Die polisie ondersoek die omstandighede waarin ʼn vierjarige seuntjie uit ʼn woonstelgebou getuimel en na sy dood geval het.
Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, het gesê die kind was in die sorg van sy 25-jarige oom toe hy Woensdag omstreeks 09:20 vanaf die sesde verdieping uit sy ouers se woonstel in Wynberg geval het.
“ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen,” het Traut gesê.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Tragedie!