Transformasie in sport ‘regte ding om te doen’

Minister Tokozile Xasa. Foto: Kopano Tlape/GCIS

“Transformasie is die regte ding om te doen en bowenal het dit die mees strategiese instrument geword om volhoubaarheid te verseker.”

Só het Tokozile Xasa, minister van sport, Dinsdag gesê nadat die Eminent Persons Group (EPG) se jongste verslag oor transformasie in sport in Pretoria aan haar oorhandig is.

Die EPG verwag dat ʼn sportliggaam minstens 50% van sy transformasieteikens bereik. In die jongste verslag word daarop gewys dat nege van die 19 sportfederasies 50% of meer van hul doelwitte behaal het.

Atletiek Suid-Afrika (ASA) is een van die groot sportfederasies wat nie sy doelwitte vir transformasie behaal het nie. Rugby, krieket, sokker en netbal het wel.

Volgens Xasa sal sy binnekort met ASA vergader sodat die organisasie ʼn plan aan haar kan voorlê oor hoe hy beplan om die kwessie te hanteer.

Xasa het gesê transformasie in sport het geleidelik gevorder sedert “die dae wat kwotas aan die orde van die dag was”. Sy het gesê vir Suid-Afrika om vorentoe te kan beweeg moet die onregte van die verlede en die impak wat die nalatenskap van apartheid op die sportlandskap gehad het, eerlik erken word.

Volgens Xasa is daar egter goeie vordering gemaak rakende die aantal swart presidente van nasionale sportfederasies, verteenwoordiging van swart mense op die rade van nasionale sportfederasies, die aanstelling van swart uitvoerende hoofde en die verkiesing van vroue op die rade van nasionale sportfederasies.

Argieffoto

Die minister het ook verwys na Statistieke Suid-Afrika se demografieprofiel van die bevolking soos dit in die middel van verlede jaar daaruit gesien het, naamlik dat amper 47 miljoen (80,9%) van Suid-Afrika se bevolking van 57,7 miljoen swart is, 5 miljoen (8,8%) bruin is, 4,5 miljoen (7,8%) wit is en 1,4 miljoen (2,5%) van Indiese of Asiatiese herkoms is.

Volgens Xasa is 84% van alle persone onder 18 jaar in Suid-Afrika swart. “Dit is ’n beduidende deel van ons jeugbevolking en dit groei vinnig. Tans lyk dit of hierdie bevolkingsgroep en -segment geïgnoreer word in die ontwikkelingsplanne van sommige nasionale federasies.”

Xasa meen dit is ʼn tikkende tydbom. “Dit bring groot uitdagings in verband met volhoubaarheid van hierdie nasionale federasies. Die belangrikste antwoord om te voorsien is waar hulle in die toekoms spelers sal kry as hulle die swart Afrika-kind bly ignoreer?”

Volgens Xasa moet elke sportkode se deelnameprofiel teen 2030 die bevolkingsdemografie weerspieël, aldus die Nasionale Ontwikkelingsplan.

“Die gebrek aan bewustheid in federasies wat geraak word rakende die moontlike volhoubaarheidsgevolge van ’n verouderende blanke bevolking op toekomstige verteenwoordigende strukture bedreig die voortbestaan van daardie sportkodes. Dit is ons plig om hulle te herinner aan hierdie dreigende katastrofe en hulle aan te moedig om te verander en by ons en die res van die land aan te sluit op hierdie noodsaaklike en strategiese transformasiereis in alle fasette van die samelewing.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

112 Kommentare

Devill ·

My aarde! Slaan my dronk!
Kan dit wees dat sokker sy “transformasie” teikens bereik het! Rofl!
BELAGLIK!
Nog meer belaglik is dat daar gespog word met hoe “goed” daar gestransorfmeer is!

Elria ·

Ek stem 100%saam met jou sokker is beslis nie op daardie vlak nie wys my waar is die transformasie. Dalk is ek net blind of kleur blind. Ek weet nie

De Villiers ·

Jy is doodreg, @Devill. Die ironie is dat die Bafana-sokkerspan nog nie getransformeer het nie, maar word tans 73ste op die wêreldranglys geplaas weens hul power vertonings. Daarenteen het ons die Springbok-rugbyspan teruggesak van tussen 1ste en 3de oor die afgelope 80 jaar tot 7de in 2017, maar tans is ons 5de. Boonop het ons die afgelope 5 jaar die eerste keer ooit verloor teen spanne soos Argentinië, Italië en Wallis, dit nadat transformasie erg toegepas is. Nou wonder ek wie is die swak skakel(s) in hierdie scenario’s.

