Trane in hof: ‘Ek het nooit aan Poppie geraak nie’

Louisa Koekemoer in die hof. Foto: Mariné Lourens

Louisa Koekemoer in die hof. Foto: Mariné Lourens

Louisa Koekemoer, die ma van die driejarige Poppie van der Merwe, het Maandag in die beskuldigdebank van die Brits-landdroshof in trane uitgebars toe die ondersoekbeampte oor Poppie se beserings getuig het.

Louisa (45) is Donderdag in hegtenis geneem in verband met Poppie se moord. Haar man en Poppie se stiefpa, Kobus Koekemoer, staan ook tereg weens die moord op Poppie. Hy het reeds vroeër in die hof verskyn waar hy borgtog geweier is.

Louisa se regsverteenwoordiger, adv. Adrian Nel, het Maandag haar verklaring in die hof voorgelees. Volgens Louisa sal sy skuld ontken op die aanklagte teen haar. Sy beweer in die verklaring dat sy nooit haar hand teen Poppie gelig het nie, maar sê Kobus het Poppie herhaaldelik aangerand. Louisa erken in die verklaring sy het nooit tussenbeide getree om die aanrandings te keer nie omdat sy vir Kobus bang was. “Hy het gedreig om my, my kinders en my ma dood te maak. Veral nadat ons [van Orania] na Brits getrek het, het Kobus vir Poppie gereeld aangerand. Daar was niks wat ek kon doen nie,” het Louisa gesê.

Sers. Gift Matome, die ondersoekbeampte in die saak, het in die hof getuig dat Louisa, nadat Poppie by ʼn hospitaal in Brits dood verklaar is, aan die polisie gesê het Poppie het gesterf nadat Kobus haar in haar maag geskop het. ʼn Nadoodse ondersoek het egter bevind dat die oorsaak van Poppie se dood ʼn kopbesering was wat gelei het tot bloeding op haar brein. Matome het getuig hy het na aanleiding van die nadoodse ondersoek se bevindinge vir Louisa gevra hoe Poppie só ʼn besering opgedoen het en Louisa het toe beweer dat Kobus Poppie aan die kop teen ʼn kas geslaan het.

Kobus Koekemoer. Foto: Maroela Media

Kobus Koekemoer. Foto: Maroela Media

Matome het egter aan die hof gesê dat foto’s wat in die hospitaal geneem is nadat Poppie dood verklaar is, daarop dui dat Poppie baie erger beserings as ʼn kopbesering of skop teen haar maag opgedoen het. “Om eerlik te wees, toe ek die eerste keer daardie foto’s gesien het, het ek in trane uitgebars. Daardie klein Poppie het kneusplekke oor haar hele lyf gehad, van haar kop tot die onderkant van haar voete,” het Matome getuig. Louisa het met haar kop geboë gesit terwyl trane oor haar wange gerol het.

Volgens Matome was dit vir hom verdag dat nóg Kobus nóg Louisa kon verduidelik hoe Poppie die kneusplekke oor haar hele lyf opgedoen het nie. “Wat my betref, sal enige ma daarvan bewus wees as haar kind sulke beserings het. ʼn Ma bad mos elke dag haar kind en kyk op sy of haar lyf of daar enige merke is,” het hy gesê.

Hy het gesê nadat die dossier van die saak na die hooggeregshof gestuur is vir oorweging, het die hooggeregshof aanbeveel dat Louisa ook in hegtenis geneem word sodat sy saam met haar man weens moord teregstaan.

Matome het verder gesê hy staan Louisa se vrylating op borgtog teen onder meer omdat sy werkloos is, geen eiendom besit nie en nie haar samewerking aan die polisie gee met hul ondersoek in die saak nie. “Die beskuldigde voor die hof verstaan nie regtig wat aangaan nie, want as ek met haar praat, praat sy nie terug nie. Sy huil net,” het Matome gesê.

