
Die Alexandra-polisiestasie. Foto: Skermskoot/Google Maps Earth
ʼn 31-jarige polisiekonstabel is Woensdagaand doodgeskiet nadat hy glo vroeër die dag vier mense, waaronder sy vrou, by die Alexandra-polisiestasie doodgeskiet het.
Lt.genl. Lesiba Mothiba, polisiekommissaris in Gauteng, het aan joernaliste by die Alexandra-polisiestasie gesê die konstabel het glo eers sy vrou doodgeskiet en toe drie ander mense. “Die vrou het by die polisiestasie aangekom om ʼn klag van huishoudelike geweld in te dien.”
Volgens Mothiba het die voorval omstreeks 18:00 plaasgevind. “Die konstabel het by die polisiestasie aangekom waarna hy die vrou, twee ander mense en ʼn polisiemajoor (59) doodgeskiet het.” Hulle is almal op die toneel dood verklaar.
Die konstabel het daarna van die toneel gevlug. Volgens Mothiba het polisiebeamptes die konstabel na sy huis gevolg waarna hy glo op hulle losgebrand het. Die beamptes het teruggevuur en die konstabel is doodgeskiet.
“Ons stuur ons medelye aan die families, vriende en kollegas van diegene wat in die tragedie doodgeskiet is.” Mothiba het gesê die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) sal ook by die ondersoek betrokke wees.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Maroela kan julle asb. die foutjie regstel in die berig: Hulle is almal op die toneel verklaar.
Ai mense met sulke slegte nuus – is dit werklik nodig vir spel toetse en nietighede ?
Oeee Maroela ! Julle moet op julle pasoppens wees vir hierdie klomp Afrikaanssprekende ‘puriste’ …. hulle gaan julle berigte elke dag uitmekaar trek!
Verveelde, geen lewe mense, maroela. Ons ander verstaan darem wat word gese, en stel net belang in die nuus, nie pedantiese snipperigheid nie.