Transitoroof op N1 veroorsaak chaos

Foto: Twitter

ʼn Transitorooftog Vrydagoggend op die N1, noord van Pretoria naby die Hammanskraal-afrit, het grootskaalse verkeersontwrigting veroorsaak.

Die N1 is in albei rigtings tussen Murrayhill en Hammanskraal gesluit ná die voorval wat omstreeks 10:00 plaasgevind het. Die N1-Suid is intussen heropen. Die N1-Noord was teen 13:45 steeds gesluit en verkeer word via Murrayhill na die R101 herlei.

Volgens kol. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, het ʼn voertuig glo in ʼn geldwa van SBV vasgejaag wat tot gevolg gehad het dat die geldwa omgeslaan en gerol het.

“Nog ʼn voertuig het op die toneel stilgehou. Drie gewapende verdagtes het uit dié voertuig gespring en plofstof gebruik om die geldwa oop te blaas. Die verdagtes het met ʼn onbekende bedrag kontant van die toneel gevlug.”

Muridili het gesê dit is nog nie duidelik presies hoeveel verdagtes betrokke was nie. “Veiligheidswagte is beseer tydens die voorval en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.”

Foto: Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Santjie ·

Nee…. hulle het net seker baie “specials” wat hulle wil koop op Black Friday?

Wessel ·

Wilde weste Suid -Afrika . Die rowers moet oppas anders word hulle dalk weer beroof Niemand en niks is meer veilig nie

Roussouw ·

Ja, in ander lande gebeur sulke goed in films. Hier is dit ‘n algemene verkynsel.

Redmari ·

Sterkte aan die veiligheidswagte en hul families. Ek bid elke dag dat my man (en almal by transito afdelings van al die verskeie maatskappye) veilig sal wees.

Schalk ·

Rooftogte sal toeneem soos polisie meer onbevoeg raak en regering korrupsie toeneem.

wonder ·

Ek dag as dai goed oopgeskiet word, gaan n outomatiese kleurstof af wat dit vlek?

Hanlie ·

wonder, Ek wonder ook oor daai storie. Was dit maar net ‘n bogstorie om die transitorowers te mislei?

Louis leeu ·

Ek wonder net of al hierdie transitorooftog te nie “inside information” is nie.

A Mac ·

Dit was nou stil op die transitoroof-gebied. Hoop die geld is gemerk dat dit onbruikbaar is as die sakke oopgemaak word. Maatskappye moet maar geld uithaal en hul sekuriteit en begeleiding met die geldwaens opskerp.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.