Tragedie toe boot omslaan

Vier vriende se visvanguitstappie het in ʼn nagmerrie ontaard toe hul boot in rowwe seetoestande omgeslaan het aan die kus by Muisbosskerm naby Lambertsbaai.

Reddingswerkers op die toneel. Foto: Shani van der Merwe

Reddingswerkers op die toneel. Foto: Shani van der Merwe

Volgens die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is twee mense dood, een beseer en een steeds soek nadat die boot ʼn paar honderd meter van die kus tussen Lambertsbaai en Elandsbaai omgeslaan het.

Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, het gesê reddingspanne van Lambertsbaai en Mykonos is na die toneel ontbied. Die polisie en Wes-Kaapse noodpersoneel was ook op die toneel. Die oorlewende het aan ernstige hipotermie gely en is steeds in ʼn ernstige dog stabiele toestand. Hy is deur die noodpersoneel na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Volgens Lambinon is twee liggame in die vlakwater gevind. Die mans was glo albei in hul vroeë 60’s. Lambinon het gesê die polisieduikers is steeds op soek na die vierde man. Hy is glo 63 jaar oud. Die vier meter lange boot is intussen op die kuslyn opgespoor.

Die oorlewende het bevestig dat die vier mans vriende is wat gereeld saam gaan visvang en dat die boot in rowwe seetoestande met hoë golwe omgeslaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Ek is definitief nie ‘n kundige maar ‘n 4 meter boot is meer ‘n bootjie op die see. Weet nie of ek daarmee die oop see sou aandurf. Nogtans ‘n tragedie en sterkte aan die naasbestaandes.

Tania ·

Die 63 jarige wie vermis is, was n fantastiese mens en het lank Wiskunde in Citrusdal onderrig. Weet julle of sy liggaam al gevind is. Baie sterkte aan al die familie wat hierby betrokke is. Mag die Here vir julle krag gee

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.