosa party. Kyk net na al die leiers wat hulle al gehad het; almal was Xhosas met die uitsondering van Zuma wat hulle ore aangesit het, maar dit was skaars vir 10 jaar.

Katy ·

Ons soek vrede maar as die regering ons hard betaalde grond wil vat dan moet hul weet baklei ek en plak op my eie grond. Laat die minister sy grond af staan sonder vergoeding en die miljoene hektaar grond wat in regerings naam is af gee. Jul vat ons wapens, ons godsdiens in skole en ons taal af nou wil jul ons grond ook vat. Vergeet dit. Aanvaar dat God ons verskillende kleure en menslikheid geskenk het dan kan ons vrede en aanvaarding hê.

John ·

Mens wonder hoe die koning en sy gevolg, al die tradisionele leiers en die res van die Zoeloes in Natal sonder belastingbydraes van die staat sal ooleef… in luukse… of gaan hulle die Indiers melk. Hoekom het ons soveel konings en hogeres waarvoor ons moet sorg? Is ons ‘n demokrasie of ‘n toneelgeselskap?

Wim ·

John, die Koning het gepraat van die hele KwaZulu-Natal afstig as onafhanklike staat, dan genereer die streek, met twee hawens en die Toerisme, daai klomp suikerriet plase, sekerlik genoeg belasting om die toekoms met ‘n lied in die hart tegemoed te gaan. Ek dink die regering sal dit nie toelaat nie, hulle is afhanklik van al daai geld en daai hawens.

KP ·

Willem wat ek bedoel is hoekom word daar so vinnig na sy besware geluister maar die boere wat tot voedselsekuriteit bydra is op hulle eie daar my vraag hoeveel dra hy met al sy grond werklik by.Moenie sulke vinnige afleidings maak nie.

Jacobus ·

Dit is ‘n maklike antwoord, die koning verteenwoordig die grootste stam naamlik die Zulu’s met so ±12 miljoen siele.

As die Zulu koning praat gaan al die miljoene Zulu’s luister onthou hulle is nog steeds “tribal” georiënteerd a; is hulle hoe geleerd.

As KZN afstig, gaan SA sy beste hawens verloor en van sy beste grondgebied om nie eers van die belastings te praat nie.

Die Zulu koning is ook meer aan die kant van die VK en VSA en nie soos die ANC aan die kant van Sjina en Rusland.

As KZN afstig gaan die VSA en VK onmiddellik genader word om ‘n militêre basis te vestig of self aanbied as ‘n soort van beskerming en dit wil die ANC ook verhoed.

Die ANC wil ook die Indiër bevolking paai wat ‘n groot invloed op die ANC het.

Daar is baie ander redes wat ook ‘n invloed sal hê, maar ek dink ook dat dit dalk die ANC en die Britse Koningshuis se plan van die begin was on SA op te breek in kleiner lande en die Afrikaner so te vernietig omdat ons geen grondgebied sal hê omdat die lande volgens swart stam gedeel sal word.

PLP ·

KP wat maak dit saak of die Zoeloes bydra tot voedsel sekerheid. Weet jy hoeveel van daai plase word bewerk deur blanke boere wat die grond huur. Ek sal jou se honderde. Ons as wit Suid Afrikaners sal baie vining moet leer om saam te staan en nie almal in sy eie rigting te wil trek nie. Ons sal ongelukkig of dalk gelukkig met die Zoeloes moet hande vat in hierdie saak om te oorleef in die land. Gelukkig is die meeste van die Zoeloes eerbare mense en nie rugstekers nie. Behalwe natuurlik n spul Zoeloes wat die van Zuma dra. maar gelukkig is daar ook baie Zoeloes wat hulle ook nie vertrou nie

Leser ·

Ek vermoed jy is reg PLP…ons sal waarskynlik saam met die Zoeloes moet staan…

Mrs H ·

Sal interesant wees as die Zulus die hele Natal n onafhanklikke staat maak, en ons die hele Kaap ons onafhanklikke staat maak, hoe die Arzanie regering dan voort sal gaan. Wat vir my baie belangrik is, sou so iets gebeur, is dat ons die Vrystaat beslis ook met ons moet saam neem, aangesien ons n staande ooreenkoms met Lesotho het om altyd water aan SA te voorsien van die Katse dam af. Daardie is beslis nie n ooreenkoms wat ons wil verloor nie. Ons voorvaders het hopeloos te hard en lank baklei en onderhandel vir daardie water, waarvan ons huidigge regering niks te make mee het nie.

Vryheid ·

Saam staan is die antwoord, die regering luister eers as daar in opstand kom. Ons moet leer van ons medeburgers, blankes het swak en ruggraatloos gewond geen wonder dat als stelselmatig van ons afgeneem word nie.

Willa ·

Dat die zulu koning nou vir ons moet wys hoe word dit gedoen! Sè dood eenvoudig “daar sal oorlog wees as jul aan my grond vat” en eweskielik stig hulle ñ komitee. Waar sal ons ñ leier kry en dieselfde sè? Ek glo indien iemand voor sal vat en ook “oorlog” sal verklaar, trek hul die meeste boere in….

Rupert Ashford ·

Die ironie is dit is die EEN Zulu wat maar 10 jaar die leisels van die Xhosa ANC gehou het wat die gemors veroorsaak het. En hy gebruik heerlik weer KZN vir sy eie gewin om die ANC te destabiliseer. Maar ek sien die koning het weer vir Bothalezi (die ander Botha?) afgestof in die geveg.

Aag Sies Tog ·

Wonder wat sal gebeur as die arme wit boere so n houding in neem – dan is hulle seker weer rassiste. Die staat mors in elk geval met grond.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.