‘Transformasiedruk kan laaste suksesvolle skole vernietig’

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het in reaksie op die direkteur-generaal (DG) van basiese onderwys, Hubert Mweli, se kommentaar dat die personeel van voormalige Model C-skole meer moet transformeer, gesê transformasiedruk kan onberekenbare skade by dié skole aanrig.

Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê volgens die departement se eie syfers, is 80% van die skole in die land wanfunksioneel. “Voormalige Model C-instellings tel oorwegend onder die suksesvolle 20% skole. Die DG se aanval op hulle skep die indruk dat die departement gehalte-onderrig ondergeskik aan ʼn rasagenda stel,” het Bailey gesê. “Die departement se eerste prioriteit moet die prestasie van skole wees, nié die rassesamestelling van hul personeel nie.”

Sy het bygevoeg spanning neem toe wat belowende jongmense van loopbaangeleenthede daarin afskrik, wanneer rasagendas die fokus van ʼn sektor word. “Daar is reeds ʼn groot tekort aan jong onderwysers in die land. Die DG se boodskap behoort te lui dat gehalte ononderhandelbaar is en geen onderwyser wat hom of haar tot gehalte-onderrig verbind, sal weens ʼn transformasie- of enige ander agenda uitgesluit word nie.”

Die Solidariteit Beweging het verlede week ʼn toekomsberaad oor onderwys gehou, waar beklemtoon is die departement se inmenging in onder meer aanstellings, taalbeleid en toelatingsprosedures, kan baie nadelig op die voortbestaan van openbare skole inwerk. Strategieë is ook bespreek om uitnemende Afrikaanse onderrig in die toekoms te beskerm en uit te bou.

“Skoolgemeenskappe moet sterk standpunt teen boodskappe soos dié van die DG inneem, om te verseker gehalte word nie ondergeskik aan ras- en ideologiese agendas gestel nie,” het Bailey gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Virtueel ·

Le klem op virtuele en tuisonderrig kombinasie, en privaat skole wat nie tegnies suid Afrikaans is nie. Die skelms kan nie virtuele instansies met hulle skelm kloue gevat kry nie.

Arie ·

Hulle kan sowaar niks opbou, regmaak of instand hou nie, net breek breek en breek

Zirk ·

Onderwys en alle ander staatsdepartemente is vanaf Mbeki se tyd onderhewig aan idiologie gestel. Onder Zuma se wagbeurt is dit verder gevoer na absolute HAAT teenoor die blanke, kolonialisme en kapitalisme. Tensy Zuma EN die uitvoerende bestuur spoedig verwyder word, moet die landsburgers hul staal vir ERGE radikale, rewolusionêre besluite vanaf ‘n leierlose ANC.

Veritas ·

Hierdie model-C skole waarna verwys word is heel moontlik Afrikaanse skole. Dit dui net op een ding en dit is dat die Onderwysdepartement onbevoeg is om die ander skole op te hef en daarom die gehalte onderrig by model-C skole, wil afbring tot ‘n laer vlak. Dit sal niks verander nie behalwe om die groot gaping tussen skole kleiner te maak. Dit sal die indruk skep dat alle skole ewe goed presteer.

Penellope Jones ·

Die anc stel belang in net een ding en dis vernietig sover as moontlik.

Sarel Strydom ·

As ek regtig her moet afpak gaan ek aangekla word. Die feit is die mense stel nie belang I onderwys of opvoeding nie, het nog nooit nie. Die ANC en sg. “Freedom Charter” is al wat saakmaak.

philco horn ·

Die wet op mense regte verklaar dat vryheid van Godsdiens en taal nie geroer mag word nie. Dit word genoem die manives van mense regte. Geen wet wat gemaak word kan teen die konstitusuenele of hooggeregs hof optree nie ander word so wet as nietig verklaar. Dis nie te se as aan die grondwet verander sou word dat dit die “””bill of rights””” mag beinvloed nie. Kandidaat stelling is deur mense daar gestel en mense as burgers van n vrye en regverdige verkiesing binne konteks van demokrasie het n groot se in die regering en dreiging of afdwinging voor gedurende of na verkiesing deur weereens die rasistiese kaarte te wil speel ken ons elkeen te goed. My mening is dat ons standpunt moet inneem want daar is ook ander regte wat ons as volksgenote het waarop ons moet aandring en dis die manifes van mense regte wat ons reg is wat beskerm wat ons sin is. Alles kan tog nie ten gronde gerig word deur die vernietigers van ons grondwet nie. Dis ons grondregtelike wet. Kom ons staan daar by tot behoud van ons kinders en nageslag.