Tinus ·

Ja , in atletiek ding jy mee teen n teenstander, jy is of vinniger of stadiger as hy. Dis nie n span wat gemanipuleer kan word nie – die beste wen en klaar, nogal moeilik nê ! Dis hoekom die teikens nie gehaal sal word nie

Akademi Buktu ·

Mense, die Bafana is darem nou al ‘n hele klompie jare besig om die people in verloorsport te kondisioneer. Laat die regering dan nou maar klaarkry en dit in alle “sport” vasmessel. Ons sal net wenners kry in sportsoorte waar individuele uitslae ter sprake is. SA se sportspanne kan gerus maar die governmental also-rans genoem word.

Ai ja jai ·

Dit gaan seker nou weer 10 jaar se hofsake en vermorste belastinggeld word om hierdie persoon wat hulle die minister v sport noem, daarop te wys dat in verskeie hofsake howe alreeds bevind het dat die nasionale demografie nie netso in almal se kele afgedruk kan word nie en dat streeksdemografie in ag geneem moet word. So as in ‘n provinsie daar 80% bruinmense woon, kan sy nie 80% swartmense in ‘n sportspan afdwing nie. Sy weet blykbaar nie daarvan nie. Kan Solidariteit/ Afriforum haar gou reghelp voor sy miljoene rande vermors in die howe

Johan ·

Die meeste skole in die Townships doen absoluut geen buitemuurs nie. Soms net bietjie sokker. Nou word daar van die sportliggame verwag om “rou” sportmanne terug te neem na die beginners vlak en van hulle internasionale spelers te probeer maak.
Kwotas is en bly sleg want nou word kleur en nie meriete beklemtoon.
Ons is seker die enigste land in die wêreld wat nie altyd hulle sterkste sportspanne kies nie. Dit ter wille van rassistiese politiekery…

Jacques ·

Johan – SA is die enigste land in die wereld waar politiek en godsdiens in die sport inmeng .
Dit allen is n groot gevaar vir sport . Dit is hoekom die sportlui die land verlaat en oorsee gaan sport beoeffen . Die dame is ook nie bewus van al die reels rondom transformasie nie .

Elba Muller ·

Stem. Die beste spelers moet gekies word. Ongeag kleur. Swak spelers. Lee paviljoene. Hulle leer net nie.

piper ·

dis nie so sterk tranformasie nie veral in rugby en krieket want honderde speel in die buiteland wat nie hier welkom nie. atletiek volgens haar het swak gevaar en die rede is dat dit nie n spansport is nie. dit maak nie saak watter kleur jy is nie want die persoon wat die vinnigste hardloop is die wenner.

Verstom ·

Ek wonder of sy ooit aan enige sport deelgeneem het. Was sy al ooit by n atletiekbyeenkoms? Atletiek is juis nie n sport waar diskriminasie kan plaasvind nie, behalwe as kwotas toegepas word. Indien sy daar kwotas toepas gaan sy diskrimineer. Hierdie kwota sisteme en BEE raak absoluut belaglik.

Petro ·

Spot on… Gaan die verstand te bowe dat atlete wat 1ste of 2de kom “uitgehaal” word oor hulle ras… Belaglik eintlik…

Wurmpie ·

Daar is nie getransformeer in sokker nie. Ek sien glad nie indiër of wit spelers daar nie. Atletiek kan jy nie die een wat derde en vierde kom in die span sit nie. Sy sal seker nog bykom

JJ ·

LOL kyk na Bafana…hul het hul teikens….en waar sit hul vandag?? Sal nog vir die volgende 100jaar n voorsprong en ekstra trappie kort om net span te kan haal. Wonder hoe trots is julle as jul span maak, en jy weet jys net daar agv vel kleur.

Pieter C ·

Dit pla hulle nie hoe hulle dit maak. Twee jaar terug toe my seun vir die Vrystaat Arende speel het die voorry prontuit aan die afrigter gese hy gaan nog eendag Springbok speel:”want ek is swart”

honourable member ·

Sjoe daar was n tyd wat mens jou plek in n span verdien het deur harde werk en jou plek verdien maar nou kry jy dit op grond van velkleur. Tragies wat besig is om te gebeur in hierdie siek land.

Andreas ·

Volg my oë suid. Kyk wat is met WP krieket besig om te gebeur, hulle moet baie afskaal in die WP en Konsessies tot so ‘n mate dat hulle sal moet algameer, daar is net nie meer geld om die reekse apart te bedryf nie. Belangstelling gaan by die agterdeur uit. Dan is dit seker reg dat hope mense verkies om oorsee te gaan speel om dit makliker vir die land te maak om binnelands te transformeer.

