Transitorooftog by OR Tambo-lughawe

Die wit Mercedes-Benz en die bakkie wat die geld vervoer het. Foto: @MedixGauteng / Twitter

Die wit Mercedes-Benz en die bakkie wat die geld vervoer het. Foto: @MedixGauteng / Twitter

ʼn Groep gewapende mans het Donderdag ʼn bakkie wat geld vervoer het, beroof toe dit die OR Tambo-lughawe in Johannesburg verlaat het.

“ʼn Onbekende hoeveelheid gewapende rowers het vanoggend om 05:45 op die voertuig toegeslaan nadat dit geld by die lughawe opgelaai het,” het kapt. Tsekiso Mofokeng, ʼn polisiewoordvoerder, gesê.

Die bende het ʼn wit Mercedes-Benz gebruik om in die bakkie vas te ry en van die pad af te druk. “Hulle het die kap van die bakkie afgehaal en ʼn onbekende hoeveel kontant gebuit, waarna hulle in drie voertuie van die toneel gevlug het.”

Volgens Mofokeng het die verdagtes in ʼn wit BMW X5, wit Golf 6 GTI en ʼn swart Ford ST van die toneel gevlug. Geen skote is gevuur nie.

“Drie veiligheidswagte is tydens die rooftog beseer en word in ʼn plaaslike hospitaal behandel,” het hy bygevoeg.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.