Poppie van der Merwe (Foto: Facebook)

Poppie van der Merwe (Foto: Facebook)

Hy het ook Louisa se bewering dat haar ma een van haar afhanklikes is, betwis en gesê Louisa se ma het eers ná Poppie se dood by haar ingetrek en is dus nie van haar afhanklik nie. Louisa se ander twee kinders, ʼn 15-jarige dogter en ʼn vyfjarige seun, is tans in plekke van veiligheid en woon nie by haar nie.

Matome het ook beklemtoon dat Louisa se lewe in gevaar kan wees, sou sy op borgtog vrygelaat word, aangesien sy reeds na bewering ontvoer en aangerand is in verband met Poppie se moord. Hy het gesê daar was ook verlede week ʼn inbraak by haar huis, wat daarop dui dat sy nie veilig sal wees indien iemand haar wou aanval nie. Volgens Matome bestaan die moontlikheid ook dat Louisa kan probeer selfmoord pleeg.

Louisa het in haar verklaring aan die hof gesê dat sy nog ongeveer R41 000 in haar rekening het van geld wat sy vroeër uit ʼn egskeidingskikking ontvang het. Sy het gesê sy sal in die posisie wees om R10 000 borgtog te betaal, aangesien sy nog geld nodig het om van te leef indien sy vrygelaat word. Sy het ook gesê sy beplan om vroeg volgende jaar werk te soek.

Landdros Jethro Mosime het die hof verdaag vir middagete. Die saak sal weer vanmiddag hervat word.

Lees alle vorige berigte oor Poppie van der Merwe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

BS ·

So jy was bang vir Kobus, maar jou arme kind moes alles verduur van hom? Jy is hoe oud en haar ma sy was hoe oud wat kon sy doen?

Buitestander ·

Sal haar stiefpa ook gereabilieteer kan word in korrektiewe dienste?

MM ·

Dis nou te laat vir trane. Jy het niks gedoen om te keer dat JOU kind nie mishandel word nie, so jy is NET so skuldig aan moord soos hy.

Pastoor ·

Ek het nie woorde. Dit is wreed in die ergste sin van die woord. Laakbaar ongevoeloos skokkend. Die arme klein dogtertjie. Sy kon niks doen nie. Die ma kon. Sy het nie. Syt mos geld gehad. Flou verskoning

nog nie n mamma , ·

Ek is nog nie n mamma nie, so ek kan seker eintlik niks hieroor se nie, maar hoe op dees aarde kry n ma dit reg om haarself so te regverdig? Dis jou kind, jou eie klein mensie wat jy net vir solank het om na te kyk. Jy word hierdie klein mensie geleen en dis hoe jy haar terug gee? ? ? Daar is baie oplossings en maniere wat hierdie mensie gered kon word. . .

MissDemeanor ·

Sersant Generaal Matome verdien ‘n klop op die skouer. Hy veg hier vir geregtigheid. Dit moet baie erg op ‘n mens se gemoedstoestand wees as mens aan ‘n saak werk waar jy gekonfronteer word met die brutale aanranding van ‘n kind. Dankie Matome! Mag geregtigheid seevier.

MissDemeanor ·

Oi jammer, ek het my kommentaar op die verkeerde plek geplaas.

Johann ·

Is u nou soos ‘n insittende, alewig onskuldige, nooit aan Poppie geraak nie, nie eens om haar uit die kloue van die hel te red nie, groete by Kroonstad

cv ·

As dit ek was sou ek al lankal my kinders in die middel van die nag gevat het en weg geloop het waar hy ons nooit in die hande sou kry nie! Sy het mos geld om weg te geloop het.

Veruschka ·

Geen kind verdien wat Poppie gekry het nie. Geen ma hoort dit toe telaat nie, maak nie saak wat die omstandeghede is nie!! Sy hoort saam Kobus!!