Johhnie ·

Transformasie beteken net dat almal nie op eie stoom oor die weg kan kom. Die wit kruk moet maar help.

MANIE ·

Op die nuus word daar gisteraand gese die teikens is vrywillig. Nou houkom moet atletiek wat nie die rassiste se kwotas bereik het voor die vrou verskyn. Dit is seker die dat rugby gisteraand so bly was oor die kwotas wat hulle bereik het. . Hulle moet net mooi kyk . Hoe groter die kwotas hoe minder mense op die paviljoen. Gaan presies net so by krieket. Die lieg storie wat deur onder ander Willie Basson verkondig dat sport gaan doodloop as jy nie die swartes insit is totale snert en n groot lieg storie. Daar is byvoorbeeld genoeg wit rugby speers wat dit aan die gang sal hou en nie die gemors opdis wat ons elke week moet kyk. Spelers gaan oorsee nie net oor geld maar dat hulle loopbane deur die rassiste kort geknip is

Andreas ·

As ek die geskrewe media reg verstaan soos hulle haar aangehaal het, is hulle so ernstig dat elke sportliggaam sal aan die minister verantwoording moet doen. So daar kan teen die prikkels geskop word, dis verniet, sy kon netsowel Lesufi se suster gewees het.

Wildeboer ·

Andreas, wat gebeur is politieke inmenging en daarom behoort SA uit internasionale sport geskop te word.

Bibi ·

En ek dog al die tyd deelname- profiel word bepaal op prestasie /meriete.

Jan ·

Manie, jy is heeltemaal korrek. Hulle gaan seker die internasionale atletiek vra om deelname verystes aan te pas vir die kwota atlete.

BEE ·

En toe die WITTES dit gedoen het was dit verkeerd? IS dit nie vreemd nie? Hoekom moet alles demografies teenwoordig wees? Die feit dat jy tien kinders het beteken nie hulle moet al 10 meer geleenthede as my een kind kry nie? Toe die wittes apartheid toegepas het was die hele wereld up in arms . nou dat die swartes apartheid toepas word dit wereldwyd ondersteun. Dit wys net dat hulle NERENS kan kom sonder ekstra geleenthede en FREE PASSES nie …

Lekker lag ·

Ja nee dis rof amper soos bbbee die staat moet absoluut 50 m teen 5 m beskerm.

Steve in Randburg ·

Ek wonder hoe ver hierdie nuwe besempie gaan vee…
Elke nou en dan ‘n ander minister van Sport, en die een rig so min uit soos die vorige een.
Die regering is ‘n grap.

Apie ·

TOG VREEMD dat transformasie net daar is om wittes UIT TE WERK en nie om ‘n witte in te kry in ‘n 100% swart sokkerspan of 100% besigheidsgeleenthede en aandeleskemas nie . sjoe .. dit is nou vir jou apartheid.

Ralph ·

Nee minister van sport. Jul gebrek aan bestuur en die blankes in ons land permanent te onderdruk deur die siek beleid van transformasie en bee, so neuk jy en jou regering ons land se naam op. Julle is die grap van die wereld en word uitgelag deur die wêreldgemeenskap.

SjN ·

Die min van sport(s) kan nie somme maak as ek na sokker samestelling kyk nie, met atletiek is elkeen op sy eie en kan nie op ander se rug ry nie, dis die rede hoekom doelwit nie behaal word nie.

Malherbe ·

Goed, maar ek weet van ander sporte waar transformasie nie maklik kan plaasvind nie omdat die ouers nie die geld het om die kind te dra nie, daar is sportsoorte wat nie borgskappe of byna geen finansiele hulp van dept sport kry nie.

Moet daardie sport nou daaronder ly, of word daar nou van die betalende ouers verwag om deelnemers wat nie kan betaal nie te dra en dit net om n beter deelnemer met n kwota deelnemer te vervang? I think not.

Andre ·

Wens hulle wil ophou kyk na die spelers op die veld en eerder begin kyk na die toeskouers in die paviljoene, As iemand bereid is om geld te spandeer om n sportsoort te gaan ondersteun wil hy tog n wenspan ondersteun. As ons dit in ag neem het sokker geen transformasie ondergaan nie en is hule glad nie verteen woordigend van SA nie. Krieket en rugby is hulle ver vooruit, Jy kan nie n individuele sport transformeer nie daar gaan dit oor talent en harde werk . en nog harder werk hulle opsesie met ras is maar net n minderwaardigheids kompleks wat nooit oorkom sal word nie

Herman ·

Jy sien, ek sit met 2 semi-finaal kaartjies vir die RWC in Japan maar daar is baie min in my wat glo ons sal die Bokke sien uitdraf daai dag. Politiek maak dat ek ander lande gaan sien speel in daardie wedstryd. Ai tog SA, piesang republiek word ons meer elke dag,

Judge Dredd ·

Hopelik weet jy – Jou geldelike steun help SARU se transformasie plannetjies.

