Tragedie in Clocolan

Die mangat waarin die seun geval het. Foto: Verskaf

ʼn Seun is Saterdag in die Vrystaatse dorpie Clocolan in ʼn fratsongeluk dood terwyl hy gespeel het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die seun, tussen 12 en 14 jaar oud, het in die Mokodumela-nedersetting op ʼn stuk beton om ʼn mangat gespeel. Dit lyk asof die mangat oop was.

“Volgens omstanders het die seun sy balans verloor, in die gat geval en verdrink. Omstanders het dadelik hulp ontbied,” het Meiring gesê.

Reddingswerkers het by die toneel opgedaag en spesiale toerusting gebruik om die seun uit die gat te kry.

“Paramedici het hom ondersoek toe hy uitgehaal is, maar hy het ongelukkig geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.”

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Marius ·

Dis verskriklik. So jonk.
Sal liewer nie vra waar die deksel is nie.

Lollie ·

Almal het gesien waar speel die kind en dat die mangat oop is. Roep dan die kind vertel hom dat dit gevaarlik is. Hy was beslis oud genoeg om te verstaan. Wie gaan nou weer blameer word? Dis immers waarvoor kinders ouers het!

MisMissDemeanor ·

Jou kommentaar wys dat ons gewoond geraak het daaraan dat dinge nie is soos dit moet wees nie. Dit was nie die omdstanders of die kind se ouers se werk om die tragedie te voorkom nie. Die munisipaliteit of grondeienaars moes sorg dat die mangat n deksel op het. Scrapyard eienaars moet nie koper en yster koop wat moontlik gesteel is nie…

huggy bear ·

Niemand wat n man gat bou is onverantwoordelik genoeg om nie n deksel te voorsien en dit dan nie in plek te plaas nie. Dit is tewens n wetlike vereistes.
Dit is egter ook bekend dat mangatdeksels baie maklik verwyder kan word. Daarom dat diewe dit.dan ook doen en die yster as skroot verkoop.
n Logie se uitvloeisel sou wees om die.mangat dan met iets anders wat nie graag gesteel word te vervang.
As dit nie.gebeur nie SAL DAAR TRAGEDIES soos hierdie gebeur. Dan moet diewe die blaam kry, niemand anders nie

Apie ·

Ek dink myne behoort hierdie tiepe van gate behoorlik ontoeganklik maak as dit nie meer in gebruik is nie.

oumie ·

Kom ons help die sapd soek die betonblok by een van die huise dit word sekerlik as n stoepie gebruik om nie modder in huis te trap nie hul vat mos als wat los kan kom en dan vir n 12 of n 14 jarige wat soma net in daai gat val nee hoor dalk 7 en onder kan dalk inval nee hier is storie agter die stories maar net my mening

Fielies ·

Die ouers is baie nalatigheid. Hulle moet leer om hulle kinders te leer van gevare. Regtig so baie volwasenes en nie een het hom probeer weg neem van die gevaarlik nie.

Wil ook my mond uitspoel ·

Dis irrelevant waar die deksel is en hoekom dit is waar dit is. ‘n Kind het sy lewe verloor: dis dit. Tragies en hartseer. Ongeag van ras, kleur of enige ander oortuigings

MissDemeanor ·

Ja dos so. Maar ons moet nie net sit en jammer voel nie. Ons moet aandring daarop dat dinge wat onnodig tot sterftes lei reggestel word.

Asjas ·

Nee dit is relevant. Ons (brandweer) deksel is afgesteel deur kinders so 10 jaar oud, bediende het deur die gordyn gekyk, hulle nie gekonfronteer nie want hulle is hoog op dwelms en gewapen. Ongelukkig kon sy ons nie waarsku voordat ons by die huis kom nie. My dogter het in die gat getrap en enkel lelik seer gemaak. Deksel vervang, is week later weer gesteel, Munisipaliteit laat weet, wag tot vandag nog vir reaksie. Toegepak met bakstene.
Nou, waar is die ouers, waar is die belasting geld om te vervang, waarom word die goed gesteel en so kan ek aangaan. Ja, ‘n kind het sy lewe verloor danksy sy ouers wat vir die ANC stem en nie sorg vir veilige speel plek vir hulle kinders nie om nie eers te noem dat hulle net eenvoudig nie na hulle kyk nie. Nou gaan jy argumenteer dat sy Ma by my huis was besig om te werk? Ek raai sy was besig om te kuier, dit was Vrydag pay day, ek sien die lee bier bottels die wereld vol le want asblikke is mos te Westers.

