Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, sê teen Sondagoggend is niemand nog in verband met die rooftog in hegtenis geneem nie. Hy sê die bende rowers het Maandag tussen R40 en R50 miljoen gesteel.
“Dit wil vir ons voorkom asof hulle nie gewone misdadigers is nie. Hulle het kennis gehad van SBV se bedrywighede en die kringtelevisiekamera-stelsel is afgesny. Hulle het geld gesoek. Hulle het nie die veiligheidswagte leed aangedoen nie maar hulle gif ingegee,” volgens Ramaloko.
Ramaloko sê dit is nog nie duidelik watter gifstof die rowers die veiligheidswagte gedwing het om te neem nie, maar dat kenners die saak ondersoek. Volgens die Sunday Independent is dit een van die grootste kontantrooftogte nog in Suid-Afrika en is dit moontlik dat daar tot R90 miljoen gesteel is.
SBV het verlede week ʼn reuse beloning uitgeloof na die rooftog. Die maatskappy het ‘n beloning van R1 miljoen uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die suksesvolle arrestasies en skuldigbevinding van die skuldiges.
Enige lede van die publiek wat inligting het oor die voorval kan die maatskappy kontak by 083-408-7029.
Ondersoek n sekere party se bankstate en kyk of hul uitgawes klop.
Goeie idee Jasper !