Herman ·

…behalwe dat RWC kaartjie geld nie in SARU se sak eindig nie, maar okay….

Siener ·

Transformasie in Sport laat my toe om baie geld te spaar. Ek kyk na geen SA rugby meer nie, slegs oorsee se spanne. Ek is bly om te kan se dat ek nie DSTV het nie, en so ‘n verdere R900+ per maand spaar. Ek stream die sport wat ek wil kyk.

Weskusklong ·

Wat Super rugby betref kyk ek net indien Nieu Zeelandse spanne speel. SA spanne is gister se nuus, insluitend die Springbokke.

Felix ·

Ek doen dit al vir paar jaar, ken ook meeste se name. Ek beloer nou die dag die Bok Squad op ‘n fotot en daar besef ek het bykans almal van hulle nog nooit gesien nie.

Wildeboer ·

Duidelik is resultate op die sportveld van geen belang, en die leë paviljoene nog minder. Ander as in ander sporte moet atlete minimum vereistes nakom om op die hoogste vlakke mee te ding. So, transformasie in atletiek word vir ‘n ses geslaan.

Boet ·

Atletiek is nie n spansport nie so die transformasie spelers kan maar saamdraf in n spansport en die ander spelers sal hulle tekortkominge aanvul. So al wat oorbly is om die 2de, 3de 4de atlete in atletiek maar te kies en los maar die wenners as hulle wit is.

Andreas ·

Verduidelik jy dit vir die minister, sy is duidelik oningelig.

Deon ·

4.5 miljoen blankes is baie mense. Dit is meer as die bevolkings van Nieu Zeeland, Slovenië, Ierland, Slowakye, Botswana, Namibië, Jamaika, en baie ander onafhanklike lande. Tog word wittes hanteer asof hulle ‘n klein nietige groepie is.

JO ·

@Deon, nie meer as NZ of Ierland nie. 4.5mil in n land van 50mil+ is bitter min en klein.

Hartseer ·

Dis so hartseer dat dit nou weer n issue is. Daar is baie ander belangrike dinge wat aandag moet kry soos die plaasaanvalle die afgelope naweek en ‘n kind wat helder oordag in Pta Noord geskiet is en nog baie meer ….!!!!!!!!!!

JohanL ·

Hoekom moet sport deur wetgewing getransformeer word? Is dit omdat swart atlete nooit op meriete kan meeding nie? As jy weet jy is goed, gaan jy mos nie bang wees om op meriete deel te neem nie?

Kan ons dalk die minister van Sport se CV sien? Watse sport het sy beoefen? Weet sy waarvan sy praat? Hmmmmm…….. so gedink.

fred ·

Transformasie = BEE = Quotas
Laat hulle al die spane 100% Swart maak,daar sal nie baie verander nie,op internasionaal vlak is nou al “mediocre”…laat die belowende wit jeug oefen om later oorsee te gaan…

Nic ·

Ek stem saam. Maak al die sportspanne swart en berei die wit sportmanne en -vroue voor sodat hulle in Europa en die VSA hulle talent kan gaan verkoop.

jakes ·

As n swart sportman/vrou goed genoeg is op meriete dan is dit regverdig. Maar nes SEB word transformasie afgedwing en sal dit nes SEB nooit suksesvol wees nie. In die arbeidsmark sowel as op sportgebied is bekwaamheid die vereiste en nie jou velkleur nie. Minister Tokoloshe beweer dat 84% van mense onder 18 jaar swart is dus moet transformasie geskied. Ek vra die minister hoekom is 84% swart? Tweedens vra ek die minister of sy daarvan bewus is dat meer as 6 miljoen mense werkloos is in SA en dat dit weereens meeste swart is. Die vraag wat die minister haarself en die regering moet vra is of die vinnige aanwas van die bevolking nie eerder n probleem word as wat dit n feit is nie?

Kabous ·

Stem saam Jakes. Pleks dat sy en haar ANC maaitjies werk maak van wanordelike bevolkingsgroei en onwettige immigrante wat hier kom plak. Hier is nie genoeg water en kos nie en mense plak op plekke waar hulle kwesbaar is teen vloede. Hospitale en skole is ook onder druk. Daar is nie werk nie, sosiale toelaes is min en dìt skep ‘n scenario vir anargie.

