Tragedie op Vrystaat-plaas

Paramedici op die toneel. Foto: Verskaf

Paramedici op die toneel. Foto: Verskaf

ʼn Jong man is Saterdag op ’n plaas in die Vrystaat dood nadat hy in ʼn voermenger beland het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 12:30 op ʼn plaas in die Petrusburg-omgewing plaasgevind.

ʼn 21-jarige plaaswerker was vermoedelik besig om te werk toe hy glo gegly en in die voermenger beland het.

“Die man was reeds dood toe paramedici van Netcare 911 op die toneel opgedaag het. Hy het weens verskeie beserings beswyk. Niks kon vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar,” het Mathe gesê.

Die polisie ondersoek die omstandighede rondom die voorval. Die man se naam is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johann ·

Wat ‘n aaklige dood om te sterf. Sterkte aan sy familie.

Daan-Retief ·

Sjoe dit is baie sleg. Daar is nog so baie implimente wat nie 100% veilig is nie.
Sterkte aan sy familie.

Gert ·

Dis waar , omtrent nerens in die land veilig nie.Sterkte aan sy familie

Fritzie ·

Ek is nou nie so vertroud met die masjien nie maar hoekom is dit dan so groot oop dat daar iemand in kan val. Baie hartseer sterkte aan sy gesin.

Loon ·

Fritzie,
Verskillende produkte word ingegooi in die menger soos gemaalde mielies of ruvoer en dan gebruik boere sommer die laaigraaf om die werk vinniger en makliker te maak, dis hoekom die menger bo heeltemal oop is.

Joann ·

Ai shame dis so vreeslik. Hy was nog bereid om naweek te werk. Sterkte aan sy familie

valerie ·

Het iemand dalk vir my nog inligting oor die voorval asseblief?

Eliza ·

Jy was n wonderlike seun en vriend.. daar is nou leemte in ons harte.r us in vrede.

Blinde Sjambok ·

…plaaswerk is rof maar dit mag nooit lewens-gevaarlik wees nie! My innigste simpatie aan sy naasbestaandes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.