Tragedie by Durban-strand

Paramedici by die toneel. Foto: Verskaf

ʼn Sewejarige meisie het Sondag verdrink toe sy van die kaai by North Beach in Durban afgespoel is.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care-ambulansdienste, het gesê die voorval het omstreeks 17:00 plaasgevind.

“Die meisie het op die kaai gestaan toe ʼn groot golf weens rowwe seetoestande haar afgespoel het. Lewensredders het met ʼn boot tot by haar gery en haar na die strand gebring,” het Jamieson gesê.

By paramedici se aankoms op die toneel was die lewensredders en ʼn dokter, wat nie aan diens was nie, besig om noodhulp op die meisie toe te pas. Paramedici het by hulle oorgeneem en vir langer as 30 minute gepoog om haar by te bring, maar dit was onsuksesvol.

Die meisie is op die toneel dood verklaar. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hans ·

Sjoe dit hou net nie op nie. Wanneer gaan ons mensdom leer om die natuur te respekteer en verantwoordelik op te tree. Niks word genoem van toesig by die kind nie, ouers of so nie. Ja dit is n vrats ongeluk, tog as die wat toesighoudend was oor haar wat hopelik by haar was, kon mens mos sien die see is onstuimig en dat dit dan gevaarlik is om op die kaai te wees. Wanneer gaan die mensdom in geheel verantwoordelikheid vat vir sy doen en late en ophou om als en almal om hul te blameer oor wat met ons gebeur. Gaan daar ook nou weer geeis word dat die kaai toegespan word, en wat dan van die lewensredders wat op diens moet wees dan????????????

danie ·

Indien die foto ‘n weerspieëling van die werklike omstandighede by die kaai is kan daar seker aangeneem word dat lewensredders nie voltyds aan diens gaan wees nie. Daar is nie veronderstel om mense op die strand te wees indien die see so lyk nie.

Soos jy tereg noem, waar is die ouers? Hoekom was die ouers nie by die kind nie? Wie laat toe dat so ‘n jong kind alleen op die kaai loop in enige omstandighede? Weet die ouers nie dat soos ‘n onstuimige see al klaar baie gevaarlik is vir volwassenes, des te meer vir kinders en nog erger vir kleiner kinders?

Ai Toggie.... ·

Dit is so….Baie vrae oor n tragiese voorval. En al die ‘kaaie’ toegelaat vandag….Hoekom?? Daagliks sterf taller op ons paaie…in Quantum’s….dog word daar nie n verbod op hul geplaas! En nee….die see was nie só rod….golwe wel groot.

Hans ·

Met die Quantum’s het jy punt beet. Sal dit volgene keer onthou.

Cherokee ·

Die see was nie rof nie. Ek het etenstyd deur die sitkamervenster gekyk en ‘n aanmerking gemaak dat die see plat is maar die golwe was enorm. Dit was baie groot branders wat met sekondes tussenposes aangerol het.

Theresa ·

Baie jammer oor die dogtertjie se dood. Kon verhoed gewees het indien volwassenes haar bloot nie toegelaat het om daar te gaan speel nie. Dis tog algemene kennis dat die see (rof of nie) onvoorspelbaar is en deesdae nog meer as ooit vinnige frats golwe kan uitskiet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.