Transgender gevangene hof toe oor hare, grimering

Jade September. Foto: Verskaf

ʼn Veroordeelde moordenaar wat 15 jaar tronkstraf uitdien, wend haar einde vandeesmaand tot die gelykheidshof vir die reg om haar geslagsidentiteit in die gevangenis uit te leef.

Jade September (oorspronklik Jerome Benjamin) is ʼn transgender vrou wat in 2013 tronk toe gestuur is nadat sy erken het sy het die 65-jarige Graham Flax in Kaapstad vermoor terwyl sy onder die invloed van dwelms was.

“Ons vra niks buitengewoons of uitsonderliks of iets wat die staat ekstra geld sal kos nie,” het haar regsverteenwoordiger, Sanja Bornman van Regslui vir Menseregte, Donderdag aan Maroela Media gesê. “Ons vra net dat sy redelik geakkommodeer word en dat sy haarself kan uitleef op die manier wat ander mense as vanselfsprekend aanvaar.”

Bornman verduidelik om dieselfde uitkoms te kry – naamlik dat iemand se waardigheid beskerm en hul identiteit gerespekteer word – is dit soms nodig dat hulle “effens anders behandel word”. “Almal moet ʼn uniform dra en hul hare netjies hou, maar Jade vra die reg om die bietjie grimering te dra wat vrouegevangenes toegelaat word en haar hare ietwat langer te dra.”

Bornman sê hulle het reeds in 2015 met die regstappe begin, maar verduidelik in regsprosedures teen die staat kan dit baie lank duur voor ʼn saak eindelik hof toe gaan. September se saak word op 25 en 26 November aangehoor deur die hooggeregshof in Kaapstad, wat sal sit as ʼn gelykheidshof.

“Diskriminasie op grond van mense se geslag behoort nie deel van hul straf te wees wanneer hulle in die sorg van die staat geplaas word nie,” sê Bornman. “Die gevangenisstelsel is blykbaar blind vir die bestaan van transgender mense. Ons wil hê dit moet end kry.”

September sal die hof vra om haar die reg te gee om haar identiteit uit te leef in die beperkte mate wat dit in die gevangenis moontlik is en dat haar reg op gelykheid en waardigheid gerespekteer sal word.

Bornman sê die feit dat September tydens sekere van haar tronkervarings toegelaat is om haar hare ʼn bietjie langer te laat groei en ʼn bietjie grimering te dra, bewys dat dit binne die tronkstelsel moontlik is, ook in die Malmesbury-gevangenis waar sy tans aangehou word.

“Dis baie belangrik om te onthou dat sy geen teenstand of teistering van haar medegevangenes weens haar identiteit ervaar nie,” sê Bornman. “Die viktimisering kom van die amptenare wat haar probeer dwing om reëls te gehoorsaam wat geen doel dien nie.

“Hulle dwing haar byvoorbeeld om haar hare te knip of neem die bietjie persoonlike items af wat sy gebruik om haar identiteit mee uit te leef.”

Bornman sê September word onderwerp aan verbale mishandeling en teistering van tronkbewaarders en is in ʼn stadium in afsonderlike aanhouding geplaas nadat sy haar geslagsidentiteit probeer uitleef het.

“Daar word lukraak beslag gelê op haar persoonlike items en sy is gedwing om haar gevlegte hare, wat ʼn uitbeelding van haar vroulike identiteit is af te knip,” vertel Bornman.

“Dié behandeling, in meer as een korrektiewe instelling, het me. September getraumatiseer en haar geestesgesondheid aansienlike skade berokken, wat daartoe gelei het dat sy haar eie lewe in Desember verlede jaar probeer neem het.”

Bornman sê omdat September nog nooit ʼn geslagsveranderingsoperasie kon ondergaan nie, is die oplossing in haar geval beslis nie om haar oor te plaas na ʼn vrouegevangenis nie.

“In ʼn vrouegevangenis sal sy waarskynlik nog meer uitstaan en groter gevaar loop om geviktimiseer te word en die slagoffer van geweld te wees. Daarom is dit die staat se plig om haar te akkommodeer waar sy haar op die oomblik bevind ingevolge die beginsels van werklike gelykheid omdat daar geen afsonderlike gevangenisse vir transgender gevangenes is nie.”