Denise ·

Die vrou se dat sy nog R 41 000 in haar bank het dan kon sy die kinders lankal gevat het en n veilige hawe vir hulle gekry het !!!!!

snoefie ·

sal ek tog nou wonder….. het iemand haar aangese on te huil as sy ondervra word! Louisa hoeveel kere het jy Poppie hoor huil en haar toegesnou: ” jy wou mis na..?

Positive ·

Ek stem met jou, hoe baie het hierdie onskuldige kind gehuil. Ai tog, hierdie ma is net so skuldig.

Stephanie ·

Ek was ook in ‘n verhouding waar ek op ‘n daaglikse basis aangerand was en ‘n geweer teen my kop meer as 5 keer gehad het, nooit het dit tot by my kinders gekom nie. Ek het 10 maande uit gehou toe vat ek pad met my kinders, die beste besluit nog. Wat is jou verskoning Moeder jy gaan eendag voor God staan en rekenskap gee oor hoekom jy nie jou kind beskerm het nie.

Joe ·

Genade …. wat se klomp snert praat hierdie vrou nou net nie ….. sy was bang vir haar man & hy het haar gedreig …. maar hoekom het jy in elk geval met hom getrou & waarom het jy nie in die eerste plek van hom geskei na al die mishandelings teen jou & jou kinders nie ???? Smaak my hierdie vrou hou haar heeltemal onskuldig & het dit toegelaat !!! Enige vrou & enige ma wat deur sulke omstandighede gaan , gaan beslis hulp soek …. hoekom het jy nie ….. jou geld vir borgtorg gaan nie help nie , want dit gaan nie vir daardie praqgtige dogterjie Poppie terug bring nie …. Poppie se lewe is & was meer werd as enige geld of jou R10.000.00

judith ·

Ek wil net een vraag vra ? HOE BLY Louisa Koekemoer BY MNR KOBUS KOEKEMOER en sy weet nie haar kind (Poppie) word “mishandel” nie????? en sy sê Kobus het dit gereeld gedoen???? en sy kon niks daaraan doen nie???? Geen ouer kan so blind wees of doof wees nie? Ek glo dit nie Jammer! dit maak my so kwaad as kinders so mishandel word! hulle kan nie hulle self beskerm teen sulke “ouers” nie!

maritza ·

Ons almal lees die berigte en het baie te sê. Dit sluit myself ook in. Laat ek julle vertel my verlede byna dieselfde as Louisa sin. Goddank niks het op so n tragedie uitgeloop nie Dit was naby. Ek was emosioneel en verbaal mishandel en het toegekyk hoe dieselfde aan my kinders gedoen word. Meer as een keer het ons in n vuurwapen se loop gekyk Die dag toe hy die sneller teen my kop getrek het het dit net geklik.Ons het die slagpen verwyder! Hy was baie kwaad en ons moes letterlik vlug. Ek was ek dink hulle noem dit apaties jy gaan maar net aan nie instaat om enigiets te doen of te sê nie want nie eers die polisie by wie ek dit aangemeld het het enigiets gedoen om my en my kinders te help nie Na baie jare sien ek van die letsels raak in my kinders. Ek dink vandag ek moes sus en so maar glo my op daardie stadium was ek n zombie in daardie man se mag en kloue. Vgs my mening het dieselfde met Louisa gebeur!

Cherokee ·

So julle weet nie dat haar ma van Poppie se pa geskei het as gevolg van gesinsgeweld

Lillian ·

Ek het my dogter alleen grootgemaak toe haar (biologiese) pa aan haar en my begin slaan het met verwronge idees van dissipline (mishandeling). Louisa het nog geld gehad, ek het niks gehad nie. Sy kon vir daardie kindertjies ‘n goeie lewe gegee het. Ek het my krom gewerk om alleen vir my dogtertjie te sorg, nie eers onderhoud gevra nie want ek was te bang hy spoor ons op. Nee jammer, ek glo nie haar stories nie. Ek weet mos wat ware aanranding en vrees is, was self daar. Sy het boonop geld ook gehad om weg te kom. Dit sou baie maklik wees vir haar. Nee wat, jammer. Sy sit en lieg vir die hof. Ek het nooit weer getrou of ‘n verhouding gehad nie, my kind is nou ‘n pragtige, dierbare volwasse vrou. Arme Poppie, as ek maar net geweet het van jou sou ek jou gaan haal het of iets. Jy het soveel beter verdien.

