Tragedie in Oos-Kaap: Drie sussies sterf saam

Argieffoto

Argieffoto

Drie sussies is Donderdagaand saam in die Oos-Kaap dood.

Volgens kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, het die voorval omstreeks 19:00 in die Mantshilibeni-nedersetting in Idutywa plaasgevind.

“Die susters, onderskeidelik 7, 10 en 18 jaar oud, was almal saam in ʼn rondawel toe weerlig die struktuur getref het. Al drie meisies is deur weerlig doodgeslaan. Hul ouers was nie tydens die voorval tuis nie,” het Manatha gesê.

Die meisies se ouma was in ʼn aparte huis wat nie deur weerlig getref is nie.

Die Idutywa-polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. Die identiteit van die oorledenes word weerhou totdat hul familielede in kennis gestel is van hul dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Rina Kotze ·

Innige Simpatie aan die ouers en familie!

Net God kan julle hierdeur dra.

Om een kind te verloor is al erg, maar 3 op een slag. Dis baie hartseer.

Cherokee ·

Dit is ‘n hartseer gebeurtenis maar jy kan nie natuurkragte as duiwels bestempel nie. Voorsorg kan getref word daarteen.

Petrus ·

Moenie die duiwel krediet gee wat hom nie toekom nie! Die insident is nie aangenaam nie maar sulke dinge gebeur.

Tanya ·

Baie sterkte aan die familie. Ek weet waardeur julle gaan. Dit raak nie beter nie, mens leer net om dit saam jou te dra. Mag die Here julle vashou in hierdie moeilike tyd.

Irah ·

Hoe kom ‘n mens deur so iets? Al drie jou kinders in ‘n oogwink van jou af weggeneem.

gerbrandt ·

Dit is verskriklik. Kan die mense in die nedersettings opgelei word oor hoe om jou woonplek te beveilig teen weerlig? Ek dink dit is broodnodig. Sinkplate is dodelik met weerlig.

Cherokee ·

Ag stories. Het vir dekades ‘n sinkdakhuis besit en dit geld vir die massa huise in die land. Weerligafleiers is egter nodig.

A ·

Wonder nou net. Watse geregtelike ondersoek die Sap nou. Wil hulle die weerlig aankla. Sterkte aan die familie

snoepie ·

my Here maak nie onskuldige kinders dood nie. Dis die mens se eie wrede keuse om ander uit te moor. Die Here het self daai kindertjies geskape, Hy sal nooit onskuldige kinders doodmaak; om te vergoed vir moorde nie.

Alida ·

Ek verstaan nie. Weerlig kan jou nie binne n gebou doodslaan nie of hoe? Tensy dit n grasdak rondawel was maar hulle kon tog seker uitgehardloop het toe dit begin brand. Ek verstaan nie mooi nie.

mary ·

Jip gaan seker die weerlig aankla. Wie anders?Sal graag die uitslag van die ondersoek wil weet. Wie was skuldig? Nog steeds n ramp om al drie kinders te verloor op een slag. Kan my nie indink hoe dit moet wees nie. Hoop die ouers en familie kry vertroosting.

AJ ·

A, Nav jou kommentaar, ń Geregtelike Doods Ondersoek word altyd gehou in enige sterfgeval waar ‘n dr nie ń doodsertifikaat vir natuurlike oorsake uitreik nie. Dit sal bepaal of iemand dalk strafregtelik vir die oorledene se dood verantwoordelik gehou kan word of nie

Louisa ·

Maak nie saak hoe ons sterf nie, Jesus sal ons op sy tyd kom haal. Sterkte aan die famielies. Dit is baie hartseer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.