M A ·

Goeiste! Ek is dankbaar my kinders is klaar geskool. Maar my hart huil vir my kleinkinders. Wie sou ooit kon dink dat alles was oor 300 jaar opgebou is, met bloedsweet, in n skamele 22 jaar vernietig sal word. En die skuldiges het geen idee van die implikasies nie. “Vryheid” beteken blykbaar om te doen net wat jy wil sonder enige gevolge.

koos van der lith ·

Verstaan nie mooi waaroor almal kla nie. Daar is CVO skole,
Begin om hulle te ondersteun.

sunette ·

Cvo skole is baie keer te duur en te vêr vir ons normale salaris trekkers

snoefie ·

die DG noem gerieflikheidshalwe nie waarheen die wit kinders wat weggewys van “voormalige model c skole” been moet gaan om plek te maak vir die “voorheen agtergeblewenes” nie. ek dink some die DG is n spul kinders wat nie verder as hulle neuse kan sien nie. as die ” voorheen agtergeblewene” in die buurt waar die skool Gelee is soon, met stawende munisipaledienste rekeninge en stawende poskantoor rekeninge en die skoolfonds kan betaal sal hulle nie weggewys word nie. met dien verstande die geldgierige skoolhoofde en geldgierige beheerraadsliggame mag die wit kind wie se ouers nie skoolfonds kan bekostig nie, nie wegwys of teen hulle diskrimineer nie. dis tyd dat die DG ook die demografie van die land ways.

Flippie ·

Is Afriforum swak ingelig of lewe hulle in lalaland? Die swartmense in hierdie land vereistes dat almal gelyk moet wees. In hulle oë moet die presteerders in die samelewing afgebring word na die vlak van die gemiddelde. Behalwe die leiers is die res van die samelewing in alle opsigte gelyk. Daar is nie domes of slimmes nie. Al die mense is arm behalwe die polities gekonnekteerders. Hulle noem dit UBUNTU. En hulle gaan dit aan ons wittes opdwing of ons nou wil of nie.

Aanvaar dit of verset jou daarteen.

Koos (MH) ·

Transformasie moes vanaf dag een plaasgevind het. Bykans die totale staatsdiens sektor
het deurgeloop onder die vervanging van amptenare en dit sluit ook die verskillende weermagte in. Onderwys was gelukkig, baie min betreffende onderwysers by skole is vervang.
Daar kan dalk goeie redes hievoor ingelees word. Voorheen benadeeldes stroom in hul duisende na dei ou model C skole.Die antwoord, gehalte onderwys, geen skool word afgebrand,en gemotiveerde onderwysers is altyd op hul pos om opleiding te verskaf!
Die oplossing is maklik, ondersteun CVO skole en los dan ook daarmee die hare probleem op!

John ·

Transformasie? Die woord beteken verandering en nie noodwendig ten goede nie. Te veel plastiese sjirurgie lei tot karrikature en misskepsels. Party mense soek skynbaar agteruitgang met ‘n seer hart. ‘As’ dui op ‘n onbekende uitkoms wat meestal in niks opeindig. Die wind speel daarmee en blaas die vure aan vir nog meer niks.

danie ·

Meskien moet daaf gekyk word na model c skole, heelwat van die skole kan bietjie op vang met die huidige tye en gewoontes. Baie van die skole se reels en regulasies is so outyds dit is om van naar te word. As jy kyk na privaat skole en baie universiteite is daar nie beperkings op klere drag en haar style nie. En die studente funksioneer normaal. Wat ek wel weet is dat in meeste model C skole is baie van die onderwysers nie opgewasse om kinders te beheer nie. As gevolg van min of geen ondervinding nie. So instede van om kinders te motiveer en leiers vir hulle te wees, word die kinder gedrreig met skool reels en regulasies. Ek persoonlik dink daar is nog baie werk wat voorle ,

Petro ·

Nee…my kind is in ‘n privaat skool en kan jou belowe.. daar is reels.. ook oot hare eb skooldrag ens. Baie beslis..

Jan maak n Plan ·

Die oplossing vir ons skool probleem is absoluut voor die hand liggend. ‘n Kind gaan sit voor ‘n rekenaar op ”n gegwe tyd, “log in” en dan begin sy spesifieke les. As hy dit mis kan hy dit later aflaai en self deur werk sonder die voorreg om vrae te kan vra. Sodoende kry almal dan dieselfde onderig en in sy eie moedertaal. Die regering wil mos beweeg na gratis WiFi toe.

Dennis Van AARDE ·

ongelukkig stel somigemail mense nie belang in qualiteit onderwys

Hein ·

Interresant daar is ‘n Model C laerskool in Potch wat 100% swart (kinders) is. Net een van die onderwysers is swart en al die ander onderwysers is wit. Die swart ouerraad wil net wit onderwysers he. Hierdie skool lewer uitstekende resultate en het dieselfde standaard is enige ander “wit” funksionel Model C skool. Hoe nou met transformasie? Gaan die swart ouers dit toelaat dat die ondewysers verhoudings getransformeer word?

Disselboom ·

Hoekom groei die CVO-skole en die CVO-beweging nie juis betekenisvol nie? Blykbaar was hulle oor die sestig skole ‘n paar jaar terug, en nou minder as 40? En die besture bly sukkel om die getalle binne die skole opgestoot te kry? Of is die waarnemings verkeerd – ongelukkig is die CVO-leiers nie baie spraaksaam in openbare forums nie. Te oud vir hierdie soort internetgoed?

Kaufman ·

Goeie vraag en ek het die antwoord. Kan Maroela asseblief n artikel hieroor doen? Ek sal dan my opinie ook lig in die kommentaar. Maroela, dit sal n belangrike artikel wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.