Transito-veiligheidswagte in Randburg geskiet

Argieffoto

Argieffoto

Twee veiligheidswagte is beseer ná ʼn skietery by ʼn winkel in Pretorialaan in Randburg, Gauteng.

“ʼn Kontant-in-transito-voertuig het naby die winkel parkeer gestaan toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Een van die wagte het buite langs die voertuig gelê en ʼn tweede wag het binne die winkel gelê. Hulle is al twee ʼn paar keer geskiet. Die een was in ʼn ernstige toestand en die tweede pasiënt was in ʼn kritieke toestand.”

Die wag wat kritieke beserings opgedoen het, is met ʼn helikopter na ʼn privaat hospitaal in Johannesburg geneem. Die tweede pasiënt is met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Winston ·

En Zuma wil SA “gun free” maak. Wat n gemors. Raak ontslae van die vuurwapen diewe en onwettigge wapen eienaars. Los verantwoordelike vuurwapen eienaars uit om hulle self te beskerm. Die regering versaak daardie plig. Wapens maak nie mense dood nie. Mense maak mense dood. Deur ontwapening word net wetsgehporsame burgers geteiken. Die res gaan aan soos nou. Nuus berigte getuig hiervan en hoeveel van daardie wapens is gelisensieer? Nie een nie en reeksnommers verwyder. Begin by die oorsaak. Dit is hopelik op rekord.

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek stem saam Winston . Zuma moet die onwettige wapens konfiskeer en die probleem is opgelos. Dit is so maklik om vandag n onwettige wapen te bekom want met die regte kontak koop jy n AK47 vir so min as R2500,00 en dit word baie vinnig verskaf, en dit is waarom dit so gaan in ons land . Indien hulle ons wettig gelisensieerde wapens wil afneem gaan ons op groot skaal uitgemoor word want dan is ons uitgelewer aan boewe met wapens.

Gerhard Bezuidenhout ·

Jammer dat Maroela Media soms Nuus24 se streke uithaal om kommentaar wat dalk n senuwee kan raakboor nie te plaas nie . Ek besef dat dit gratis lekker lees leesstof is maar weet nie of hulle die regering gelukkig wil hou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.