Tragedie by Alexandra-polisiestasie eis 5 lewens

Die Alexandra-polisiestasie. Foto: Skermskoot/Google Maps Earth

Die Alexandra-polisiestasie. Foto: Skermskoot/Google Maps Earth

ʼn 31-jarige polisiekonstabel is Woensdagaand doodgeskiet nadat hy glo vroeër die dag vier mense, waaronder sy vrou, by die Alexandra-polisiestasie doodgeskiet het.

Lt.genl. Lesiba Mothiba, polisiekommissaris in Gauteng, het aan joernaliste by die Alexandra-polisiestasie gesê die konstabel het glo eers sy vrou doodgeskiet en toe drie ander mense. “Die vrou het by die polisiestasie aangekom om ʼn klag van huishoudelike geweld in te dien.”

Volgens Mothiba het die voorval omstreeks 18:00 plaasgevind. “Die konstabel het by die polisiestasie aangekom waarna hy die vrou, twee ander mense en ʼn polisiemajoor (59) doodgeskiet het.” Hulle is almal op die toneel dood verklaar.

Die konstabel het daarna van die toneel gevlug. Volgens Mothiba het polisiebeamptes die konstabel na sy huis gevolg waarna hy glo op hulle losgebrand het. Die beamptes het teruggevuur en die konstabel is doodgeskiet.

“Ons stuur ons medelye aan die families, vriende en kollegas van diegene wat in die tragedie doodgeskiet is.” Mothiba het gesê die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) sal ook by die ondersoek betrokke wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ai tog ·

Maroela kan julle asb. die foutjie regstel in die berig: Hulle is almal op die toneel verklaar.

zahn ·

Ai tog, jy wil krities wees, maar is te bang om onder jou eie naam te skryf. Verwag jy regtig om ernsitg opgeneem te word? Moenie te sleg voel nie, ons almal maak soms spelfoute, dis nie so ernstig nie..

Sune van Heerden ·

Dagsê Ai tog

Dankie! Ons het die berig gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

HENNA ·

Ai mense met sulke slegte nuus – is dit werklik nodig vir spel toetse en nietighede ?

SI ·

Oeee Maroela ! Julle moet op julle pasoppens wees vir hierdie klomp Afrikaanssprekende ‘puriste’ …. hulle gaan julle berigte elke dag uitmekaar trek!

pop ·

Verveelde, geen lewe mense, maroela. Ons ander verstaan darem wat word gese, en stel net belang in die nuus, nie pedantiese snipperigheid nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.