Maroela Media kon nie Donderdag die departement van korrektiewe dienste in die Wes-Kaap vir kommentaar bereik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Anoniem ·

Jou regte word ingeperk wanneer jy in die tronk is mnr/mev/mej September, dus kan jy nie op persoonlike voorkeure en regte aandring nie.

Potties ·

Hy/Sy is mos in die tronk nie by n mode perade nie aie tog.

Gert ·

n Tronk is nie n modehuis, n vakansieplaas of n hotel nie. Daar kan nie aan elkeen se vereistes en eise toegegee word nie. Die beste raad…….gedra jou en voltooi jou straf!!!!

Johann ·

VERMOOR iemand en maak dan aanspraak op jou MENSEREGTE in die TRONK? As mense regte toegepas was in SA, het jy nie vandag op belasting betalers se geld gelewe nie! Vermeteldheid om aanspraak te maak op haar hy sy dit se regte? SIEK SIEK SIEK!!!!!!

Rob10 ·

Jammer daar was nie enige gelykheid toe sy/hy moord gepleeg het nie.

Veronica ·

Laaste persoon wat kan aandring op ” reg ”
Wat van Graham Flax se reg op lewe wat jy geneem het en dwelms die skuld gee!
Jy is waar jy hoort , so gehoorsaam die reels , dis deel van jou straf . . . PUNT

Smirre ·

Wat is transgender ? Is hy/sy in ‘n oorgangsfase van een na die ander ??

Landi ·

Transgender op die maklikste manier beskryf is iemand wat voel hulle is vasgevang in die verkeerde lyf.
In hierdie geval voel sy soos ‘n vrou vasgevang in die verkeerde lyf – die van ‘n man.
Sy kan egter nie met die geslagsverandering begin nie – sy doen nig net oppervlakkige veranderings soos die hare en grimering.

Hanna ·

Plaas haar oor na ‘n vroue gevangeniss waar st haarself kan wees en van haar vriendinne haar vroulike leiding en bystand kan gee.
Sy verdien menslikheid as is sy ‘n gevangene.

Vixie ·

Jy moes maar daaraan gedink het toe jy die arme man vermoor het

GM ·

Dat prokureurs ens. hulle tyd so kan mors. Regtig! Die persoon het ‘n lewe geneem, maar dring aan op menseregte?

Landi ·

Wil julle nie maar nog dwelms ook vir die confused kriminele siel gee nie?! Belaglik man! As dit so aangaan, sal ons almal droog maak om “tronk-oord” toe te gaan. Haar “reg” is juis oorgeneem en sit sy in die tronk oor misdaad van beide dwelms en moord, de hel met haar “regte”wat nou aan die staat behoort! Geen simpatie vir iemand wat uit eie wil en keusie ander se lewens bedreig nie.

Wat nog!! ·

Ongelukkig word tronke nog ingedeel soos Biologie handboeke die geslagte identifiseer, nl manlik of vroulik… leef met jou nuut geskepte geslag, in die tronk waar jy is, want jy gaan in geen tronk inpas nie en dis belaglik dat reëls aangepas moet word om een persoon se geskepte werklikheid te moet akkommodeer.

Gert ·

Hoekom met n moordenaar regte he? Hy dink nie eers aan wat hy verkeerd gedoen het nie. Al waaraan hy kan dink is hy wil tussen vrouens gaan bly waar hy weer daar kan aanjaag. Om in n leuen te lewe moet vreeslik wees.

Hannah ·

It boggels my mind. How difficult is it to understand the old age concept. ‘You have acted outside the law, in other words you are an outlaw’. One of the worlds biggest mistakes and tragedies is the unbelievable abuse and exploitation of “Human rights”. To quote Rodriguez ‘I Wonder’ ?

Sarel ·

Regslui vir Menseregte? Geen reg vir slagoffers? Jy ontneem ‘n medemens sy/haar reg tot lewe maar maak aanspraak op jou regte e n word ondersteun deur Regslui????

Antoinette ·

Sy het nie die regte van n ander mens gerespekteer nie, hoe kan sy nou aanspraak maak op regte. Mors onnodig staatsgeld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.