JG ·

Jakes, hulle kan nie sover dink nie. Die ongesonde bevolkings-aanwas is mos maar more se probleem…hulle leef in elk geval net vir vandag

Thinus ·

Dalk moet die hele regering getransformeer word van onbevoegde en korrupte lede na hardwerkende en eerlike mense. Nou worry hulle net oor swart rasse kwotas dan se die ANC hulle is nie rassig? Hulle is nie goed genoeg om enige iets te haal nie, nou moet hulle opgedruk word om tog net span te kry… pateties.

a ·

Laat hulle gekies word, hulle mag dalk op die podium op eindig in die land maar sal sleg 2de kom teen ander lande

Johan ·

84% en Moet plekke dmv wetgewing afdwing….!!!!!Sal my dood SKAAM.Reg maak van die onreg van voor 94!!!!Dis 25 Jaar terug!!!Wie wat sport daai tyd gedoen het is nog aktief??!!!Rolbalspelers???!Sotlik….n grap….sirkus….en dit word skaamteloos verkondig…Mind blowing ???

Winx ·

… en SA gaan oor verniet, vernieter, vernietste solank jy swart is. No work, relevant skill or intellect required. Hoop dit antwoord jou vraag. Dis blatante ras (en talent) uitsluiting en isolasie van minderhede in die naam transformasie.

Marius ·

Sport vir kinders op skool gaan nie meer ‘n beroep wees so hard leer op skool dat julle land kan verlaat.

Jan Brand ·

Teen die tempo wat blankes dié land verlaat gaan hulle binnekort al hulle transformasie doelwitte bereik, want daar gaan bitter min blankes oorbly om enigiets positiefs te doen, wat nog van sport ✈️

Vonkprop ·

Nog enetjie met ‘n bril soos ‘n Cadillac se agterent van die 50’s. Is dit nou ‘n nuwe gier onder ministers? Lyk my die skerp punte weerkaats son in hulle oë wat veroorsaak dat hulle nie feite so lekker kan sien nie.

Roberto Betta ·

If there’s any transformation that’s required it’s ANC benches. They’ve been underperforming for over two decades.

Xannie ·

Dis so ironies dat die meerderheid van die bevolking op ALLE gebiede nodig het om dmv wetgewing, kwotas, SEB, AA ens die minderheid te probeer uitwerk sodat hulle ook êrens ‘n plekkie kan kry net omdat hy/sy ‘n swart vel het! Hoe onbevoegd moet ‘n meerderheid dan tog wees om hierdie “hulpmiddels” nodig te he om die minderheid te onderdruk??

Die kleur van jou vel maak jou nie ‘n vinniger atleet of beter sportman/vrou nie. Ek verstaan elke dag al hoe meer hoekom my kinders nie eendag hul kinders in hierdie grapkas van ‘n land wil grootmaak nie en eerder na skool oorsee wil gaan.

Gaan gerus voort en verban sommer alle wittes om aan enigiets deel te neem. Hierdie is nie volhoubaar nie. Die tydbom waarna sy verwys is baie nader as wat sy dink…

Bekommerd ·

So by die ANC gaan dit oor kleur en nie oor hoe goed jy is nie. Geen wonder die ANC Bokke is stadig maar seker om in die voetspore van Bafana Bafana te volg nie.

ChrisE ·

Ek moet die antie met haar departement geluk wens. Dit is die enigste departement wat die doeltreffendste funksioneer. Haar departement is die enigste wat die transformasie beleid goed afdwing. Sy is ook die minister wat doeltreffende sportliggame vernietig. Sy kry dit ook reg om sport in die land totaal te vernietig. (Behalwe sokker natuurlik) Gaan so aan.

Ai. ·

Mooi man ek hoop jul het genoeg ondersteuners om dit volhoubaar te maak…
En as ek mag vra medeme wat is jou kwalifikasie nogal vir jou posisie !? Belaglik om die minste te se….die minderwaardigheids kompleks ai…siestog..

GM ·

Ek het nie geweet daar is spelers van elke ras in die Bafana-span nie? Ek neem aan elke sportsoort gaan net getransformeer wees, as dit soos die sokkerspan lyk?
Ag wat, mense gaan baie geld spaar. Geen skenkings hoef gegee te word nie, geen DSTV is nodig vir dié wat dit slegs het vir hul sportkanale nie, geen kaartjies hoef aangekoop te word om wedstryde by ‘n stadion te gaan kyk nie, jy gaan tot diesel/petrol spaar, en drankgeld. Laat die ander maar wonder of hul in ‘n span ingesluit was oor hul kleur of oor hul goed genoeg was. Die vader weet hoe ‘n minderheidsgroepie dit kan regkry om ‘n meerderheidsgroep so minderwaardig te kan laat voel dat hul als moet transformeer om te voel hulle het iets bereik. Waar is die sportspelers se trots? Geld praat seker weer harder.

