Transformator by Camden-kragsentrale ontplof

Die Camden-kragsentrale in Mpumalanga. (Foto: Eskom)

Eskom sê ʼn brand by sy Camden-kragsentrale sal geen uitwerking op sy vermoë hê om genoeg krag aan die land te lewer nie.

Die kragvoorsiener het ook reeds ʼn ondersoek van stapel gestuur om die oorsaak van die brand te ondersoek, die omvang van die skade te bepaal en vas te stel wanneer die eenheid weer in gebruik geneem kan word.

Volgens Sikonathi Mantshantsha, woordvoerder, het ʼn interne fout tot die ontploffing van ʼn transformator by eenheid 8 van die kragsentrale gelei. Die eenheid lewer sowat 190 MW krag.

“Die brand is in bedwang gebring en geen beserings is aangemeld nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.