Transitoroof: Twee slaan by vulstasie toe

Argieffoto

Die polisie in Witbank in Mpumalanga is op soek na twee mans wat ʼn werknemer van ʼn geldvervoermaatskappy helder oordag beroof het van ʼn geldhouer by ʼn vulstasie.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het gesê dié rooftog het Maandag omstreeks 07:40 in dié dorp plaasgevind.

Volgens Bhembe het die transitovoertuig by die vulstasie stilgehou om die geld van die naweek se sakebedrywighede op te tel.

“Dis toe dat twee mans in ʼn silwer Mazda 2 langs die transitovoertuig stilgehou het. Een man het die veiligheidswag wat met die geldhouer op pad was uit die winkel [by die vulstasie] genader en ʼn vuurwapen op hom gerig. Hy het die wag se vuurwapen en die geldhouer by hom afgeneem en na die motor teruggekeer, en die twee het van die toneel gevlug,” het Bhembe gesê

Die polisie het ʼn beroep op enigiemand met inligting oor die voorval gedoen om sers. Ella Mohlala by 079 265 4912 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Neelsie ·

Ek sien gedurig hoe G4S trokkies by kfc en steers stop, en nie vir geld oplaai nie, maar vir kos, dan staan daai trokkie n goeie 45min doodstil, met die wagte wat rustig sit en kuier.

Anoniem ·

Ek hoor wat Neelsie se en Mornay in so geval waar jy besig is om miljoene rande te vervoer stem ek saam met Neelsie. Daar is nie tyd vir gin en gaap nie pak vir jou n kosblik en eet terwyl jy ry. en Mornay daar is geen wet wat se jy mag nie ry en eet nie.

Penellope Jones ·

Die wagte mag dalk aarvoeding nodig he as hulle aangeval word terwyl hulle wag vir kos of enige ander lid van die publiek kan dalk ook aarvoeding moet ontvang.

Moeg ·

Nee wat, dit raak nou so maklik soos val uit ‘n boom uit….jy los net!
Eienaardig dat daar nie werklik kommer daaroor is nie, net ‘n gepraat en gepraat.

Moeg geploeg ·

G4s verseker nie hulle kliente se geld nie,so as hulle geroof word is dit die klient se probleem en die versekering betaal net tot R50 000 uit.So as jy R100 000 op die trokkie het verloor jy n hele R50 000.

Han ·

Transitorooftogte raak nou so algemeen, daar word byna nie meer ‘n wenkbrou gelig nie. Beke Cele is so ingenome met homself, tyd dat hy van sy selfversekerde troontjie afklim en sorg dat hierdie rowers agter tralies kom.

Alida ·

Hierdie is vooraf gereel dit is so duidelik soos daglig. Wat stel julle voor moet Cele self die vervoerwaens vergesel. Asb kom tog by.

leser ·

alida
wats fout met cele, het hy nie ‘n bestuurlisensie nie, o nee wag, hy het nie die kundigheid om ‘n vuurwapen te hanteer nie

CAV ·

Rooftogte soos die, sal net minder word, as die kontant in sirkulasie minder word. Vir elke stap wat SAP in die regte rigting neem, is die rowers 2 stappe voor

cor ·

My beskeie aanbeveling, as jy ‘n G4S of SBV pantser kar sien draai om of hardloop weg want jy weet nie of jy in n kruisvuur gaan beland nie. My persoonlike waarneming wanneer hulle geld op of aflaai is as volg. Van die veiligheidswagte is baie laks, daar is gewoonlik net twee buite kant en een plus die drywer in die voertiug. Een van hulle gaan staan gewoonlik oorkant die straat ver van die voertuig af en die een wat die geld gaan haal loop alleen en kyk nie eers rond nie , hy het ook nie eers n loop geselser of enige radio verbinding by hom nie om sodoende gewaarsku te word. As hulle by die voertuig kom gesels hulle en lag , maak n dampie klim dan in en ry.

Michael ·

Dit is n inside job. Waar is die ander wag dan wat langs die voertuig staan en wag hou? Is sy aandag dan so afgetrek dat hy niks sien nie en hy staan met n groot kaliber wapen!!!! nooit nie nooit nie.

Hannatjie ·

Jy het my nou lekker laat lag oor daai aarvoeding, Mornay!!! Ek kan in my verbeelding sien hoe sit hulle binne die voertuig en aarvoeding ontvang ….. dit was baie skerp!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.