Hannelie ·

“Kon niks daaraan doen nie”. Wat vir ‘n ma gee so lawwe verskoning. Ek sal my lewe gee om my kids teen so iets te beskerm. Enige normale ma sal.

Johann ·

Die vrou moet saam met die man aangekla word en beskou word as a ‘n volle medigepligte.
Die wet in SA moet ook verander word dat indien ‘n ouer weet dat die ander ouer die kind mishandel of molesteer, dieselfde klagte moet ingedien word teen daardie persoon.
Dit is tyd dat die wet baie strenger optree teenoor kindermishandeling.
Genoeg is genoeg!

judith ·

jammer ek glo nie haar storie nie! HET ook geweet hy doen dit , en kon niks daaraan DOEN? SLEGTE MA PUNT. en het $$ in die bank? dit gaan nie Poppie terug bring nie. ,jy moes die $$$$ beter benut het, ontslae geraak van die VARK.

MissDemeanor ·

As mens nie aanrandings aanmeld nie omdat jy bang is jy word ook aangerand, dan is daar net een uitkoms. Die aanrander gaan aanhou totdat die slagoffer doodgaan. Sulke ma’s gee hul kind so te sê as ‘n offerhande in ruil vir hul eie veligheid of finasiele sekuriteit. Hulle is bereid om anderpad te kyk omdat hul nie genoeg omgee vir hul kind nie.

Johann ·

En ek wil die versoek rig aan alle mense daar buite.
As julle mense ken, of iets sien, waar julle vermoed dat kinder misbruik or mishandel word, rapporteer dit dadelik asseblief.
Dit is regtig tyd dat mense wat kinders seer maak, vervolg word.

Ina ·

Daar was in van die eerste berigte genoem dat bure die mishandeling by die weksyn sowel as die poliesie gaan aanmeld het en dat niks daaraan gedoen is nie. Wens die staat wil die wat dit geignoreer het ook aankla

Jandri ·

Ek het self onlangs ‘n ma geword en ek sal ENIGE MAAR ENIGE iets doen om my kleine lyfie te beskerm. Eerlik dink ek sy het dit geweet, maar sy gaan eendag moet rekenskap gee oor hierdie daad van haar.

Jane ·

Die JUIS die probleem, jy MOES aan Poppie gevat het en haar weggevat het onder die wrede man se hande, ek is seker jy het alleen tyd saam met haar spandeer waarin jy kon wegloop uit hierdie omstandighede, sonder om bang te wees vir wat hy aan jou gaan doen? Die deler is ongelukkig net so goed soos die steler. As ek staan en kyk hoe verniel iemand ‘n kind en slaan en skop haar dood en ek doen niks, is ek NET so skuldig.

monica fernandes ·

Jy is mos n groot mens en jy was bang vir jou man maar jy het hom gelos om daardie klein mensie dood te maak jy hoort in die tronk!!

MissDemeanor ·

Ek wil vir Sersant Gift Matome ‘n klop op die skouer gee. Dit moet verskriklik hard op ‘n mens se gemoedstoestand wees om te werk aan ‘n saak waar jy gekonfronteer word met die brutale aanranding van ‘n kind. Hy veg hier vir geregtigheid en doen sy bes om seker te maak dat die skuldiges aan die pen ry. Dit is sekelik nie ‘n maklike of aangename werk nie. Ek dink hy verdien ons ondersteuning.

Muisvoel ·

Daar was nou die dag n oupa wat hulp gesoek het vir sy kleinkind wat net soos Poppie lyk. Is hy al gehelp of gaan ons net lees van nog n moord op n kind.