Eben ·

Indien ons nou ons eie land gahad het kan hulle mos maar 100% swart (getransformeer) wees in alle dissiplines. Dan kan ons teen mekaar meeding om die streek set sport op te hef. Klink dit nie na ‘n goeie oplossing nie? Dan hoef niemand vertrap te word nie.

Helizna ·

Net Front Nasionaal staan volle selfbeskikking vir ons voor…

Hans ·

Sportgeriewe val nie uit die lug-vroeër is hard gewerk en fondsinsamelings gehou om die geriewe daar te stel.

Siener ·

Al houvas wat sport op ons as Suid Afrikaanse burgers het is die ou Protea blommetjie. Dit tyd het aangebreuk om soos baie ander lande hulle nasionale kleur in sport vaarwel te roep. Niemand verhoed ‘n Sport organisasie om hulle eie kleure te gee nie. Slegs Protea kleure is beheerbaar deur die regering. Ek en baie ander sportmanne is nie meer ge instriseerd in ‘n ou Protea blommetnie nie want jy moet in elkegeval alles selfs betaal.

Alida ·

Die bevolking groei vinnig ja sy is reg. Nou word daar nie meer gewerk nie probeer soveel grants impalm as wat hulle kan.

Lindtjies ·

Hoeveel rugby spelers speel al nie vir oorsese rugby spanne nie. Hulle weet hulle het nie meer ‘n toekoms nie want Suid Afrikaanse rugby is soos alles in ons land op die afdraande pad. Weet van baie mense wat glad nie meer rugby kyk nie.

B ·

Ek is redelik betrokke by verskillende sportsoorte as afrigtiger, deelnemer (tot op nasionale vlak), koordineerder ens.

Een van die groot frustrasies is dit dit meesal net persone van ‘n bepaalde bevolkingsgroep is wat opofferings maak, dinge laat gebeur en betrokke is. Die deelnemers se EIE ouers en gemeenskap is maar baie traag, passief en grootliks afwesig. (Ons kry absoluut geen krediet daarvoor behalwe ‘n skop in die tande so elke dan en wan, veral van politici ens)

Eienaarskap en verantwoordbaarheid is nog vreemde konsepte vir sommiges.

Andreas ·

Julle moet onthou, ek ook, die realiteit vir die ANC regering is nie om oor ‘n hoogte van 5 – 6 voet oor die dwarslat te gaan nie, nee dis soos met skool se slaagsyfer, 30% is goed genoeg, DIS mos nou transformasie, almal moet betrek word, en hoe meer oor die hoogte van 3 voet kan gaan hoe beter. Oor 20 of 30 jaar sal hulle daaraan dink om die standaard effe opwaarts aan te pas.

Schalk Van der Merwe ·

Ag ek is so moeg om te lees van tranformasie!

Cyril vra vir Donald om vir my VSA paspoort te stuur dat ek kan waai!

GM ·

Xannie, solank hul ons verban van belasting betaal ook! Dit sal hemel op aarde wees as ek daai geldjies op my en my gesin kan gaan spandeer in plaas van op iemand wat net als verniet kry.

Roger ·

Transformasie is net ‘n ander woord vir rassisme en etnies-selektiewe optrede. Dat internasionale sportbeheerliggame daarmee akkoord gaan, is verder ‘n aanduiding van dubbelstandaarde wat toegepas word. SA is destyds oral verbied om deel te neem, vanweë apartheid. Die nuwe-apartheid word duidelik goedgekeur.

Danie ·

Weereens ‘n sinnelose uitspraak van ‘n minister wat obsessief is oor sake wat nie sport bevorder en weereen die belangrike sake van sportontwikkeling miskyk. Alles gerig om punte voor verkiesing aan te teken. Ek bevraagteken die bestaansreg van so ‘n outonome Dept om nie te praat van ‘n Minister

Chivago ·

“84% van persone onder 18 jaar is swart in Suid Afrika” daar lê die problem – oorbevolking.

marous ·

Verduidelik asb wat het met die stadions gebeur wat verniet vir biljoene getransformeer is.
Dit en die korrupsie wat gepaard gaan met sport is genoeg om enige iemand te laat vormeer .

SHL ·

Baie dankie vir die minister wat indirek sê dat sonder politieke dwang geen swart speler ooit in enige nasionale span op meriete sou kom. Dit is die regte ding om te doen, wat bedoel sy, reg om te diskrimineer teen die wat hard werk maar oor hulle velkleur nooit bo sal uitkom of reg om deelnemers te kies wat net kan help om standaarde te vernietig. Weet die minister ooit wat is sport?