Johann ·

Julle soek na die deksel, ek wil graag weet waar is sy ouers

Charmain ·

Die tipe gate het gewoonlik staalplate op. Dit is natuurlik weer gesteel en aan n “scrapyard” verkoop vir afval. Ons sien dit elke dag hier in stad. Maak vandag toe, more gesteel. Maar nou moet n kind sy lewe inboet vir dit!

Rupert Ashford ·

Mense, dit is hartseer dat die kind oorlede is. Meegevoel aan sy familie. Maar die vrae oor die mangatdeksel is relevant, want die gemeenskap moet ook verantwoordelikheid aanvaar vir die infrastruktuur wat in hulle blyplek gebou word. Moenie die goed wegvat en verkoop of by jou huis gaan gebruik nie. Dit maak die omgewing gevaarlik en dan is die kinders wat nog rondspeel soos ons ook in die ou dae gemaak het blootgestel aan aan hierdie gevare.

Soekie ·

Kinders speel buite, dit is normaal. Noem my n ouers wat n ki d van daardie ouderdom wat buite speel 24 uur oppas? Dit is 100% die Munisipaliteit se nalatihgeid!!!

foxi ·

Nog n lewetjie in sy glorie in! Tragies….tragies. Almal weet seker waar die deksel beland het en dit net vir n paar randtjies. Kyk na die oor hoofpaaie, veral die wat verby die middestad van Jhb verby gaan. Staalstukke wat motoriste moet beskerm net ingeval daar n ongeluk is……is kaal gestroop. Dit word nie eens vervang nie! Goeie genade, kan die regering regtig nie vêrder kyk as hul eie sakke nie! Hier is net nie meer wette wat toegepas word nie, almal maak en doen soos hulle wil. Jhb het net te veel boemelaars en bedelaars, dit is die rede waarom daar soveel mangate is, want hulle woon in daardie gate. En ja…..ons kan kommentare lewer net soos ons wil….NIKS SAL DAARVAN KOM NIE. Moedeloosheid ken net nie meer perke nie!

pieter ·

Wie is verantwoordellik vir die mangat kuil hul op , da te veel oop mangate en slote in ons dorpe

Charmaine Coetzee ·

Ouers moet na hul kinders omsien en noe toelaat dat hulle op gevaarlike plekke speel nie deesdae doen kinders net wat hulle wil wNt ouers is mos outyds as ouers met kinders praat dit is hartseer

Charmaine Coetzee ·

Sal goed wees as ouers vir nalatigheid ondersoek word fit sal ouers laat besef o. Na hul kinders te kyk en nie in plekje te laat speel wasr dit nie nodig is nie so jonk en die kind se lewe is tot n einde R.I.V

Hennie ·

. . . en die mangat was oop. Is daar nog magnate dat toe is, waarvan die deksels nog nie gesteel is nie?

Monty Pienaar. ·

Mangat deksels word landwyd deur krimenele gesteel en word vir herwinig weer verkoop. Hulle en die ontvangers en regering is die wie skuldig is…Hulle vermoor ons kinders…

Baie hartseer ·

Dit is so hartseer dat soveel mense die ouers beskuldig. Baie ouers se kinders was al iewers beseer waar ñ ouer se vinnige of vinniger optrede dit sou kon keer. Baie ouers is net gelukkig dat hulle “nalatigheid” nie hul kind se dood veroorsaak het nie. Die opmerking dat die ouer gaan kuier het is ook ongevoelig en onnodig. Ek is seker die ouers sal hul-self lewenslank blameer. Ons het nie nodig om klippe te gooi nie, hul las is reeds baie swaar. Ons bid en vra vir genade, maar het min of geen genade vir ander nie. Sterkte aan die ouers en familie in hierdie hartseer tyd.

TSN ·

Tussen 12 en 14, en speel om man gate. NIe die ouers of bystanders se skuld nie, net sy eie, teen daai ouderdom weet jy wat jy doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.