Anoniem ·

Anoniem, ek ken haar goed toe sy nog in Orania gewoon het sy was nie lief vir haar kinders , nou is sy skielik bang, dis die een freaking lieg na die ander en ja julle is reg sy is beslis nie veilig as sy dalk vry kom nie , ek hoop sy bly net daar !!!! en haar ma ook!! en jou geldjies gaan niks baat nou so los dit net daar in die bankie, want jy gaan nie meer n lewe he nie !! siek satans verskoon asb my taal maar my hart is so seer , ek mis klein engel kind xxxxx dankie aan almal sover wat poppie ondersteun en n stem is vir haar …

Anoniem ·

Dit is n driejarige kind Louisa. Hoe moes sy haarself teenoor JULLE verdedig het. Sy WAS n kind gewees. Onskuldig, weerloos. Jy as moeder moes daar vir haar gewees het. Jy moes haar beskerm het. Jy het nie jou plig nagekom!!!!!! Ek leef eerder in vrees voordat my kind doodgeslaan of doodgeskop word. Jy kon dit aangemeld het. Daar is vandag baie organisasies wat mens help. Jou verskonings is flou, gaan jou vandag en more en die res van jou lewe nerens bring nie….. Jy is deel van hierdie hele ding…….Onthou een ding en glo my dis die waarheid……GOD SLAAP NIE!!!!!!!!

Anna-Marie ·

Maak nie saak of jou eie lewe bedreig was nie dit was jou plig as ma om jou kinders te beskerm ten alle tye ongeag wat ook al

Lithop ·

Nee jou robbies, jy herinner my aan my eie patetiese ma wat sweer daar was niks wat sy kon doen oor die mishandeling wat ek as kind moes verduur nie. Natuurlik is daar iets wat jy kan doen. Jy kan vlug, jy kan die polisie inroep en jy kan selfs jou kind in ‘n weeshuis plaas waar hy of sy veiliger sal wees. Nee mevrou, jy is deel van die moord.

E.K. - ek sê net! ·

Lithop – ek stem saam met jou. Daar is LATYD ‘n uitweg. Al moet jy die arme kinders by ‘n kinderhuis gaan afgee of watookal, sy kon die kind se lewe gespaar het. Al het sy NOOIT haar hand teen die kind gelig het sy ook NOOIT haar hand gelig om die kind weg te neem uit die situasie of te beskerm nie! So skuldig aan die arme kleinding se dood asof sy dit self veroorsaak het. Hel, my keel trek skoon toe as ek net DINK die angs en pyn waarin hierdie kleinding moes leef!

Vink ·

Geen niks wat die vrou tot dusver kwyt geraak het gaan vir haar simpatie besorg…inteendeel…!

Heidi ·

Trane is te laat, jy is nie die naam ma werd nie… Jy moes jou prinses Poppie beskerm het teen daai gemors, maar jy het nie want jou geluk was seker en duidelik te belangrik…. Kan jy ooit jouself in die oe in n spieel kyk sonder n gewete?? nee verseker nie want n lafhart kan nie skuld erken!!! ek ken jou nie eers nie en sien duidelik deur jou leuns!!!!

Marina Klocke ·

Sy verdien nie die titel ‘ma’ nie. Ek is ‘n ma en sal my kinders met my lewe beskerm. My hart breek as ek moet dink wat daardie engeltjie-kind moes verduur en my enigste troos dat haar pyn verby is.