Gert Potgieter ·

Transformasie is net nodig as jy te “useless” is om op jou eie bo te kom!

Hennie ·

Atletiek is meer ‘n individuele sport, en wie se skuld is dit dat daar nie transformasie bereik is nie? Weereens ‘n bewys as hulle nie met ‘n skoen geskop word nie, maak hulle dit nie! Dit bewys verder dat die meeste anderskleuriges wie in daardie sportsoorte bo uitgekom het, was hulle maar net kwota deelnemers.

Die Leeu ·

Natuurlik het altletiek nog nie hul transformasie teiken bereik nie. Dis dan ‘n individu-sport, waarin individuë teen ander individuë meeding en kompiteer.

In atletiek is dit veel makliker om te bewys dat een atleet beter is as ‘n ander en daarom verdien om deel te neem, as wat dit is om dit in span-sporte te bewys.

In altletiek is daar nie wegkruipplek vir die swakker atlete, soos wat daar in span-sporte is nie. Daar’s nie wegkruipplek vir daardie atlete wie op ras en velkleur gekeur word, eerder as op meriete nie.

.

Boerboel ·

Ons sal seker een van die dae n’ donker rugby afrigter moet kry

Koos de Meyer. ·

Die bokke kon darem die wêreld beker vat. Wat het daarna gebeur. Die ander klomp kan nie eers die Afrika beker in sokker vat nie, wat staan nog ‘n wêreld beker. Maar orals moet hulle in. Weereens onbevoegdheid aan die orde van die dag.

Vincent ·

Die skuld lê nie net by die ANC nie. Wat van die DA-ondersteuners?? Met hul stemme ondersteun hul ook mos transformasie en regstellende aksie.

Nita ·

Die groep waarteen nou gediskrimineer moet word, begin al in Gr1 met sport. Onderwysers spandeer middae na skool om afrigting te doen. Spanne word oor en weer genooi om deel te neem teen ander skole. Waar moontlik is die ouers langs die baan om die kinders aan te moedig. Sien ons die mate van toewyding deur diegene wat nou transformasie skree?

DS ·

Die storie kom al lang pad in skolerugby maar die briljante wit spelers het hulle gedra. My seun was o/12 en o/13 vir craven week gekies (gaan nou nie span noem nie want dis nie van toepassing nie). O/13 was hy onderkaptein en ‘n swart kaptein is gekies. Maar nie een keer die hele toernooi het die kaptein besluite geneem nie. Nie een keer met die spelers gepraat en ondersteun of aangemoedig nie. Nie een keer met die skeidsregter gepraat oor beslissings nie my seun het die swart speler se kaptein pligte gedoen maar in die geskiedenis staan daar die swart speler was die kaptein van die o/13 craven week span. Hoe kon hy trots wees wetende dat iemand anders sy pligte moes doen omdat hy nie goed genoeg was nie. Dit het my gebreek om te weet MY kind moes kaptein gewees het maar politiek het hom van dit ontneem. My seun aan die ander kant het nie omgegee nie hy wou net rugby speel en speel het hy gespeel. Dis net so onregverdig. Die kinders sien nie kleur raak nie hulle sien wel talent raak en dan word die beste speler nie gekies nie agv kwotas hoe verduidelik jy dit aan ‘n kind??? Hy weet nie eers wat apartheid is nie (hy is na 1994 gebore) maar word tog daarvoor gestraf.

Johan ·

@DS,jis my kop klop Nou van woede.Was in soortgelyke situasie.Mens weet nie meer wat om Vir die kinders te se Nie …..magteloos!!!

AG ·

@DS. Ek weet presies waarvan jy praat. My seun het laasjaar, met baie harde werk, provinsiaal rugby gespeel. Hy het provinsiale krieket proewe toe gegaan en van alle spelers die 2de beste kolf gemiddeld en 2de meeste lopies gehad gedurende die proewe. Ander spelers is gekies wat die vorige jaar in die span was en ‘n keurder het aan my erken dat hy nie in die span was nie omrede ‘n swart speler gekies is bo hom. Hy kon die unieke prestasie behaal het dat hy die enigste leerling in sy hele streek sou gewees het wat provinsiaal rugby en krieket gespeel het, maar kwotas het dit van hom af weggevat. Hy sal dit waarskynlik nooit weer kan terugkry nie. Ek weet nie wat in sy kop aangegaan het nie, maar ek weet die hartseer was baie groot met die onreg wat hy aangedoen is. Daardie selfde speler wat in sy plek gekies is het op die provinsiale toernooi in 4 wedstryde as kolwer nie eers 20 lopies aangeteken nie. So word 2 spelers se selfvertroue geknak, maar hulle is net besorg oor die kwota syfers.

