Tragedie tref bekende rugbyspeler se gesin

Jannie du Plessis gedurende sy tyd by Montpellier in Frankryk. (Foto: REMY GABALDA / AFP)

Die voormalige Springbokspeler en huidige Leeusstut Jannie du Plessis en sy vrou, Ronel, se eenjarige seuntjie het Dinsdag in ’n swembad verdrink.

Medelye het Dinsdagoggend op sosiale media ingestroom nadat die oud-Springbokspeler en televisie-aanbieder Toks van der Linde dié nuus bekend gemaak het.

Die tragedie het hom glo op Du Plessis se 39ste verjaarsdag afgespeel.

Volgens Van der Linde is die seuntjie Sondag gedoop.

“My hart is stukkend, stukkend, stukkend. Bid asseblief vir Jannie en sy familie, asseblief,” het Van der Linde geskryf.

Rudolf Straeuli, uitvoerende hoof van die Leeus, het vanoggend by navraag aan Maroela Media gesê hy gaan nie in dié stadium kommentaar op die voorval lewer nie, maar die span dra Du Plessis en sy gesin in hul gebede op.

Straeuli het voorts gevra dat die gesin se privaatheid gedurende hierdie moeilike tyd gerespekteer word.

Du Plessis het hom einde 2019 by die Leeus aangesluit. Hy het vantevore ook vir die Haaie, Montpellier in Frankryk en die Springbokke uitgedraf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Mammie ·

Dis so hartseer. Liewe Vader hou hulle in U hart en vertroos hulle.

Shakespeare ·

Angswekkend en hiper traumaties. Al wat ek vir jou en jou gesin kan sê is om seën en krag uit te spreek oor julself. Baie sterkte my maat. Ek huil saam met julle.

Misky ·

Dis bitter hartseer. Innige simpatie met die familie en in besonder die ouerpaar. Mag Jesus julle styf vashou in die tyd van rou

Cate ·

Sterkte aan Jannie en gesin
My kleinkind ook amper verdrink. Was erg vir my
Bid vir jul2

Dries ·

Ai ai. Hoe oorleef n mens so iets. My hart gaan uit vir Jannie en sy gesin. Mag die liewe Vader julle hierdeur help

Daleen ·

Here hou asseblief hierdie familie styf teen U bors vas. Die trane loop en my hart breek vir hulle.

AmY ·

Baie sterkte aan die familie.
Dit is bitter tragies en hartseer.

Trotse Boervrou ·

Ek is amper te hartseer om kommentaar te lewer. Sterkte Jannie, Ronel en al die geliefdes van die ou klein mensie. Mag God jul krag gee om deur die hartseer tyd te kom.

Swerwer ·

Vader hou hul styf in U hand. Innige simpatie en meegevoel aan die ouers en familie.

Aanhouer ·

Daar is nie woorde vir so ň tragedie nie….
Dis so verskriklik. Ek bid vir Jannie, sy vrou en hul familie vir vertroosting.

Miets ·

Wie jy ook al mag wees wat die af duimpie gegee het by aanhouer se boodskap……. Ek sal my kop in skaamte laat sak.

Onnie ·

Miets dit wil vir my voorkom of di duiwel hard werk hier op MM kommentaar, want by elke kommentaar waar daar melding gemaak word van God en gebed word die af duimpie gewys. Ons moet die persoon eintlik bejammer omdat hy/sy deur soveel moeite gaan om iets te beveg waarin hy/sy kwansuis nie glo nie…. Sterkte vir die familie en die af-duimpie-ou

anniekiewiet ·

Ek het ook nou gewonder wie “stirr” so. Arme persoon wat seker nog nooit hulp moes soek vir vertroosting nie.

Irma ·

Of die persoon het nog nooit iemand aan die dood afgestaan nie. Net iemand wat al ‘n familielid aan die dood afgestaan het weet watter hartseer tyd dit vir hierdie familie is.

Niklaas ·

Baie tragies. Ek kan my nie indink hoe swaar hierdie slag hul getref het, of hoe hard ouers wat ‘n kind verloor, dit beleef nie. Soveel simpatie met hulle.

Dewald ·

Vir al hierdie “af-duimers”, as jy nie in die Here en gebed glo nie, is dit seker jou saak, maar moet liefs dan nie die kommentaar lees nie. Dis verseker nie die regte forum om jou oortuigings ten toon te stel nie, dan nog, in die vorm van ‘n anonieme af-duim.

Di ·

As jy my vra het afduimpie geen simpatie nie. Die persoon moet eerder ophou afduimpies gee op elke kommentaar

Kobus ·

Hier is blykbaar een persoon wat duim – af op al die boodskappe waar die woord “bid” genoem word plaas.. Stuur asb u kommentaar onder u naam of weerhou u van negatiewe optrede uit respek vir die familie en ander gelowiges. Indien u nie glo nie,respekteer ons dit. Staak asb u lafhartige optrede

Casper ·

Ons het self ‘n baba seuntjie net na sy geboorte aan die dood afgestaan.Dit is die hardste en die seerste iets wat ‘n ouerpaar kan tref,maar hoe het die seuntjie in die swembad beland.Sterkte Jannie.Jesus het self sy dissipels beruspe en gesê,laat die kindertjies na my toe kom en verhinder hulle nie.

Genis ·

Hoe bitter hartseer, my innige simpatie. Mens het nie eers woorde nie. Mag God julle styf vashou en vertroos in die moeilikke tyd

chantelle ·

die is so verskriklik hartseer. en nou is theuns jordaan ook oorlede. ek bid vir die 2 gesinne

My2Sent ·

Agge nee!!!! Die arme mense. Sjoe, kan my nie eers indink nie!

Thea ·

My hart huil, Dit is die ergste ding wat ‘n ouer kan oorkom. Mag die Vader julle vertroos in hierdie moeilike tyd en staan bymekaar.

Skappie ·

Baie hartseer. ‘n ongeluk gebeur so vinnig. Sterkte aan julle as ours. Mag onse Liewe Heer julle styf vas hou in Sy arms.

Albertus ·

Ai Jannie, so jammer, kan my nie eers indink hoe julle almal voel nie, mag God julle vertroos

Charllas ·

Hoe wens mens jy kan n deel va hulle pyn net weg vat.... net help dra aan die seer. Dit isn anders seer, `n ander pyn! Ek as buite-staader, vreemdeling huil as ek vir Jesus vra om hulel vas te hou… hulle pyn tog soveel meer! Mag Jesus hulle dra en vashou en net troos~Stekte julle en mag julle weet julle het nie die pyn verdien nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.