Chriszelda ·

ek gaan nie eers ‘n skuilnaam gebruik vir my kommentaar nie! Die trane vloei liederlik! ek is self ‘n ma van 2. ek is ook deur so aanranding van myself en my kind en ek het net dood eenvoudig opgestaan en terug baklei vir my kind! en ja ‘n pak op sy tyd is goed maar ek weier om enigsins aan my kinders te slaan! ek hoop hulle sluit daai man en vrou vir die res van hul lewe toe en gooi die sleutels weg, ek hoop die ander gevangenis deal met hulle! daai pragtige engelkie het nie verdien om so dood te gaan of so behandel te word nie. :( :(

Jacoline Eckard ·

Ek wil di vrou se slegte verskonings nie eens aanhoor ni. Niks regverdig haar in di saak ni. Sy het gestaan en toekyk hoe haar weerlose kindjie soveel pyn moes verduur! Narsisis nes haar man… Ek het geen simpatie met haar nie…en dan om t se dat sy fondse in haar bank het… Holy crap! Sy kon dan lankal n beter lewe vir al di kindertjies gegee het!! Ek hoop en bid dat sy elke dag daardie kindjie se gesiggie voor haar sien…

Adri ·

Louisa hoeveel keer het Poppie haar armpies na jou toe uit gehou en gese Mamma????? Ja jy het nooit aan haar geraak nie…..nie eers om haar n drukkie te gee of haar te troos nie. Jy weet jy is skuldig en nou soek jy genade. Jy steek nou jou arms uit en se HELP MY maar het jy ooit daai onskuldige kind gehelp????? Hoekom sal ons nou vir jou omgee?????? Mag die Vader jou gee wat jou toekom “GEEN GENADE OF VERGIFNIS” Om na
jou gesig te kyk laat my gril.

Annatjie Kruger ·

So sy skei van een man as gevolg van gesinsgeweld en trou dan met ‘n ander wat haar kind vermoor omdat sy hande ook te lig is. ‘n Ma gaan staan tussen haar kind en die kind se molesteerder. Sy het R41000 in die bank, maar maak nie ‘n plan om haar en haar kinders na veiligheid te bring nie? Dit is nie asof sy finansieël afhanklik was van hom nie.

mila ·

Julle dit gaan my verstand te bowe, wil jy my se, dat nie eens 1 van Poppie se familie lede iets agter gekom het nie, of is dit net maar hoe die familie optree, met al die kinders in familie, dis verskriklik erg, ek kan nie dink dat nie 1 van die siek vrou en man se familie dit nie raak gesien het nie

Peet J ·

Die beserings wat die kind opgedoen het voor haar dood het blykbaar niemand hulle aan gesteur nie bv. haar biologiese pa, vriende , familie, kerk, mediesebehandeling,welsyn e.d.m. Was die mense in Orania waar hulle eers gewoon het ook nie bewus van die mishandeling nie ? Ek dink die regstelsel sal gewysig moet word dat ‘n vrou, wat geskei is met kinders, eers toestemming moet bekom in belang van die kinders, alvorens sy weer in die huwelik bevestig kan word.

Christina ·

‘n Buurman het hulle skynbaar aangegee in Orania daarom is hulle daar weg.

Antoinette ·

Sy kon vir hulp aangeklop het en haar 3 kinders gevat het en hom gelos. Spyt en trane kom altyd te laat. Wat kon Poppie so vreeslik gedoen het om dit te verdien. Sy is nou veilig by Jesus

Elske ·

Met al daai geld in die bank voel ek sy kon ha kinders gevat het en gevlug het, daar is mense wat sal help altyd.

annemarie ·

Die geld in haar rekening is seker al die onderhoudgeld wat sy opgegaar het‼ as sy vir poppie omgegee het en n goeie ma was sou sy haar gekoester het en van elke merkie op haar lyfie geweet het‼ kyk ….. Vat aan my kinders en jy bring die common in my uit‼ dan baklei ek soos n besetene‼ want my kinders is MYNE … Hulle is uit MY liggaam gebore en is die enigste mensies wat weet hoe my harklop klink van die binnekant van my liggaam‼ Poppie se ma en stiefpa
.. GOD slaap nie en HY weet die waarheid en julle gaan vetantwoording doen

Kobus ·

Annemarie….ek is n man en ek stem met jou 100% saam….enige ouer wat die naam OUER werd is…sal sy arms stompies baklei vir hul kinders….tot n hond baklei…die verskil is dat n hond se werpsel weggeneem word aldan wat die rede mag wees….maar om skielik niks te wil of mag weet hoe jou bloed mishandel word…daar nie genade….albei slegter as n hond

Henda Oosthuysen ·

Ek vermoed hierdie vrou en haar sleg man was op dwelms en/of drank. Geen normale mens is so wreed nie.. Hulle was onder die invloed van iets..