Stripes ·

Vir baie jare nou al weier ek om RSA sport te kyk want dit is soos dit by baie werke ook gaan, word aangestel op velkleur en nie op bevoegdheid nie. Gaan in die regering ook so. Ek kyk eerder Europese en VSA motorsport en fietsry. Daar kry jy net span/plek as jy goed is en velkleur tel nie ‘n punt nie.

Mrs H ·

Aai tannie die minister… jou swart jeug maak baie geld met kriminele aktiwiteite en geniet proteste te veel! Dalk moet jy hulle voorstel aan sport en sterkte om hulle te kry om net belang te stel in die eerste plek… hulle maak eerder meer geld op n ander plek of steek n tyre aan die brand! …vet pret vir jou swart jeug en JY tannie minister, keur dit goed met jou haatdraende onregverdigge woorde wat JY blykbaar “reg” ag…shame on you!

Gert ·

As ek sê wat ek hiervan dink sal maroela dit verwyder. So al reaksie is “siek”.

AndrewL ·

Dis juis transformasie wat Suid Afrika tot op die rand van die afgrond gebring het, en ek sien nou wie dit gaan oorstoot.

Lina Smit ·

Tramsformeer, dis reg, daarmee het ek nie n probleem nie. Maar skeer dan ALLE sportsoorte oor een kam, en sit die beste persoon in die posisie, nie die eerste beskikbare wit pienk pers swart of geel persoon nie. En daar val sokker uit die bus uit, om net een voorbeeld te noem, so hoe geloofwaardig is hierdie stelling dan?

PPP ·

Die volgende is sy gaan seker aan die buite lande voorskryf wie mag deel neem en wie nie, sy is emers n vrou hulle sal moet luister hoor.p

Andreas ·

Sy het dan mos klaar gesê wêreld atletiek (die IAAF) sal moet transformeer. So hier kom ‘n ding.

Johan Maritz ·

Volgens hulle moet die span keuse die land se bevolking weerspieel vrek dan het Suid Afrika baie bruin mense en volgens Amerika se basketbal span is Amerika pikswart. Hierdie is n grap en die bywoning by sport geleenthede bewys dit.

Wse ·

Se la vie. As die kinders vra hoekom daar teen hulle gediskrimineer word: 0 in 1993/4 het die meeste van ons die bree, malike pad gekies. Ons het gekies om nie vooruit te dink nie en die wat ons gewaarsku het geignoreer of verguis. Ons het gesê ons is klaar met politiek. Ons het FW ondersteun om weer internationaal te kan meeding. Ons het vir ons eie gemaak pgekies en teen ons kinders se toekoms want ons het gedink ons sal ryk bly. Werk aan ons eie toekoms, eie sport, eie skole, eie ondernemings, eie grond.

vc ·

Sy is doodreg die meeste kinders onder 18j is swart, want ons jong mense sien nie meer kans om kinders in SA te hê nie omdat daar hoegenaamd geen toekoms is vir enige wit kind in die land van ons nie. Transformasie en diskriminasie gaan hand aan hand !!!

Spike ·

Mislukte sa, danksy sogenaamde leiers soos xasa en comrades en kaders

Stoltz ·

Dit bly “iemand gee en iemand ontvang” soos maar van altyd af… (kyk rugby bo).

Attie. ·

Die grootste prestasie wat die wittes in SA behaal het was nie die eerste hartoorplanting nie, dit was nie Yskor nie, dit was nie Sasol nie, dit was nie atoombomme by Pelindaba of die G5 kannon nie. Dit was dat SA 25 jaar na ‘n swart regering oorgeneem het steeds die klompie wittes in die land dmv wetgewing moet terughou in sport aangeleenthede en alle werkplekke. Die wittes is minder as 4 milj en die swartes kan nie regtig getel word nie maar is so om en by 60 milj. Baie geluk Wittes, dis ‘n reuse oorwinning oor die swartspan.

Willie ·

Attie, hulle is ons myle voor met korrupsie, dis omtrent al..

Lou ·

Die minister moet dalk so bietjie met haar eweknie in die Parlement praat wat verantwoordelik is vir Eskom om uit te vind wat het transformasie vir Eskom in die sak gebring. Maar geen swart politikus glo mos in aanspreeklikheid nie.
Die Eskom gemors is niemand se skuld nie dit is agv “omstandighede” wat hulle nou bankrot is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.