Transitoroof gefnuik: Verdagte dood, polisielede en wagte gewond

rooftog Rustenburg transitorooftog

(Foto: @katliwa_lepower/Twitter)

Vyf polisielede verbonde aan die Rustenburg-blitspatrollie en -honde-eenheid en twee veiligheidswagte van Fidelity is gewond ná ʼn mislukte transitorooftog in Noordwes, terwyl een van die verdagtes doodgeskiet is.

Kol. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het ʼn wenk oor ʼn beoogde transitorooftog in Geelhoutpark in Rustenburg ontvang.

Tydens ʼn patrollie van die gebied het hulle op die rooftog in Watsoniaweg afgekom.

“Die verdagtes het skote op die polisievoertuie gevuur en hulle het dit beantwoord,” het Muridili gesê.

Die onbekende getal rowers het daarna in hul wegkomvoertuie gespring en van die toneel gevlug. Die polisie hulle tot by die Tlhabane-winkelsentrum agternagesit waar nóg ʼn skietery uitgebreek het.

Vyf polisielede en twee veiligheidswagte is gewond. (Foto: @katliwa_lepower
/Twitter)

Vyf polisielede is gewond, terwyl een van die rowers doodgeskiet is.

Waar die rooftog plaasgevind het, is twee veiligheidswagte ook gewond, het Muridili gesê.

Die polisie het sy 72-uur-aktiveringsplan in werking gestel en is steeds op soek na die rowers.

Genl. John Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het die polisie vir hul optrede geloof en die gewonde beamptes ʼn spoedige herstel toegewens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Annelize

Ek is van Rustenburg, en glo my, dit was ‘n oorlog in die kleine en twee ontploffings wat kilometers ver gehoor kon word.

mattk

Dit is nogal opvallend/kommerwekkend om al die rooftog berigte te lees en te sien hoe baie polisiebeamptes gewond/gedood word teenoor die getal rowers wat gedood/gewond word. Laat my dink dat die beamptes net instorm en skiet…….. en dat behoorlike opleiding ontbreek.

Hennie

Lees ek reg? Die polisie het vooraf kennis gehad van die beoogde rooftog; 5 poliesmanne en 2 wagte gewond; Een rower doodgeskiet; Die rowers het in hul wegkomvoertuie gevlug; Geen arrestasies.
As ek dit reg lees en verstaan dan moet hoedman please explain

koos10

Ek lees die kommentaar van mattk en Hennie en staan verstom. Hierdie lede plaas hulle lewens in gevaar en is bereid om dood te gaan, en julle lewer die kommentaar? Die berig stel dit duidelik dat die verdagtes op die polisie geskiet het, en hulle het terug geskiet. Waar kom jy, mattk, vandaan dat die polisie instorm en skiet? Hennie, dit was ‘n onbekende aantal verdagtes. Was jy al in ‘n skietgeveg met ‘n oormag? Wat sou jy doen? Gaan lees weer, die polisie het op die rooftog afgekom. Gewoonlik is die rowers dan reeds buite hulle voertuie en gereed… Lees meer »

Pieter

Was dit nog ‘n mislukte ANC fondsinsameling?