Tragedie op rugbyveld

rugbybal.jpg

Argieffoto

ʼn Tienerseun is Woensdagmiddag tydens ʼn rugbyoefening dood.

Annine Dormehl, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het by Alexandra High School in Scottsville in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, plaasgevind.

Volgens die 16-jarige seun se afrigter het die seun skielik tydens die oefening ineengesak waarna paramedici ontbied is.

“Die seun is op die plek waar hy glo op die rugbyveld ineengesak het, aangetref,” het Dormehl gesê.

Paramedici het noodhulp toegepas en die seun aan ʼn ventilator gekoppel voor hy na die Mediclinic Pietermaritzburg geneem is vir behandeling.

“Daar het dokters onverpoos gewerk om hom te probeer bybring, maar ongelukkig kon niks vir hom gedoen word nie en hy is omstreeks 18:00 dood verklaar,” het sy gesê.

Die polisie sal ʼn nadoodse ondersoek doen om die oorsaak van die seun se dood te bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ada ·

O genade, dit is vreeslik. My hart gaan uit aan almal betrokke.

snoefie ·

innigste simpatie aan ouers, familie, vriende en geliefdes.

Genieve ·

baie sterkte vir di fam,dis baie hartseer mag die Here hulle vertroos.

Hartseer ·

Ai dit is vreeslik hartseer. Sterkte vir die familie. Was die seun dalk siek gewees of dalk vorige beserings gehad. Dit is vir my so hartseer om hierdie berig te lees, want het ook ‘n seun van 16 en speel ook rugby. Is met elke rugby game bang vir beserings. Sterkte vir julle

Soekie ·

Ai, dis so tragies! Baie, baie sterkte aan die familie en naasbestaandes. Hoop hulle kry gou antwoorde op hulle vrae! Innige simpatie!

Penelope ·

RIV jongman en baie sterkte vir die familie. Dis so tragies om so jonk te sterf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.