Donavin ·

Ek sal nooit kan verstaan as ek na die foto van Poppie kyk hoe ‘n mens so dogtertjie kan skop en slaan dat sy kneusplekke oor haar hele lyf kon hê? Ek het nie kinders nie maar as ek dink dat iemand my boetie of sissie se kinders aanrand is daar nie veilige plek in Suid Afrika waar hy sal kan wegkruip nie. Hoeveel erger dat haar ma dit toegelaat het en niks gedoen het nie. Sy is net so skuldig-maak my siek.

lynm ·

Sy is net so skuldig soos Kobus. Sy gebruik die sin dat sy bang was as n verskoning. Beide moet lewenslank sit. Wens die doodstraf kom terug

charmaine ·

Shame die vrou is nie wel nie. Ek is n werkende vrou en het nie eers R41 000 op my naam nie. Sy kon ver gekom het met R41 000 as sy met haar kinders gevlug het, maar duidelik wou sy nie, die man was seker haar afgod.

Dan se sy sy wil volgende jaar gaan werk(hahahahaha) lekker lag ek vir die sin. Ja,jy gaan werk maar dit gaan in n oranje oorpak wees en dit gaan in die tronk se tuin wees. Geniet jou werk! Die belastingbetaler sal mooi na jou kyk!

Linda ·

BANG????!!! Geen moeder wat haar sout werd is nie sal BANG wees as dit by haar kinders kom nie. Sy was nie vas geketting nie. Sy kon loop en hulp gaan kry het ….. al lankal. Tans het sy R41000 in haar bank. Toe die aanrandings begin het het, het sy seker baie meer gehad. Sy kon haar kinders uit daardie hel verwyder het, as sy wou….maar dit is duidelik dat sy nie wou nie. Nee wat jy het toegelaat dat daardie monster jou pêrel in Jesus se kroon verniel. Jy was daagliks ‘n toeskouer as die ou kleine mensie verniel word. SY was bang. Jy bang…jy is ‘n siek grap. Hou op trane stort want daardie trane is in elk geval net vir jouself! Ek wens hierdie verpestelike vrou kan elke kommentaar lees en besef met hoeveel minagting ons na haar kyk. Jy sal hier op aarde gestraf word maar eendag sal jy verantwoirding van jou passiwiteit teenoor jou kindjie verantwoording moet doen daar waar dit saak met.

Natasha ·

Sy moes haar kinders beskerm het. Al moes sy dan daai man met n pan in sy bed doodmoker. Dit is wat n MA sal doen om haar kinders te beskerm. Sy is dus nie die nie die eer werd om MA genoem te word nie. Die deler is so goed soos die steler-dus sy is net so skuldig op die moord van Poppie. FINISH!!

amelia ·

Mens besef dit nie maar daar is monsters wat ouers is wat newt mooi niks voel vir hul eie kinders nie Die man is al wat sommige vroue oor “worry” Weet van geval van molesteering waar ma ook niks wil doen nie en kind wil nie saak maak nie (ek mag nie saak maak nie ) hoe nou gemaak Die wette beskerm die “krimeenele ” Probeer nou maar welsyn om te hoor of hul iets kan doen

Ma ·

Poppie was in n kleuterskooltjie. Volgens wat ek verstaan is dit ook volgens wet dat kleuterskole aanranding MOET aanmeld. Dis OOK nie gedoen nie.
Almal het hierdie pragtige kind gefaal

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.